GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
H2O in SA: ‘Rek dit, spaar dit, skep dit’
by Elise Tempelhoff
28 August 2012
MORE ARTICLES

2012-08-27 21:03

Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling mag nooit gedemp word weens ’n gebrek aan water nie, daarom moet dié bronne “gerek” word, vermorsing moet gestuit word en “nuwe water” moet geskep word.

So het Fred van Zyl, direkteur van waterdienstebeplanning en inligting en hoofouteur van die konsepdokument oor Suid-Afrika se waterbronstrategie, gister in Pretoria gesê.

Dié belangrike dokument baan die weg vir ekonomiese ontwikkeling in die land van 2013 tot 2030.

Van Zyl het gesê hoewel Suid-Afrika ’n land is wat waterstres ervaar, is daar potensieel genoeg water om die ekonomie te laat groei.

Tot nou toe het Suid-Afrika hoofsaaklik op sy oppervlakwater (vars water in riviere) staatgemaak om ekonomies te ontwikkel. Studies wys nou dié water is nie meer genoeg nie.

Hy het gesê water ter waarde van R11 miljard gaan jaarliks weens munisipaliteite se stukkende infrastruktuur verlore. Hy meen tot 50% van alle munisipale water kan met herstelwerk teruggekry word.

Volgens Van Zyl sal “nuwe water” ook geskep moet word deur boorgate te sink by plekke waar groot hoeveelhede ondergrondse bronne beskikbaar is. Reënwater sal ook in ’n groter mate geoes moet word, terwyl gebruikte (grys) water verskeie kere hergebruik sal moet word.

Luidens die konsepdokument is daar in Suid-Afrika ’n algehele gebrek aan respek vir water. Die dokument sê die gebrek aan respek vir water kan teruggevoer word na ’n gebrek aan leierskap en regulering.

“Suid-Afrikaners se gebrek aan re­spek vir water is duidelik in die manier waarop hulle water mors, waterbronne besoedel en riviere en riviermondings vernietig en beskadig.”

Edna Molewa, minister van waterwese, het by die bekendstelling van die dokument gesê Suid-Afrika het uitsonderlike uitdagings wat watergehalte betref.

Sy het gesê die sondaars is die mynbedryf, stedelike ontwikkeling, nywerhede, landbou en nywerhede wat landbouchemikalieë vervaardig. Volgens haar moet die Waterwet tande kry.

“Ek wil nie verskonings maak vir ’n gebrek aan optrede teen besoedelaars nie, maar ons gee waarskuwings uit, dan predirektiewe en dan direktiewe, en wat dan?” het sy gevra.

Die dokument is in die Staatskoerant gepubliseer en mense het 90 dae tyd om kommentaar daarop te lewer.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.