GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Florida Lake, ontrafel
by Neville Barnard
09 February 2012
MORE ARTICLES

Ek het lank gedink of ek so n artikel moet skryf. Die laaste keer dat iemand iets oor n spesefieke dam geskryf het is klomp vis gevang, verwyder en doodgemaak. Die skrywer is ook kwaai gekritiseer, omdat hy al die geheime verklap het.

Ek het intieme kennis van meeste van Suid Afrika se groot karp damme; wat, waar, hoe, met wat, op watter diepte, met watter rig ens. Mense van reg oor Suid Afrika bel my om uit inligting te kry van al die dame. Ek deel gewoonlik die inligting, want ek glo dit is al hoe die sport gaan groei in die regte rigting. Ek het besluit om n artikel te skryf oor n dam wat baie na aan my hart le. Florida lake. Eerstens, hoekom Florida lake? Wel, die dam is onder redelike beheer deur Roodepoort Hengel Klub, wat beteken dat die mense wat die artiekel lees nie die visse sommer sal kan verwyder, sonder dat iemand dit sal sien nie. Die dam is oop vir almal om by aan te sluit en is redelik maklik en gerieflik om by te hengel.

Ek hengel in die dam al seker vir die laaste 20 jaar en hengel spesie hier vir 16 jaar. Ek het leer monster karp vang in die dam. Toe ek begin het was daar niks inligting nie, en ons was seker so 20 mense wat spesie hengel beoefen het. Florida lake was seker die een van die eerste damme wat boilies gesien het in die land.

Die dam is redelik groot vir n dorpsdam en daar is seker plekke waar hengel nie toegelaat word nie. Gelukkig is die grootste deel van die dam oop vir hengel reg deur die jaar. Die dam word oor die algemeen mooi versorg en die dam is nie te vuil nie, bedoelende, dat die gras gesny word, die vuilgoed word opgetel en die water is ook nie regtig vuil nie. Daar is party jare bietjie tot redelike watergras aan die oewer van die dam, maar op die oomblik is dit nie te erg nie. Slegs oewer hengel word toegelaat met geen vorm van boothengel toelaatbaar nie.
Dit is nie n baie diep dam nie en loop van gemiddeld 4 voet aan die bo of inloop kant na gemiddeld 13voet aan die damwal kant met een of twee dieper gate naby die wal. Die dam is nie baie modderig nie en as jy rond soek sal jy baie harder gruis areas kry. Die spesies vis in die dam is hoofsaaklik karp maar daar is ook baie babers met redelik baie graskarps, swart baars en perch. Ek het ook al geelvis en bloukurpers gesien maar hulle is te min om voor te vang.

Dit was nog altyd my proef dam. Ek sal nuwe geure en bymiddels vir my boilies of sade hier kom toets. Daar is genoeg visse sodat ek vinnig kan uitvind of iets werk of nie.

Kom ons begin eers met die aas wat werk. Florida is een van die min damme waar papgooi en spesie saam beoefen word met ewe veel sukses. Ek gaan konsentreer op spesie hengel met sade, pitte en boilies, want dit is waaroor ek die meeste kennis het. Die meeste sukses is op mielies, peanuts, tigers en boilies.

Kom ons praat eers oor sade. Oor die jare het ek en my vriende letterlik honderde karps gevang op die aas as hoekaas. Wat intresant is, is dat die aas vir seker tye baie goed werk en dan net doodgaan. Vir 6 maande byt alles wat vinne het aan peanuts. Vir die volgende paar maande kan jy nie n byt koop op n peanut nie. Die selfde met die ander aas. Ek maak gewoonlik n mengsel van sade om mee te voer. Ek konsentreer op die kleiner soorte sade. Die karp spandeer langer in die area om al die klein sade op te tel. Die kans is dan baie groter dat hulle n fout sal maak met jou hoekaas.

My mensel is gewoonlik mielies, rooi sorgun, hemp, backweat, peanuts en gemengde grotes tigers. As ek met sade voer sal ek probeer om die area so gekonsentreerd te hou as mootlik. Ek sal ook voor die tyd gaan aas uitsit.

Soos ek genoem het is Florida redelik plat en daar is nie regtig iets snaaks wat die visse in n area sal hou nie. Dit is hoekom ek voer gebruik om hulle voor my te konsentreer. Ek voer met voerbolle wat ek self maak of voer die los gemengde sade met n bait rocket. Ek probeer om alles in n 20m blok te gooi. Ek sal dan 2 stokke weerskant van die voer sit en een stok so 20 tot 50m verby. As ek naby hengel sal ek die aas met n baiting spoon ingooi net verby die gras en my hoekaas op die sirkels sit voor dit wegraak. Die tekniek het vir my en my vriende baie mooi karps en graskarps besorg van oor die 43lb. Meeste van die kere sal ek plain hengel, veral met peanuts, maar gegeurde hoekaas werk baie goed. Die beste geure vir saad hoekaas soos mielies en tigers in my geval is: MG Peach, Nash Sweetcorn, Peach en Apricot, Supercast Hase Been, Banana Jamaica, Pynappel, peanut geur of peanut botter en Rod Hutchinsen Scopex. Ek het baie ander goed ook probeer wat ook goed gewerk het maar die geure kom gereeld deur. My voer sal ek gewoonlik ongegeur hou maar het ook al goed gedoen met gegeurde voer wat die selfde is as my hoekaas.
Wat ook goed werk is om verskillende soorte pellets by die sade te gooi, soos : Duck pellets, hemp pellets, hallabut pellets, trout pellets ens.

Tegniek: Gooi 10 tot 20 balle voer so groot soos lemoene op n klein area. Sit dan bv. 2 mielies op met n spons tussen in om die aas n bietjie te lig. Jy kan n PVA sakkie met gemengde pellets opsit om net bietjie meer aandag te gee aan jou hoekaas. As jy n vis kry probeer om die hoekaas so gou en so akkuraat as mootlik weer terug te kry op die voer en gooi weer 10 tot 15 balle voer uit. Ek sal klaar die voerballe voorbery h en ook al klaar my hoekaas in die gekose geur laat l. Terwyl my hengelmaats die karp op die unhooking mat regkry vir weeg en fotos sal ek solank n nuwe strop wat klaar voorbery is ingooi.

As ek met boilies hengel voer ek en vang ek net met boilies. Ek hou nie daarvan om dan met sade te voer nie. Dit is maar net n persoonlike voorkeur. Ek het ook al met sade gevoer en dan met boilies bo-op dit gevang en baie goei sukses gehad. Gewoonlik sal ek dit in die somer doen, maar sodrae dit winter raak gaan ek 100% oor op boilies. Ek maak nou al n geruime tyd my eie boilies want dit is net nie bekostigbaar om met gekoopte boilies te voer en te vang op die mate waarop ek voer nie. Soos ek reeds genoem het, voer ek altyd by Florida. Ek sal die Woensdag aand deurgaan en 5kg boilies gaan voer. Ek sal dan die Donderdag middag weer deurgaan en 3kg boilies gaan voer. As ek dan die Frydag opdaag sal ek weer 2kg boilies uitsit en ook 2 of 3 groot hande boilies op elke stok. Dit beteken dat ek 10kg gevoer het nog voor ek n stok in die water gesit het. Dit is waar meeste mense wat boilies hengel of wil hengel verkeerd doen. Hulle koop 1kg boilies teen R130, gooi 1 of 2 hande boilies uit as hulle daar kom, gooi dan hulle stokke in die algemene omgewing. Hulle vang gewoonlik niks, s boilie hengel is vir die vols en los dit. As ek boilies hengel sal ek gewoonlik bietjie dieper hengel, so 80m uit. Al rede is dat dit baie maklik is om boilies met n Boilie pyp diep uit te kry. Ek voer ook dan nie so gekonsentreerd nie. Omdat ek met groter aas hengel wil ek he dat die karps moet rondswem agter die aas aan. Dit veroorsaak kompetiesie tussen die karps en hulle maak makliker n fout met jou hoekaas. Ek sal ook verskillende grotes boilies voer van 14mm af tot 22mm. Ek gebruik dan gewoonlik een 22mm of 2 x 20mm boilies vir hoekaas. Ek glo die bietjie groter aas gee meer gereeld vir my groter vis. Die sade lok partykeer die kleiner klas karps in die 6 tot 8kg karps. Ek sal ook 2 boilies met PVA saamsit of n sakkie met gebreekte boilies en Pellets. Dit sit net meer aandag op jou hoekaas. Die beste geure die laaste paar jaar vir my was Peach, Rooi Hase Been, Banana Jamaica met Secret Agent, Scopex Squidliver, Stawberry met Nash Sweetcorn, Chocholat en Lemoen, Mainline Activ 8 en verskei visseragge geure soos Salmon, TF Compound, Crab and Crowfish ens. Snaakse geure soos Rose, grape en lemen het ook al goed gewerk.

Florida is defnetief n dam waar jy nie baie diep hoof te hengel nie. Baie van my karps kom van afstande nie verder as 10m uit nie. Van my grootste karps kom van net agter die gras af. Die groot geheim by Florida is om te voer, veral voor die tyd. Dit maak nie saak wat jy besluit om me te vang nie, voer net voor die tyd van dit. Florida is ook n baie goeie winter dam. Die karps byt reg deur die koutste Julie nagte. Winter hier is eitlik my kunsteling tyd want die die dam is nie so besig nie, en die karps is heelwat groter omdat hulle begin gewig aansit vir spon van September af.

Die dam se gemiddelde grote karp is so amper 10kg maar in die winter is dit naby 12kg. As jy reg voer is dit ook gladnie ongewoon om 10 of meer karp te vang vir n aand nie. Ek het onglangs n 8, 2 x9s,10,11,12 en n 14kg gevang vir n dag. Die amtelike dam rekord is amper 22kg. Ek het wel verskei karp gesien tussen 18 en 23kg. Ek glo vas dat die dam n paar baie groter karp het wat nognie uitgekom het nie. Ons verloor gereeld vis wat ons nie kan stop voor hulle tot by die balle hartloop nie en ons kry ook dat ons hoeke oop buig of breek op party van die visse. Soos ek gese het hengel ek al baie lank hier en daar kom nogsteeds karp van oor die 17kg uit wat ek nog nooit van te vore gesien het nie. Laasjaar het ek oor die 150 karps daar gevang en my hengelmaat het ook soveel gevang. Nie een van die visse was 2 keer gevang nie en ons het ook nie een keer mekaar se visse gevang nie. Dan is daar ook die ander ouens se fotos van groot spieel karps wat ek nog nie tevore gesien het nie.

Net iets wat genoem moet word is dat die dam in die middel van die dorp is. Veiligheid kan n probleem wees, so ek raai nie aan dat iemand alleen daar gaan sit deur die nag nie. Ons is altyd 2 of 3 mense en ons verkies ook die Suid oewer. Daar is n hek waardeur jy ry en dan agter jou kan sluit. Maar moenie dat dit jou afskrik nie. Die dam is baie mooi, skoon en gerieflik om te hengel. Daar is baie mooi karps en daar is baie mense wat baie mooi na die dam kyk. Die dam is werklik n juweel in die middel van die dorp.

Stywe lyne vir almal die jaar

Groete,

Neville

"SACS het met Neville 'n ooreenkoms gesluit om aan ons sy artikels te verskaf en hy sal selfs vir SACS-lede spesifieke artikels skryf as daar 'n behoefte is. Stuur aan my 'n E-pos by members@sacarpsociety.co.za indien julle enige voorstelle het waaroor hy vir julle kan skryf."



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.