GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Skok oor ja vir skaliegas
by Elise Tempelhoff
08 September 2012
MORE ARTICLES

2012-09-07 21:58

JOHANNESBURG. – Die kabinet se besluit om die regeringstaakspan se verslag oor hidrobreking te aanvaar en die moratorium op dié omstrede manier van gasontginning op te hef, is gister wyd gekritiseer.

Omgewingsgroepe het met skok en ontevredenheid oor die “ondeursigtige proses” gereageer.

Die oliereus Shell daarenteen het gesê hy is “opgewonde en verheug” oor die kabinetsbesluit.

Collins Chabane, minister in die presidensie, het gisteroggend aangekondig die kabinet het die taakspan se verslag oor hidrobreking van die departement van minerale ontvang en goedgekeur. Die moratorium is sowat 18 maande gelede geplaas op alle aansoeke vir die prospektering van skaliegas deur hidrobreking.

Chabane het gesê Suid-Afrika is arm aan energie en die ontginning van skaliegas het die potensiaal om energiesekuriteit én goedkoop krag vir die land te bring.

Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure the Karoo Action Group (TKAG), het gesê hy was dit te wagte, maar het gehoop die minister sou haar belofte nakom dat sy eers haar taakspan se bevindings met die burgerlike gemeenskap sou bespreek en hulle sou konsulteer voordat die moratorium opgehef word.

“Die minister het haar belofte verbreek. Die inhoud van die taakspan se verslag is steeds ’n geheim. Daar is dus geen twyfel dat die regering hiermee te kenne gee dat Suid-Afrika nou oop is vir sake nie,” het hy gesê.

Die TKAG is ook ontevrede omdat geen lid van die burgerlike gemeenskap lid was van die taakspan nie.

Derek Light, regsverteenwoordiger van sowat 2000 grondeienaars in die Karoo, waarsku ’n stortvloed aansoeke gaan nou die land tref. Dit gaan nie net by die Karoo bly nie. Die Drakensberge, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Limpoporivierkom is almal in die visier van multinasionale energiemaatskappye, het hy gewaarsku. Regstappe teen die regering is beslis op die agenda, het hy gesê.

Carin Bosman, waterspesialis en kundige op die gebied van hidrobreking, het gesê die Suid-Afrikaanse regering speel met die land se skaars waterbronne. Sy het gesê die burgerlike gemeenskap moet daarop aandring dat die verslag wat die regeringstaakspan opgestel het, deur internasionale kundiges bestudeer word. “Wetenskaplikes sonder politieke bande met die regering en die ANC moet die verslag deeglik bestudeer,” het sy gesê.

Bosman het gesê die regering is kortsigtig om ’n energiebron wat só waterintensief is te probeer ontwikkel, terwyl die land arm is aan water.

Omgewingsbewustes is skerp gekant teen hidrobreking omdat groot hoeveelhede water en ’n mengsel van chemikalieë onder geweldige druk in die skalierots gepomp word om die gas uit te kry. Multinasionale maatskappye het tot dusver geweier om oop kaarte te speel oor die chemikalieë wat hulle in die proses gebruik.

Die Wêreldnatuurfonds het gesê dit is kommerwekkend dat die hele proses, sowel as die besluitneming, so ondeursigtig en ondemokraties hanteer is.

Bonang Mohale, Shell Suid-Afrika se voorsitter, het gesê die Karookom bied groot potensiaal vir die prospektering en ontginning van skaliegas. “Shell meen dit sal help om te voorsien in Suid-Afrika se groeiende energiebehoeftes, terwyl dit ook volhoubare en permanente werk in die land sal skep.”

Shell beskou hidrobreking as ’n skoon energiebron, wat Suid-Afrika sal help wegbeweeg van steenkool wat klimaatsverandering veroorsaak. Die maatskappy het belowe om verantwoordelik te wees en alle omgewingswetgewing na te kom. Shell is nog nie seker waar hy die groot hoeveelhede water vandaan gaan kry vir die proses nie, maar meen dit kan na die Karoo aangery word. Ondergrondse waterbronne kan ook ontgin word, het Jan Willem Eggink, bestuurder, aan Annelie Maré gesê.

Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het gesê sy sal Dinsdag die volle omvang van die kabinetsbesluit verduidelik.

- Volksblad



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.