GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Langlynhengel vir groot karp
by Neville Barnard
26 June 2012
MORE ARTICLES

Eerstens moet ons besef dat dit nie altyd nodig is om op maksimum afstand te hengel nie. Maar soos die spreekwoord se: Dis beter om n geweer te h en hom nie nodig te kry nie as om n geweer nodig te kry en dit nie te h nie!

So is dit met groot katrolle; hulle is swaar en lomp maar werk baie goed om n groot klomp lyn gemaklik te kan hou. Ek gebruik Shimano Big Pit LCs en Daiwa Emblem Z5000Ts. Die Shimanos neem maklik 900m 20lb Fireline. Ek hengel net so maklik 10m uit by Florida as wat ek by Buffels of Fanie hengel op 700m uit. Baie mense verkies nylon lyn maar ek hengel omtrent net met braid. Dit is baie meer sensitief op lang afstande as nylon lyn en dit is baie sterk. Selfs op honderde meter uit is die byte dadelik sigbaar.

Nou hoor ek klaar die mense wat kleiner katrolle het. Ek kan ook my lyne so ver uitvat en net sulke groot karps vang, ek sit net bietjie dunner lyn op. NEE, jy kan nie. n Kleiner katrol kan nie 700m dik lyn vat nie en as jy braid opsit moet dit baie dun wees om vr uit te gaan. Dit is onprakties om met sulke dun lyn vir groot karps te vang waar jy waarskynlik oor en deur watergras en boomstompe moet hengel. En hulle is ook nie so sterk soos die groter katrolle nie. Hulle ratte is nie gemaak om so hard te werk nie. Al my kleiner Shimanos se ratter en brieke het uiteindelik ingegee om konstant groot swaar sinkers en groot karps honderde meters in te katrol. Jy kan n Magnum of so tipe katrol gebruik maar hulle is heeltemal te stadig om n groot karp op 500m te keer om in boomstompe in te hardloop.

Die ander voordele van die groot katrolle is dat hulle inrol spoed groot is en ook dat hulle brieke sterker en gladder is. Hulle gooi vermo is ook baie goed. Maar koms ons vir onderstel dat alle opsies om naby karps te vang uitgeput is.

Die volgende plan van aksie is om te gaan kyk of jy dieper plekke kry wat goed lyk of selfs aan die oorkant van die dam as dit mootlik is.
Kom ons veronderstel dat die plek wat jy gekry het 600m uit is. Die hoof probleem wat jy na moet kyk is of jou gerei dit gaan maak soontoe. Jou katrol moet te minste die afstand wat jy wil uitgaan plus so 50 tot 100m lyn ekstra h.
Ek het baie spoele vir my katrolle om elke situasie te benut. Van my spoele het 14lb fireline en 30lb fireline. Van die ander het 30lb power pro en die res het gewone lyn van 10lb tot 25lb.
Van my vriende gebruik Whipelash in 50lb. Hulle is baie tevrede daarmee. Die stok wat jy gebruik kom ook in op hierdie afstande. Die lyn wat in die water l is redelik swaar en water het baie weerstand, so hoe stywer die stok is hoe makliker gaan jy die lyn uit die water uit optel. n Langer stok sal seker ook beter werk maar ons gewone spesie karp stokke is 12 of 13ft lank.

Jy kan n kano gebruik om jou lyne in te neem maar n klein opblaasboot is baie beter. Ek gebuik n ARK 2.8m Rubber Duck met n 30lb elektriese motor. Die boot het ook ander voordele. Jy kan meer as een persoon uitgaan om n vis te gaan skep. Jy kom vinniger by die karp uit wat beteken dat hy n kleiner kans het om te gaan vassit. Hy is ook baie veiliger op die groot damme as n kano. Aasbote is ook n opsie. In party damme (Rietvlei) is dit al hoe jy lyne diep kan inneem. Die grootste probleem met aasbote is maar die baterylewe. Jy kry nie baie ritte uit n aasboot uit as jy 400m + lyne uitneem nie en daar is baie stokke of die vis byt goed. Voerplek maak is ook moeilik met n aasboot.

Jy kan 2 of selfs 3 lyne op n paar honderd meter uitneem maar dit word nie aanbeveel as jy nie bietjie ondervinding opgebou het nie. Jy en jou hengel maat moet ook presies weet wat die ander een gaan doen sodat julle nie soos n klomp maplotters op mekaar skreeu nie. Bespreek wat gedoen gaan word soos bv. ek gaan effens in die wind inroei om nie n boog in die lyn te kry nie of ek gaan van links af begin en eerste die volgende lyn styftrek voor ek die lyn laat sak ens. Wat ek doen is om een lyn om elke voet te sit en dan een stok saam met my te neem. As ek die 2 lyne om my voete gelos het gaan plaas ek die stok wat ek by my het en roei dan terug met die stok. Met die terug roei is dit ook belangrik om te kyk hoe die wind waai. Moenie reguit terug roei as die wind sterk dwars waai nie anders gaan daar n groot boog in die lyn wees. Jy kan dan maklik jou aas skuif as jy die boog wil reguit trek. As jy omdraai om terug te gaan en die wind waai van regs na links roei skuins in die wind in tot halfpad terug. Begin dan stadig na jou kamp toe beweeg. As jy terug is en jy trek die lyn styf behoort dit reguit na jou pod toe te l.

6oz en 8oz gryp sinkers:-

Die sinkers wat jy gebruik is ook belangrik. Ek gebruik 4, 5 en 6 oz gryp sinkers wat ek self maak. Maar eitlik speel ek nog. Toe ek laasjaar in Frankryk was en in die World Carp Classic gehengel het in Lac De Maiden het omtrent al die mense om my met 8 en 10 oz gryp sinkers gehengel. Van die Nederlandse ouens het selfs met 500g granite blokke gehengel as sinkers. Dit hou die lyne op presies die plek waar jy hom gelos het. Daar was dit baie belangrik want ons het in gras gehengel. As jy die lyn sou nader trek, sou die aas in die gras in trek en die karpe sou dit nie maklik kry nie. In n dam soos Fanie Botha is dit belangrik dat jou aas nie beweeg weens al die boomstompe en take nie. As jy perongeluk jou lyn nader trek is dit baie maklik om die hoek in n boomstomp vas te trek.

n 5 of 6 of selfs 8oz klink baie groot, veral as jy nog net met 3oz gehengel het of aan papgooi gewoond is waar julle gewiggies net n paar gram weeg. Maar onthou, die sinkers is vas aan die veiligheids klip en is ontwerp om af te kom met die optel slag. Die sinker is net daar om die lyn styf te hou en op die regte plek te hou terwyl jy wag vir die karp om die aas op te tel. Sodra die karp die aas optel kom die sinker af en die karp swem vry rond. Hy kom ook gewoonlik na die oppervlak toe waar die kanse minder is dat hy aan iets gaan vassit.
Ek het selfs gesien dat groot sinkers op naby abstande goed werk. Ons het by Florida die probleem gehad dat die karpe die ligte sinkers maklik rondskud as hulle die aas optel. Al wat jy sien is dat jou verklikker op en af ruk maar daar gebeur niks verder nie. Na n rukkie is alles stil. As jy dan die aas uittrek is jou hele stop opgemors. Die swaar sinker het veroorsaak dat die lyn die heeltyd baie styf in die karp se bek was en nie die stop kon uitskud nie.


Nog iets waarop ek skoolgeld betaal het is om met inlyn sinkers op groot afstande te hengel. Die probleem kom as jy nie n vis gevang het nie en jy katrol in om vars aas op te sit. Vir die eerste 100m slaan die agterkant van die sinker die grond en klippe, voor hy bietjie lig en jy hom normaalweg uitkatrol. Jy vat dan jou strop weer uit met n vars asie op en hoop weer vir die beste. Die volgende oomblik hoor jy net n alarm wat skreeu. Jy hartloop nader gaan maak die vis vas en alles is net skielik af. As jy uit katrol sien jy dat die lyn gebreek het reg onder op jou leader of leadcore leader. Al die inkatrol het jou lyn seer gemaak net bo die sinker. Toe ek dit agterkom het ek onmiddelik oorgeskakel na die safty clip waar die sinker net aanhak. Die lyn kan nie seerkry bo die sinker nie want die sinker hang onder die lyn.

As jy jou lyn klaar geplaas het, het jy 2 opsies. Jy kan of jou lyn so plat as mootlik hou deur die gebruik van vlieg lote (flying Backleads) en gewone back leads of jy kan jou lyn so hoog as mootlik hou uit die water uit. Dit hang gewoonlik af van die dam en waar jy in die dam hengel en op watter tyd jy daar gaan hengel. Kom ek verduidelik.

In Buffelspoort dam moet jou lyne so plat as mootlik gehou word, weens al die bass en plesier bote op die water. As jou lyne te hoog is gaan die bote die lyne haak en afsny. Dit is mootlik om jou lyne hoog te hengel in die winter wanneer die bote bietjie minder is maar wees net versigtig. n Bass Boot met oop ketels beweeg baie vinnig. As die oewer ook nie ongelyk is met baie obstuksies nie kan jy jou lyn plat hou sodat die karpe nie agterdogtig raak nie. Ons het ook probleme gehad met bote wat moetswillig ons lyne wou afsny nadat ons die aas neergesit het. Al wat ons toe doen is om so 50m agter jou aas n klein gewiggie af te gooi wat aan die lyn vasknip. So 150m verder gooi jy weer een af en dan so 150m van die kant af en dan die finale een onder jou stok se punt.

In ander damme is dit wys om jou lyne so hoog as mootlik te plaas sodat jou lyn oor enige obstruksies in die water kan gaan. Die nuwe tipe stok houers wat ons gebruik kan amper die visstokke regop laat staan. Dit help veral as daar boomstompe, gras, waterplante ens. voor jou in die water is. Baie keer is die ou rivierloop vr uit en gewoonlik is daar baie ou boomstompe op die rante van die ou rivierloop. In die geval kan jy iets wat dryf op jou lyn sit, sodat jou lyn net agter jou aas uit die water kom en bo-op die water bly tot by jou stok. Ek bebruik 500ml bottels waaraan ek n klip swivel heg en net aan die lyn knip. Wat hier help is as jy n dik nylon voorslag gebruik en nie die puntjie by die knoop afsny nie. Los die dik voorslag se puntjie so 2cm lank. Die bottel skuif op teen die lyn en gaan sit vas aan die dik lyn by die knoop.

Stel dan jou stokke so hoog as wat jy kan en hengel styf. Ek het ook hierdie tegniek bebruik in sterk stroom. Stel jou stokke so hoog as wat jy kan en hengel na n bottel toe wat reguit afgaan na n swaar sinker toe. Almal se lyne het bly spoel. Myne het doodstel gel. Ek het gesien dat party mense n paar Ping Pong balltjies op hulle lyn sit al die pad terug om te keer dat hulle lyn in water gras ingaan. By Donaldson Dam is daar ook gruishope waaraan jou lyn maklik afgesny kan word. Ek het al baie wynproppe gebruik om my lyn te lig oor die hope.

Baie mense is bang om lyne vr uit te neem maar daar is eitlik nie n probleem daarmee nie. As my lyne kan bykom sal ek met die grootste gemak op enige afstand hengel.

Wel dit is hoe ek langlyn karp hengel doen. Indien iemand nog iets wil weet van langlyn hengel of groot karp hengel kan hulle my kontak op E-mail : nevillebarnard89@yahoo.com of Neville.barnard@dcs.gov.za of Selnommer 0827434574.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.