GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Karp en die bewaring van Inheemse visspesies
by Ernst Swartz PhD (SAIAB navorser)
13 March 2012
MORE ARTICLES

Om kleiner visse uit te dun sal defnitief help om algemene hengel te verbeter. Die vraag is dus hoeveel impak hengel kan hê om inheemse visse te bewaar?

Ek dink suksesvolle visbewaring moet op twee fronte werk:

1) Keer dat hoogs bedreigde visse uitsterf

Suid Afrika het 'n hele klomp bedreigde visspesies. Ons moet veral seker maak dat die visse wat op die punt van uitsterf is nie verder bedreig word nie. Hierdie visse word deur die IUCN "Critically Endangered" en "Endangered" genoem. As jy belangstel in spesifieke inheemse visse, gaan tik hulle wetenskaplike name in op die IUCN website - www.iucnredlist.org
'n Klomp van ons het al die visse in Afrika geevalueer, so daar is heelwat inligting oor wat fout is met elke spesie en wat gedoen kan word. Paul Skelton se boek "Freshwater Fishes of Southern Africa" is ook 'n goeie veldgids wat jy kan gebruik om meer inligting en die wetenskaplike name te kry. Terug by jou vraag - ironies word meeste van ons visse nie bedreig deur uitheemse visse soos karp en grootbek baars wat in groot damme voorkom nie. Suid Afrika het nie natuurlik sulke groot mere gehad nie, so meeste van ons visse is beter aangepas in riviere en kleiner sytakke. Snaaks genoeg het van ons inheemse spesies heel goed aangepas in damme veral as dit troebel is. Navorsing wat een van my kollegas hier in SAIAB gedoen het, het gewys dat Gariep dam se karp afgeneem het vandat die dam se ekologie gestabiliseer het. Geelvis en moddervis spesies is nou die oorheersende spesies! Ek dink karp het 'n slegter naam gekry as wat dit verdien, want hulle kom meestal voor in damme wat ons gebou het en maak damme troebel vir visse soos forel en baars wat in elk geval uiheems is. Sover ek weet is daar nie 'n enkele vis in SA op die IUCN se bedreigde lys as gevolg van karp nie! In helder damme waar daar nie karp is nie, kry spesies soos swartbaars en forel egter dit reg om inheemse visse totaal uit te roei, want hulle kan hul prooi maklik sien. Maar dit is weereens nie regtig so 'n groot probleem nie, want die damme was nooit natuurlik hier nie. Solank hierdie visse nie in die riviere in sytakke kan versprei nie. Maar dit is presies waar die probleem is - spesies soos kleinbek baars en forel is hoogs aangepas om in riviere en sytakke op te beweeg en verwoes dus meeste van veral kleiner spesies se populasies. Selfs ons eie baber is nou buite sy natuurlike verspreidingsgebied vrygelaat en bedreig inheemse visse in die Kaap. Dit is hoekom meeste van ons bewaringsprojekte hoog in klein bergstrome gekonsentreer is (weg van goeie hengelwaters), want daar kan ons keer dat uitheemse visse indring en dit is makliker om uitheemse visse hier te verwyder. Ons verwyder uitheemse visse meestal met elektrisiteit, nette en self 'n tipe wortelekstrak (rotenone) wat hulle kiewe affekteer en laat vrek. Hierdie tipe werk is nog baie jonk, maar is al heelwat al in Amerika toegepas vir bewaring. Ons werk met natuurbewaring op hierdie tipe projekte en sal hopelik binnekort 'n paar sukses stories he wat nie enige hengelwaters sal affekteer nie.

2) Hou varswater omgewings gesond vir alle spesies

Hierdie is die afdeling waar jou voorstelle 'n groot verskil kan maak, nie net vir hengel vir uitheemse visse nie, maar ook vir ons inheemse visse. Verwydering van kleiner karp en teruggooi van groter visse sal 'n groot verskil maak in die kwaliteit van die visvang en ek is seker dit sal spesies soos geelvis help om ook beter te groei. Ons navorsing wys egter dat karp op verskillende kos vreet as ons inheemse visse. Dis is heel waarskynlik die rede hoekom geelvis, moddervis, baber en van ons kleiner spesies so goed saam met karp kan saamleef. Dit is ook heel moontlik dat die Oranjerivier nog maar altyd heelwat troebel was, so ek dink nie karp het byvoorbeeld 'n invloed op 'n groot troebel dam soos Gariep nie. In plaasdamme wat veronderstel is om helder te wees sal karp wel dit troebel maak. Meeste van die tyd is dit meer 'n probleem vir baars en forel wat uitheems is, en nie 'n probleem vir inheemse visbewaring nie! In Brandvlei-Kwaggaskloof naby Worcester is dit dalk moontlik dat karp help om witvis aan die gang te hou deur te help om die water troebel te hou, anders sal die swartbaars die witvis begin uitroei. As 'n mens insekte en plante in ag neem is enige vis wat die water troebel maak sleg, en veral graskarp kan alle plante in 'n sisteem verwyder en dan begin grawe vir die wortels. Ons weet nog nie wat die impak van graskarp en silverkarp gaan wees nie. Ongelukkig gaan ons seker binnekort uitvind en daar is nie veel wat 'n mens kan doen in groot sisteme met sulke wydverspreide visse nie.

So my raad is om kleiner visse te verwyder om die omgewing te help en die groter visse te geniet vir hul hengelwaarde. In kleiner bergstrome en sytakke weg van belangrike hengelwaters kan ons dalk iets met hengel uitrig. Die belangrikste boodskap is om nooit enige visse (inheems of uitheems) rond te beweeg nie, want hulle kan op 'n nuwe plek vasskop en die inheemse visse bedreig of met hulle verbaster.

Toe ek nog karp gevang het was 3kg 'n mooi vis! Ek sou raai dat dit vir 'n begin baie sal help om kleiner vis uit te haal (miskien onder 1-2kg?) en oor 3kg terug te sit, want die grootste deel van die populasie is sekerlik onder 3kg (afhangende van die dam). Die presiese gewig maak nie regtig saak nie, maar as 'n mens die beginsel kan inbring, sal dit dalk 'n verskil kan maak. Ek weet nie hoe julle punte siteem werk nie, maar ek dink nie dit maak saak hoeveel punte toegeken word nie. Dit gaan meer oor wat weer vrygelaat word (van 'n bewarings-oogpunt). Bewaring kan nogal gekompliseerd raak (soos byvoorbeeld die Brandvlei situasie), so jy is welkom om meer spesifieke vrae te vra, want baie hang af van die tipe spesies en tipe omgewing.

Groete,

Ernst Swartz PhD (SAIAB navorser)



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.