GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Die regte manier om met Particles te hengel
by Neville Barnard
23 May 2012
MORE ARTICLES

Ek gaan gesels oor particles in die artikel en die woord sluit alle sade, pitte, peule, neute ens. in. Ook hier ingesluit is erdwurms, maaiers en plastiese aas.

Kom ons begin aan die begin. Particles MOET reg voor berei word. Daar is n paar redes vir dit. Party soorte particles kan dodelik wees vir karp as dit nie reg voorberei is nie; ek praat hoofsaaklik hier van grondboontjies. Hulle het n ensiem in wat net op ho hitte doodgemaak word. As die ensiem nie doodgemaak word nie kan dit die karp in die medium termyn laat doodgaan. Nog n rede is dat sade baie keer tot hul oorsproklike grootte swel sodra jy dit in water week. As jy die particles in die water gooi sonder dat hulle voluit geswel het kan hulle so baie opswel dat dit die dermkanaal kan laat bars wat onmiddelike dood kan veroorsaak. Dit swel ook op en maak die karp versadig vir baie langer omdat hy sukkel om die harde sade te verwerk. Ander tipe neute is ook nie goed om in groot maat te voer nie. Hier praat ek van Tiger neute. Die karp vind hulle amper onweerstaanlik maar kry baie min voedingswaarde uit tigers uit. Al wat hulle doen is om die sade te eet en fyn te kou en net so weer uit te skei. As hulle dit op n permanente basis doen verloor hulle kondisie en dit is makliker vir hulle om siektes op te tel en ook dood te gaan van stress, ens.

Ek weet dit is al baie ges maar luister maar weer. Week die particles wat jy wil gebruik vir een tot 2 dae, verkieslik in die damwater waarin jy gaan hengel . As dit nie moontlik is nie, gebruik renwater of water wat jy warmgemaak en laat afkoel het. Kraanwater is so vol kalsium en floried jy kan dit sien en ruik. Jy kan tydens die wekingsproses sout, suiker, versoeters, betain, geursels, preserveermiddels, ens. ingooi. Party soorte particles neem kleur en geur baie goed op. Sade soos mielies, tigers, maples, chickpease, ens. val in die kategorie.

Kook die sade sag. Die tydperk sal afhang van watter tipe sade jy kook. Mielies vat baie langer as rooikoring. Tigers kan jy vir tot 2 ure kook want dit bly altyd hard. Ek gooi die sade wat ek gekook het in n emmer wat baie goed sel saam met die water waarin hulle gekook is. n Goeie wenk is om die water waarin jy hempsaad gekook het te gebruik om jou mielies in te kook. Dit gee jou mielies n baie unieke geur.

Particles kan ongegeur gehengel word en werk uitstekend maar hulle kan ook gegeur word. So ook glo party spesiehengelaars dat hulle particles so vars as mootlik moet wees , terwyl ander glo dit is beter as die particles begin fermenteer. Ek het al met altwee gehengel op verskeie damme en partykeer selfs langs mekaar. Al wat ek kan s is dat suur aas baie goed werk om enige vis voor jou te konsentreer. Die probleem is dat die vis enige grote en enige spesie kan insluit. Dit lok selfs water skilpaaie, watervols en likkewane. As die dam waarin jy suur particles wil gaan gooi babers, kurpers en klein karps ens. bevat moet jy gereed maak vir n baie besige naweek. As die dam bv. net groot karps bevat soos bv. Buffels in die ou dae, Donaldson bo-dam ens. kan die tegniek baie goed werk. Ek en Hennie het bv. mielies gekook en in 20 liter emmers geplaas en gelos vir 7 maande. Ons het die mielies gaan voer by Buffels en het in die eerste aand 16 karps gevang met n gemiddelde gewig van 13kg. Dit was nie n probleem nie want buffels het hoofsaaklik net groot karps gehad. Die selfde tegniek het by Fanie Botha een Desember het my 42 babers in 2 dae gegee. Dorps damme is ook baie geskik om suur aas in te hengel. Die karps is gewoonlik aan die groot kant en die babers pla nie te veel nie, veral in die winter. As jou aas vars is maar jy wil steeds dieselfe suur reuk in die water sit kan jy dit doen met Maroek wat in die viswinkels verkoop word. Gooi een 5 tot 10kg sak by jou los voer voordat jy dit gaan uitstrooi. Wees net gereed vir groot babers wat dan jou boilies sal optel tussen in.

My een vriend het mooi karp in Vaaldam gevang met gewone ongegeurde mielies op die haar. Die Saterdag oggend gaan gooi hy toe 10 kilogram Maroek af en vang 30min later n 23kg baber.
Ongegeurde particles is die aas waarmee ek die meeste hengel. Ek sit wel baie sout of suiker by. Ek moet egter erken dat meeste van my hoekaas wel gegeur is en ook krities geballeseerd is. Dit fokus net bietjie meer aandag op jou hoekaas tussen al die los voer. Dit moet die rede wees want hoe anders gaan gooi jy 40 kg aas by jou merker af en vang n 48lb karp voor jy jou 3de stok in die water gesit het?

As ek my voer particles geur is dit gewoonlik met iets wat nie te sterk ruik nie. Molasse en karamel saam werk uitstekend. Versoeters of stroop saam met heuning is ook n wenner. Ek het laasjaar eenkeer baie goed gedoen met particles wat in appelkoos en perske geur geweek was. Een van my vriende voeg n hele 5kg pak bruin suiker by 20kg gemengde particles. Wat ek laasjaar gedoen het en vir my 2 x 55lbs gegee het was weer baie sout wat ek by my particles ingemeng het. Nog 2 tegnieke wat goed gewerk het was om n hele bottel grondboontjie botter by n emmer mielies te gooi terwyl dit nog stomend warm was en ek het dieselfde gedoen deur n groot bottel caramel saa met n hele bottel chocolade smeer in warm mielies te gooi. Mielies wat in n sterk pynappel geur geweek en toe gevoer was het so 2 jaar terug n klomp grassies in florida vir die ouens gelewer. Ons het die selfde resultate gekry met Liquer Lace gegeurde tigernuts wat 6 grassies in een sessie tot 17kg gelewer het.

Particles is baie goed op hulle eie of gemeng met ander produkte. Hier praat ek vat bv. Trout pellets of Duck pellets wat by die sade gesit kan word. Dit absorbeer geur en plaas baie geur in die water. Nog n goeie tekniek is om Kondensmelk by jou particles te meng. Dit maak n groot wit wolk in die water van bo na onder. Dit lok alle vis wat daardeur swem. Oats en fyn gemaakte koring (crushed weat) tussen jou particles doen die selfde ding. Nog bymiddels wat goed werk in particles is veskillende soorte olies, veral hemp olie, maar salm olie werk ook goed. Jy kan bv. n blik tuna in olie of pilchards in tamatie sous by jou particles gooi vir ekstra geur. So ook hou karps van Kerrie en Chillies. Jy kan baie Kerrie poeier in jou mengsel inmeng, so ook gedroogte chillies. Hempsaad wat gekook word met n hele pakkie chillie poeier is besonder doodelik. Jy kan selfs n paar koppies wit rys bysit. Dit absorbeer die geur baie goed.

Particles is uitstekende voer, veral as jy karp van ooral af in die water voor jou wil lok. Die plek, manier en tydsduur wat jy die particles voer is baie belangriker as wat jy fisies voer. Ek voer op twee tegnieke. Groot voerplekke en die muisvalletjie metode. As dit mootlik is gebruik ek altwee op een slag. Ek sit van my stokke op n voerplek en die ander stokke naby obstruksies of watergras ens. wat ek gekry het voor my tydens feature finding. As jy tyd het werk n voerplek baie goed, hoe langer jy die voer kan insit sonder om fisies te hengel, hoe groter is jou kanse tot sukses as jy wel gaan hengel. Particles is ook n goei manier om karp van iewers af te lok waar jy hulle nie wil of kan vang nie tot waar dit moontlik is om veilig vir hulle te hengel. Voer byvoorbeeld in lelies tot so 10m weg. Die karps sal die veilige aas eet in die lelies en geleidelik uitkom tot waar jy hulle kan vang.

Die volgendetegniek is die muisvalletjie tekniek. Dit gee gewoonlik die groter vis gouer maar nie constant nie. Met die muisvalletjie tegniek gaan sit jy jou hoekaas op n spesifieke area met net n mielie of tiger bol om die sinker of net 500g tot 1kg voer om jou hoekaas. Groter sade lok groter vis maar kleiner saad hou hulle langer op jou plek. Dus verkies ek n mengel van groot en klein saad. So 80\20 in guns van die klein saad.

Die volgende punt wat jy aan moet dink is die voertegniek wat jy gaan gebruik. Ek gaan die volgende voertegnieke probeer veduidelik so goed as wat ek kan.

Tegniek 1: Die tegniek werk goed as jy bv in n rivier hengel of waar die dam n arm maak en dit nie te breed is na die oorkant toe nie. Ook as jy n groot plato voor jou het . Kom ons veronderstel dat die water 200m breed is voor jou en jy wil alles karps voor jou stop om in jou hengelarea te bly. Gaan uit met jou boot en gooi enkel mieliepitte af so een vir een terwyl jy ry. Dit doen jy reg van voor jou af tot reg aan die ander kant. Aan die ander kant draai jy om en doen die selfe. Jy gooi mielies af een vir een en NIE in groot hoeveelhede nie. Dit doen jy oor n redelike groot area. Volg n zig-zag patron. Die visse wat dan rondswem voor jou kry oral enkel mieliepitte. Hulle moet fisies een vir een optel en na die volgende een toe swem. n Goeie maatstaf is so 5kg mielies op n 40 tot 50m blok. Nie een mielie l langs die volgende een nie. Hulle is almal so entjie uitmekaar. Al wat jy doen is om met n sterk gegeurde, geballenseer hoekaas te hengel waarby jy n mieliebol sit of met bietjie hemp as losvoer plaas om aandag op jou hoekaas te konsentreer. Die tegniek het baie goed gewerk vir my by Fanie Botha waar jy in arms hengel wat tussen 150 tot 300 wyd is. Partykeer was die water te diep in die middel (80ft). Ek sal dan heen en weer aas afgooi van so 45ft tot aan die oorkantste wal in 3ft diepte water.

Tegniek 2: Nog n tegniek is om jou voer baie slap aan te maak. Kry n groot skottel van 100lt. Gooi n paar sakke(10 tot 20kg) mieliebom daarin. Ek gebruik fyn en growwe mieliebom. Ek sal nou die mieliebom aanmaak met water tot dit lyk soos slappap . Jy kan ook n geur bysit van jou keuse. Gooi sommer die hele bottle in. Ek gebruik gewoonlik Nash Sweetcorn of strawberry. Hemp olie werk ook goed. As die mengsel nou die regte dikte is kan jy n klein bietjie mielies en\of tigers bysit. Net so 10%. Jy kan kondensmelk en Oats ook inmeng om nog n groter wolk in die water te maak. Nadat jy n geskikte plek gekry het plaas jy 2 merkers uit so 40m uitmekaar. Gaan gooi dan die hele mengsel af in die dam. Die wit wolk trek reg deur die waterkolom tot onder. Dit maak so wit en geel laag stof wat op die bodem gaan le met net hier en daar n saad of n pit om te eet. Soos hulle die bodem begin omdolwe agter die lekker reuk aan maak hulle maklik n fout met jou hoekaas. n Gebalanseerde mielie of tiger sal hier goed werk as hoekaas. Die tegniek sal nou ook nie goed werk in n rivier of in baie diep water nie maar enige diepte tot 30ft behoort nie n probleem te wees nie. Die effek wat jy wil skep is om die visse van bo na onder te lok en hulle te forseer om die bodem om te dolwe agter die kos aan.

Tegniek 3: Die tegniek is die een wat ek die meeste gebruik. Gaan voer baie fyn saad op jou gekose plek: 40 tot 100kg is niks snaaks nie. Die hoeveelde is redelik belangrik. Jy wil hulle lok en lank voor jou hou maar hulle nie maklik voer nie. Die mengsel wat ek gebruik is 50kg hemp, 20kg rooi koring, 20kg buckwheat en net 5 tot 10kg mielies. Kry n area so 40m breed. Gaan gooi alles af tussen jou 2 merkers. Die effek wat jy kry is baie klein sterk gegeurde sade wat soos n mat l met net hier en daar n goudgeel mieliepit (gooi tartazien by jou mielies vir n goud geel kleur). Die karps raak skoon mal hieroor. Die olies en die geur lok hulle van myle af in en hulle begin die bodem uitmekaar uit eet maar al wat hulle maklik kry is die mielies, waarvan een natuurlik jou hoekaas is. Die mielies kan vervang word met tigers, peanuts of enige ander hoekas wat jy verkies maar mielies bly n wenner.
Daar is baie ande goed wat jy by jou particles kan gooi om dit bietjie beter en anders te maak. Iets wat ek laasmaand probeer het is om 7lt maggots by my particle mengsel te meng. As jy dit afgooi lyk dit kompleet of die bodem lewe met al die beweging. Ongelukkig het die visse gespawn en hulle wou nie eet nie. Ek sal dit vir die volgende paar maande aanhou probeer om te sien wat gebeur, maar sover lyk dit baie goed. Daar is n ou wat in die Bank Angler adverteer wat die maggots tel en verkoop.

Nog iets om saam met jou particles te gebruik is in kombenasie met plastiese fake aas. Die volgende maatskapye maak goeie produkte: Enterprize, Nash Mutants en Trima baits. Al die plastiese aas neem geur goed op. Ek het n klomp glasbottels met verskillende plastiese aas in verkillende geure en kleure. Van die fake aas dryf. Dus is dit maklik om pop-ups met dit te maak. In September het ek en n vriend 60kg particles gevoer in n dorpsdam naby ons en met gegeurde plastiese aas bo op dit gehengel. Die resultaat was 30 karp geland uit 37 byte in 3 dae, met ⅓ oor 10kg.

Ek kry deesdae nie baie tyd om self aas te maak op die skaal waarop ek hou om te voer nie, so ek kantak Hannes Naude op 0723585058. Hy is bedrywig hier in my omgewing (Johannesburg) en berei enige particle voor soos jy dit soek in die hoeveelhede wat jy soek. Die pryse is ook glad nie sleg nie. Hy vrae bv. R200 vir n emmer voorbereide gemengde particles. Hy verskaf dit in 20lt emmers wat baie goed sel. Maar dit moet genoem word dat Tigers en grondbootjies duurder gaan wees, weens die aankoop prys. Probeer gerus sy hemp, buckwheat, rooikoring en mielie mengsel: dis doodelik! Die particles het nie preserveermiddels in nie, maar dit kan wel bygesit word as jy dit so verkies. Ek verkies dit nie so nie. Ek kry die particles by hom nog vuurwarm met niks preserveermiddels in nie en gaan hengel of voer onmiddelik met dit.

Laastens moet ons kyk hoe jy al die particles voorberei en in die dam gaan kry. Kom ons begin met die voorbereiding. Dit help nie jy wil 100kg particles gaan voer maar jy het net n klein 5lt stoompot om dit mee te doen nie. Die eerste kooksel gaan al suur weer terwyl jy die laaste klomp nog kook. Ons gebruik groot potte van 20, 55 en 75lt. Met die groter potte kan ons 150kg particles gaar h in 2 ure. Moet ook nie probeer om die pot op die stoof te sit nie; jou ma, meisie, vrou of lewensmaat gaan jou afslag. Kry n baie goeie gasbrander wat op hodruk gas bottels werk. By verre die beste gasbranders wat ek nog gebruik het, het ek gekry by Gas for Africa. Dit is die besigheid op Main Reef straat agter Princess Stasie. Hulle kan gekontak word op tel : 011-7687904. As jy die brander vol oopdraai kom die vlamme verby die pot en die mielies borrel regoor die rand in net n paar minute. Sit die pot verkieslik op bakstene sodat hy stewig staan en sit dan die brander onder hom . Stel die brander op volle hitte totdat die particles behoorlik begin kook en stel dan die hitte af sodat dit net lekker prut. Hoe langer jy dit kan doen hoe beter.

Jy kan natuurlik n kano of opblaas boot gebruik as dit toelaatbaar is. Maar as n boot buite die kwesie is of jy besit nie een nie of jy mag nie een gebruik op die water waarop jy konsentreer nie, is dit nie die einde van die wereld nie. Daar is baie verskillende produkte wat gemaak is om particles me te voer van die kant af. Selfs al mag jy n boot gebruik op party waters is dit n goeie idee om te voer van die kant af. Die visse raak gewoond om altyd op een plek op die selfde manier aas te kry. Hulle is nie dom nie. Jy kry groot ketties wat bolle en los voer redelik ver kan skiet. Ek maak gebruik van n voerlepel om voer mee uit te gooi. Jy kan dit van die kant af doen of jy kan n waterbroek aantrek en die voer dan so bietjie dieper inkry.

As die plek bietjie verder is kan jy n voer vuurpyl gebruik wat jy met n stok kan uitgooi. Jy kry verskillende grotes wat verskillende soorte particles en verskillende afstande kan gooi. Die twee wat ek die meeste gebruik is die grootste een wat KORDA maak. Hy is gesik om met n gewone stok te kan gooi en vat so 200g. Die ander een wat ek gebruik word deur COBRA gemaak en word die Dumpster genoem. Hy vat so amper 400g. Die enigste nadeel is dat jy n baie sterk stok moet gebruik om die Dumpster voer vuurpyl te gooi. Ek gebruik n Shimano visstok met n Daiwa Saltiga 50 wat tot 'n 10oz gewig kan gooi . Met die gerei gooi ek maklik 20kg voer in 40min uit sonder om moeg te raak. Altwee die voer vuurpyle kan gemaklik verder as 100m gewerp word.

Dit help nie jy kry n lekker plek om op te hengel en dan verloor jy die plek in die wind nie. Hou altyd H-merkers by jou op die boot of kry n merker wat jy met n stok uitgooi. Ek maak my eie van balsa hout en sit reflekteerband bo-aan om selfs in die nag die plek maklik te kan sien. n Merker is baie belangrik as jy akkutaat wil voer, veral in die nag.

Wel dit was nou n mond vol en vir eers genoeg. Die belangrikste ding met enige tipe aas is om nie bang te wees om iets nuut te probeer nie.

Groete en stywe lyne aan almal!
N. Barnard

Vir enige hulp ten opsigte van di artikel of oor karp hengel in die algemeen kan ek gekontak word op 082 74 345 74 of nevillebarnard89@yahoo.com



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.