GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Olieramp dreig by Ogies - S word olie gemonitor
by Francois Williams
18 April 2013
MORE ARTICLES

2013-04-18 05:27

African Exploration (AE), die staat se eie mynboumaatskappy, het miljoene ton olieslyk buite die ondergrondse oliebergplek in die ou mynskagte by Ogies in Mpumalanga gevind.

Daar is in die bergplek self ingeboor en op nog n groot hoeveelheid olieslyk afgekom, s Sizwe Madondo, uitvoerende hoof van AE. Daar is 55 miljoen ton olieslyk buite die Ogies-mynskagte en in die skagte self is ng 44 miljoen ton.

Hy het voor die parlementre portefeuljekomitee oor energie ges AE werk met die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) saam om die omgewingskade te bepaal en te probeer vasstel waarheen die olie beweeg. Die Universiteit van die Witwatersrand is ook betrek.

AE wil steenkool in die Ogies-omgewing asook by Klippoortjie ontgin. Daar is nog twee oliebergplekke by Klippoortjie.

Die Ogies- en Klippoortjie-oliebergplekke dateer van die apartheidsera toe die vorige regering ruolie opgegaar het om sanksies te omseil.

Bheki Gila, hoof van die strategiese brandstoffonds (SFF), wat die olie-opgaarplekke by Saldanha, Milnerton en Ogies bestuur, s dit is onseker of die olie bruikbaar is en of dit die watertafel besoedel het.

Ons sal dit nie olie noem nie. Dit is slyk gemeng met kookssteenkool en n klomp ander goed. As daar ander partye is wat dink hulle kan kommersile waarde daaruit kry, wens ek hulle alle sterkte toe.

Die SFF is daarvoor verantwoordelik om oliebesoedeling by Saldanha, Milnerton en Ogies te verhoed.

Lance Greyling, parlementslid van die OD en lid van die energiekomitee, s die olieslyk is al jare daar en die vraag is wat die SFF daarmee gaan doen. Sy vraag of dit op tender verkoop gaan word, is nie in die komitee beantwoord nie. Greyling meen dis n omgewingsramp in die kleine.

Madondo s AE het n lening van R240 miljoen by die Sentrale Energiefonds (SEF) wat hy moet terugbetaal. Die groep mik om in die lopende boekjaar 1,5 miljoen ton steenkool te ontgin.

* Gila s die SFF beplan om die olie-opgaartenks by Milnerton op te knap. Daar is 39 tenks wat elk 200 000 vate olie kan hou, maar net twee word tans gebruik. By Saldanha is 6 tenks wat elk 7,5 miljoen vate olie kan hou. Die Milnerton-tenkplaas is verlede jaar tot nasionale sleutelpunt verklaar.

Die SFF oorweeg dit om grond te koop om ekstra opgaartenks vir strategiese brandstofreserwes te bou. Saldanha se tenkplaas sal ook uitgebrei word.

Van die SFF se uitdagings is volgens Gila onder meer die ho vragtariewe wat Transnet by die Saldanha-hawe hef vergeleke met die veel laer of geen tariewe by internasionale hawens, die probleme vir olietenkskepe om in slegte winterweer by Saldanha vas te meer, die beperkings om snags daar vas te meer en wisselende oliepryse.

Sake 24

Ogies: S word olie gemonitor

Deur: Francois Williams
2013-04-19 05:35

Die Ogies-olieopgaarplek in Mpumalanga het ISO 140001-sertifisering vir omgewingsbestuur en daar is nie sprake van grootskaalse besoedeling nie, s Hammie Lategan, n spesialis in mynbou-omgewingsbestuur.

Vier uitgewerkte steenkoolmyne naby Ogies is in die apartheidsera omgeskep in n olie-opgaarplek vir strategiese olievoorraad. Die Strategiese Brandstoffonds het die meeste olie sedert 1998 uitgepomp en verkoop.

Lategan s daar is boorgate om die opgaarplek om lekkasies te kan vasstel.

Watermonsters word gereeld geneem en deur die WNNR en die departement van waterwese getoets, en die resultate lyk baie goed.

Water word gereeld uitgepomp om die vloeistofvlak onder in die myne onder di van die watertafel te hou om besoedeling te verhoed. Wanneer die vlak soveel daal dat by die olie uitgekom word wat bo op die water dryf, word die olie in tenkwaens gepomp en vir herverwerking weggestuur.

Die slik of olielaag kan nie die grondwater besoedel nie omdat dit laer as die grondwatervlak is. Al die water wat uitgepomp word, word gesuiwer en in verdampingsdamme gelaat.

n Vorige werknemer by die Ogies-aanleg s die WNNR het verlede jaar ekstra boorgate gesink wat tweeweekliks getoets word. Die ander boorgate word maandeliks getoets.

n Kontrak met Mogs (Mining Oil and Gas Services) vir die verwydering en verwerking van olie-slyk is verlede jaar gekanselleer. Dit was n ekstra inkomste vir die Strategiese Brandstoffonds. n Nuwe tenderproses word nou beoog.

* Sake24 het Sizwe Madondo, uitvoerende hoof van African Exploration, die staatsmynmaatskappy, gister verkeerd aangehaal in die berig Olieramp dreig by Ogies.

Madondo het verwys na 55 miljoen ton steenkoolreserwes wat hulle hoop om by die Vlakfontein-myn, een van die ou olie-opgaarplekke by Ogies, te myn en nie na olieslyk nie.

Die 44 miljoen ton binne die opgaarplek verwys na die geraamde steenkoolreserwes wat hulle daar gevind het en nie na olieslyk nie.

Madondo het ges hulle het nie enige olie in die opgaarplek self gekry nie. As hulle wel van die oorblywende olie kry, sal hulle die Strategiese Brandstoffonds vra om eers die olie te verwyder voordat hulle die steenkool kan ontgin.

Volgens Madondo gaan hulle volgende maand ook by Klippoortjie, n ander myn waar twee olie-opgaarplekke was, boor om die steenkoolreserwe te bepaal. Sake24 vra om verskoning vir die fout.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.