GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
VOLG N EFFEKTIEWE VOER STRATEGIE
by Gilbert Foxcroft
15 November 2012
MORE ARTICLES

Voer en die toediening daarvan is seker die mees sensitiewe onderwerpe in Karp hengel en ek het persoonlik gesien hoe manne wyd en Suid argumenteer oor hoeveel genoeg, te min of net reg is. Ander aspekte soos wat nou eintlik in jou voer behoort te wees het ook al die manne warm onder die kraag gelaat. Die lank en die kort daarvan is eenvoudig dat daar nie altyd n reg of verkeerd is nie. Daar is net soveel omstandighede wat n invloed het op wat genoeg of wat te veel is.

Ons het in ons pas afgelope SA Kampioenskappe in April gesien net hoe waar die bostaande stelling kan wees. In die verlede het Bamboesspruit by Bloemhof Dam gewys hoe n wonderlike stuk water dit is en die tendens het veroorsaak dat hengelaars meer en meer voer in die water gesit het ten einde die 1000kg merk te kon verby steek. Die teenoorgestelde het gevolglik in April gebeur. Bamboesspruit was nie hierdie keer dieselfde nie; weers omstandighede en n volmaan (wat letterlik soos n spotlight in die hemel gehang het) was deels verantwoordelik vir seker die swakste SAs die afgelope 6 jaar. Hier sluit ek natuurlik verlede jaar se SAs by Tago uit. n Ander faktor wat ons nie uit die oog moet verloor nie is die onlangse vloed toestande waarin na bewering Bloemhof in 9 dae sy totale water volume 3 keer sou vervang het.

EVALUEER JOU OPSIES

Daar is n gesegde wat se dat mens nooit te oud is om te leer nie en glo my gerus as ek se dat ek elke keer wat ek gaan hengel iets by leer. Jou sintuie moet baie effektief saam met jou gedagtes werk om die evaluerings proses te vervolmaak. Hou die water voor jou dop; kyk vir vis beweging, wind rigtings, barometriese druk, reen voorspellings, stand van die maan en die temratuur. Al hierdie faktore moet vir jou n sekere gevoel gee en ondervinding alleen sal vir jou later aan leer wat om te doen.

Om mee te begin stel ek voor jy kyk so n week voor die tyd na die weer kanaal op DSTV of Google n webwerf of twee rakende die weer in jou omgewing vir die volgende week. Let op die barrometriese druk en ook die stand van die maan. Maak seker dat jy n skryf blok saam met jou neem en maak soveel aantekeninge as wat jy kan oor die weers kondisies tydens jou hengel sessies; dit is die sleutel tot baie dinge wat tydens jou hengel sessie by die water gebeur.

WIND

Dit is altyd wys om n kompas by jou te he sodat jy die wind rigting wat voorspel is korrek op te som. Onthou dat Karp (in groot damme) baie maklik die wind volg en normaal weg in die tande van die wind gesoek kan word. Wind speel n baie belangrike rol in jou suksesse by die water, so let daarvoor op.

STAND VAN DIE MAAN

BARROMETRIESE DRUK

Barrometiese druk kan n effek op die etenstye van Karp he, so let op na n dalende of stygende druk, albei kan goeie resultate oplewer. Lugdruk wat vir n dag of wat onveranderd bly is gewoonlik nie goed vir goeie resultate nie (hoog of laag), maar hierdie reslutate kan verbeter hoe langer die lugdruk stabiel bly. Sielike veranderinge in die lugdruk het gewoonlik n onmiddelike uitwerking op die vis se aptyd en aktiwiteit.

JOU VOER PLAN

Gemeet teen jou bevindinge hierbo is daar drie pertinente voer patrone wat gevolg kan word en ek gaan begin by die Monster Karp metode wat deur n sekere Ardi Veldkamp vervolmaak is. Sy resultate in Europa spreek vanself en daarom het ek geen probleem om sy benadering en die van ander hengelaars sso Tim Paisley, Steve Briggs, Rob Hughes, Alijn Danue, Ronnie de Groot en one eie Hennie du Preez op skrif te plaas nie.

MUIS VALLETJIE - Die benadering hier is om n stuk water soos in my vorige artikel te neem en te gebruik. Plaas n merker op die buitekant van die plato area (een op elke hoek, so 4 merkers is hiervoor nodig) en neem 1kg Tiger Nuts, 1kg Lupins en 1kg Kaboem mielies (deeglik gekook en voor berei) en sprinkel die hele area baie liggies sodat jy nog ten minste 1/3 daarvan oor het na jy die hele area deur gewerk het. Hierdie benadering maak die vis baie gevrustreerd aangesien hulle baie moet rondsoek na iets te ete, soveel so dat hulle alle inhibisies tuis laat en baie maklik met n hoekaas en n PVA sakkie gevang kan word. Hierdie metode moet gevolglik met n kanoe of opblaas boot gedoen word, maar behalwe vir die feit dat jy vreeslik min voer hiervoor benodig kan ek bevestig dat van die grootste karp in die wereld al hiermee gevang is.

INTENSE VOER STRATEGIE - Hierdie strategie word baie in die kompeterende fasset van Karp hengel gebruik, maar kan ook baie suksesvol in sosiale hengel toegepas word. Ons begin deur n merker in die middel van ons gekose teiken gebied te plaas en konsentreer dan die voer so naby aan hierdie merker. Die idee is om die vis vinnig in te trek op die voer, maar ons hengel nooit op die voer nie. Omdat die kleiner vis altyd eerste op so n voer kol in beweeg, posisioneer ons ons hoek ase agter en aan die kante van hierdie gekonsentreerde voer kol. Ons bou hierdie kol oor n tydperk van twee tot drie dae op die volgende manier: DAG 1: Ons plaas 500 vars voerballe, 1000 harde Voerballe, 10kg Kaboem mielies, 10kg klip harde boilies en 5kg Tiger Nuts op die kol. DAG 2: Ons voer eers dan weer 24 uur later deur 1500 Harde Balle, 10kg boilies en 10kg mielies in te gooi. Daardie selfde middag teen 17h00 gooi ons weer 1000 balle, 5kg boilies en 5kg kaboem mielies op die kol. DAG 3: Op dag drie herhaal ons gewoonlik dag 2 se hoeveelhede en van hier af voer ons drie of vier balle na elke 2 of drie vis. Teen nou is die pen vuur warm en kan ons maklik die totale gewig vis tot nou gevang in die volgende 12 uur verdubbel. Dit is n duur manier van voer, maar n ongelooflike suksesvolle een.

MIN MAAR GEREELD Hierdie manier van voer is veral baie gewild in Europa, maar voorwaar n baie effektiewe een inderdaad. Die idee is om so 10 20 Super Cast voerballe op jou merker te skiet gevolg deur so half dosyn Spods met n mengsel mielies, Tigers en hemp saad (alles mooi noukeurig voorberei) ook op die merker. Daarna volg jy met 2 voerballe elke 30 minute gevolg deur 2 Spods direk daarna. Hierdie metode word deur die hele verloop van jou hengel sessie gevolg en kan vorrwaar goeie reultate oplewer.

Die bogenoemde metodes is nie die alfa en omega nie, maar is bedoel om jou opsies te gee om te volg. Daar is ongelukkig geen vervanging vir ondervinding nie en hierby vra ek dat jy elkeen van hierdie metodes wat jou aangaan op die proef sal stel en seker maak dat jy aantekeninge maak van alles soos hierbo genoem. Jy sal op een of ander stadium jou eie goue middeweg vind en jou suksesse sal met tyd volg.

Onthou om daadie ou grotes wat jy vang mooi te handteer en weer hulle vryheid te gee.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.