GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Riviere in SA is ‘rioolslote’
by Elsabé Brits
20 July 2012
MORE ARTICLES

2012-07-19 22:15

KAAPSTAD. – Suid-Afrika se groot riviere is weinig meer as groot rioolslote.

Dr. Jo Barnes, ’n epidemioloog aan die afdeling gemeenskapsgesondheid aan die Universiteit van Stellenbosch se fakulteit gesondheidswetenskappe, sê die meeste riviere is onveilig om sport in te beoefen. Met die pas afgelope Bergrivier-kanomarathon het verskeie roeiers onder meer diarree gekry. Volgens Barnes is dit weens die rivierwater.

“Ons land is in ’n krisis omdat swak behandelde of onbehandelde riool in groot riviere beland. Daarby het die land te min drinkwater – ons is op ’n naaldpunt.

“’n Rivier is soos ’n vervoerband in ’n fabriek – mense sit goed op en haal dit weer af. Wat mense nie besef nie, is dat die grootste bron van besoedeling in Suid-Afrika nié chemiese stowwe is nie, maar riool weens onder meer swak bestuur. Meer riool word ontvang as wat gehanteer kan word.”

Nóg ’n rede vir dié toedrag van sake is verstopte vloedwaterpype wat oorloop na die rioolstelsel. “Dit veroorsaak dat die rioolstelsel oorstroom en omdat die rivier die laagste punt is, loop alles soontoe.

“Daar is mense wat ook doelbewus water in die rioolstelsel herlei – uiteindelik besoedel dit riviere, maar dis mos ver weg van hulle huise af. En dit is gegoede mense.”

Weens swak vullisverwydering en ’n gebrek aan toilette in informele nedersettings, voer reënwater riool en afval na riviere.

“Daar is plekke waar 40 tot 60 mense ’n toilet deel wat nie behoorlik werk nie. Dié mense is deels skuldig en deels slagoffers van hulle omstandighede.

“Uiteindelik beland alles wat op die grond beland, in die riviere.”

“Al wat ek sien, is taakspanne en vergaderings. Nie werkers met grawe nie. Arbeid is nodig.”

Volksblad



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.