GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Firma beboet wat vlei uitmyn
by Elise Tempelhoff
10 December 2012
MORE ARTICLES

2012-12-09 22:05

Vunene Mining is Vrydag in die streekhof in Ermelo met R3 miljoen beboet omdat hy ’n deel van ’n vlei in die Vaalrivier se opvangsgebied buite dié dorp uitgemyn het.

Vunene moet ook die vlei en die versteurde gebied langsaan “rehabiliteer”.

Bertus Venter, verteenwoordiger van Vunene, het Vrydag erken die myn het van 26 Februarie 2007 tot 7 Desember 2012 op die plaas Jan Hendriksfontein onder meer binne-in ’n vlei by die Witpuntspruit, sytak van die Vaalrivier, vir steenkool gemyn.

Venter het ook erken Vunene het die omgewing beskadig deur dinamiet in die gebied te skiet, bogrond te verwyder en natuurlike plantegroei uit te roei.

Luidens ’n pleitooreenkoms tussen die staat en Vunene moet die boete tussen vier organisasies verdeel word.

Die mynhuis moet R750 000 aan die Environmental Protec­tion Association (EPA), ’n burgerlike organisasie van Ermelo, betaal wat ’n deel van die ondersoekwerk teen die mynhuis gedoen het.

Dié geld moet teen 15 Januarie in die EPA se bankrekening inbetaal word.

Charles Lloyd, staatsaanklaer van Ermelo, het met Vunene ooreengekom dat R1,5 miljoen aan die Mpumalanga-parke en toerisme-agentskap (MPTA) se streekkantoor in Ermelo betaal moet word.

Die geld moet teen 28 Februarie in dié agentskap se rekening inbetaal word.

Vunene moet voorts teen einde Maart R500?000 aan Werk vir Vleilande (WvV) oorbetaal.

WvV moet met dié geld navorsing doen oor die stand en verspreiding van vleilande in Suid-Afrika. Vunene moet ook R250 000 voor middel-Januarie aan die dierewelsynsorganisasie Ermelo Animals Rescue Services (EARS) betaal.

Die EPA het in 2010 klagte by die polisie in Ermelo teen Vunene aanhangig gemaak omdat die mynhuis die vlei gemyn het.

Lloyd het gesê Vunene moet die vlei “rehabiliteer” deur ’n vleilandkundige, ’n veenkundige en ’n akwatiese spesialis aan te stel.

Dié kundiges moet kwartaalliks verslae oor die vordering met die rehabilitasie van die vlei en die res van die versteurde gebied aan die kantoor van die staatsaanklaer voorlê.

Dit is die tweede mynhuis wat vanjaar ’n pleitooreenkoms met die staat aangaan en die tweede myn waar die EPA by die ondersoekwerk betrokke was.

Anker Kole is in Oktober met R4 miljoen beboet weens sy onwettige mynbedrywighede, ook in die Vaalrivier se opvangsgebied. 



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.