GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Boiliemaak, maklik gemaak
by Neville Barnard
01 March 2012
MORE ARTICLES

As dit nou een ding is wat my ongelukkig maak is dit om geld te mors of om verneuk te word deur iemand. So gaan dit met boilies. Dit is die nuutste dink wat ons as hengelaars MOET h om klaarblyklik n groot karp te kan vang.

Dit is so! Boilies werk baie goed en daar is baie voordele maar daar is ook nadele waarvan die grootste seker die prys is. Jy kom nie sommer weg met onder n honderd rand vir 1kg ingevoerde boilies nie. As jy dit wel vir 60 of 70 rand kry laat die produk gewoonlik veel te wense oor. Die probleem is ook hoe jy eintlik met boilies moet hengel om daarme sukses te h. Al die groot name s dat hulle boilies die beste is vir somer, winter en self vir volskub of spielkarps. Wat hulle jou nie s nie is dat jy jou gegewe dam eers moet gaan voer vir n paar weke of dat jy baie moet uitsit voor jy vir n naweek, langnaweek of lang sessie gaan hengel. So byvoorbeeld gaan voer ek 5kg die Woensdag, 3kg die Donderdag voor ek gaan hengel en 2kg die Vrydag as ek opdaag by die dam. Dit is 10kg nog voor ek n stok in die water gesit het. Dit beteken as jy n grootnaam boilie gebruik en jy wil reg voer, gaan jy amper R1000 of meer moet uitl op net jou voeraas. Daar is damme waar baie boilies ingaan wat jy net kan gaan kapataliseer op die ander ouens se werk. Jy vind uit met wat hulle vang en watter areas hulle op konsentreer en gaan sit dan daar. Die kanse is goed dat jy een of twee sal optel op die lae manier van hengel. Jou ma se onderstel gaan ook goed bespreek word deur die ou op wie se voerplek jy gaan sit het. Ek beveel nie die manier aan nie. Doen eerder self die werk.

Ek het jare terug besluit om my eie boilies te maak. Die kostes verbonde om jou eie boilies te maak is baie minder as om te gaan koop op groot skaal, maar dit was nie die beweegrede daardie tyd nie. Toe ek begin het met spesie hengel was daar eenvoudig net nie boilies beskikbaar om te koop nie. Ons moes self uitvind wat kan in n boilie mix ingaan en wat werk en wat werk nie. Ek het alles waaraan n mens kan dink in my resepte gesit. Dit beteken nie dat hoe meer goed in die mix ingaan hoe beter is die boilie nie. Jy kan byvoorbeeld baie duur bestandele insit om die boilie beter te maak soos Horlicks en Rennet Cassien, maar dan kan jy net sowel gaan boilies teen duurste aankoop. Die geursel wat jy gebruik het ook n groot invloed op prys. Ingevoerde geure kan meer as R100 kos per 50ml, waar koek geursel partykeer net so goed is en belaglik goedkoop is.

Daar is n fyn lyn tussen bestandele, eindproduk en koste. Ek gaan probeer om julle die beste boilies te laat maak vir die beste prys mootlik.
Na baie jare se slaag en faal het ek, wat ek glo, die beste allrounder boilie resep. Dit het nou al vir my groot karps gegee in meeste damme.

Die resep is:

3kg Semolina
750g Pronutro
2kg Morvite
2kg Mabela
500g Creamora
1kg Cream of maize
3 Sakkies Potato Smash
500g fyn voel saad (in winter)

Die resep se bestandele is goedkoop, dit rol baie maklik, kraak nie as dit droog word nie, word vinnig hard en belangriker, dit vang vis.
Dit is net die basis waarop ek werk. Ek sit ook verskeie ander bestandele by as ek di boilies maak. Ek dink dit is eintlik wat die boilies so goed maak op die lange duur. Kom ek verduidelik hoe ek te werk gaan van die begin af, stap vir stap:

Kom ons meng:

1. Meng al die dro bestandele goed saam en sit in n emmer wat goed sel (gogas hou net so baie van die mix as die karps).

2. Kry jou rol tafels, boiliegun, mengbak, bestandele reg, en sit solank die pot met water op die stoof.

3. Gooi die eiers in die mengbak (ek voeg gewoonlik 20 of 30 eiers op n slag, maar ek stel voor dat jy met 6 eier begin as jy nuut is met boilies maak of as jy nie die regte tafels ens. het nie).

4. Gooi jou geursel by. Kom ons s vir di doel 6 eiers = 5 tot 10ml geur (die hoeveelhede hang af of jy lokale, ingevoerde of koekgeursel gebruik).

5. Met ingevoerde geure is dit beter om by die voorgestelde hoeveelhede te hou. Die res van die geure is maar probeer en weer probeer. Al raad wat ek kan gee is, begin met kleiner hoeveeldede.

6. Baie belangrik: Gooi olie in. Ek gebruik olyf, peanut of vis olie. Dit hang af watter boilies ek maak. Die hoeveelhede wat ek gebruik is 10 tot 15ml per 6 eiers. Die vis olies soos Salmon olie is baie sterk en as jy te veel gooi ruik alles net na dit.

7. Ek hou daarvan op versoeter by my boilies te sit, selfs al maak ek vissie boilies. Jy kan stooisuiker bysit, bv. 1 eetlepel per eier maar ek verkies kunsmatige versoeters. Nash maak n sweetner wat baie sterk is. Jy gooi net 1ml per 6 eiers maar jy kan vloeistof versoeters by die supermarkte koop wat net so goed is en R29 kos vir 250ml waar die Nash net 50ml is.

8. Ek sit volgende lewerpoeier by, so 2 tot 3 teelepels vir 20 tot 30 eiers.

9. As jy BFA se Green Lip Mussel kan kry, gooi ook so 2 tot 3 teelepels in (dit is bietjie duur, maar defnetief die moeite en geld werd).

10. Ek gooi ook Betain Poeier in. BFA het n goei produk.

11. Ek het van Nutrabaits (n oorsese maatskapy) se Corn Steep Liquer en Liqued Kelp. As ek het gooi ek dit ook in. (Weereens bietjie duur en moeilik om te kry maar die moeite werd) BFA het n lokale weergawe van Corn Steep Liquer wat goed werk. As ek nie een van die twee het nie kry ek Aminolic van die apteek af en gooi dit dan in. Dit is net so goed. As jy nie die bestandele in die mix wil sit nie kan jy dit gebruik om n doopsous te maak. Bietjie geur, versoeter, CSL en Liqued Kelp werk Uitstekend.

12. Laastens kan jy kleursel bysit. Ek het gevind dat poeier weergawes baie beter is as die vloeistof. Die beste en goodkoopste plekke is winkels wat bestandele vir koekbak verkoop. Ek gaan gewoonlik Hurmies toe in Krugersdorp of na Lindas in Westdene. In Horison park net langs die Horison skool is ook n koekplek wat meeste van die goed verkoop.

13. Roer alles goed saam en begin die dro bestandele bysit.

14. Begin stadig bysit. Onthou, jy kan bysit maar jy kannie uithaal nie.

15. Meng tot n deeg wat net net nie meer aan jou hande kleef nie.

16. Sit die deeg in n sak en laat dit bietjie staan. Die bestandele absorbeer nog vog en alles swel tot waar dit moet wees. Gee dit so 5min. Ek was gewoonlik die bak en menglepel en pak die bestandele weg in die tyd.

17. Sit bietjie olie op die wasbak of kombuiskas (Spray and kook werk baie goed). Jy gaan die deeg in n dikkeragge slang rol wat jy dan in jou boilie gun gaan sit (In Randburg, reg oor die Veldskoen inry se ingang is daar n maatskapy Ben Bravin. Hulle verkoop silicone guns wat presies n boilie gun is teen n kwart van die prys. Jy kan ook al die voorpunte koop vir al die mates boilies wat jy wil maak. Hulle verkoop selfs die wat op lugdruk werk.

Lekker boilies maak!

Groete,

Neville



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.