GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Besoedeling van Olifantsrivier hou gevaar in
by News24
28 May 2013
MORE ARTICLES

http://m.news24.com/nuus24/Sci-tech/Nuus/Besoedeling-van-Olifantsrivier-hou-gevaar-in-20130528

2013-05-28 11:56

Johannesburg – Die ernstige besoedeling van die opvangsgebied van die Olifantsrivier hou ’n groot risiko vir die voortbestaan van Suid-Afrika se kosmandjie en veral vir menslike gesondheid in, berig Beeld.

Sowat 30 wetenskaplikes van die WNNR, die Universiteit van Pretoria en van Stellenbosch, die departement van waterwese en die Mpumalanga-Parke-en-Toerisme-Agentskap (MPTA) het saamgewerk aan die Bo-Olifantsrivierstudie, die mees intensiewe wat nóg in die Olifantsrivier se opvangsgebied en die Loskopdam gedoen is.

Dr. Paul Oberholster, varswaterwetenskaplike van die WNNR en projekleier, het bevind dat die water in die opvangsgebied van die Olifantsrivier by Middelburg, eMalahleni (Witbank) en Delmas is so besoedel dat dit ’n onaanvaarbaar hoë risiko vir watergebruikers inhou.

Die rivier is onder meer met rioolafval, suur mynwater, nywerheidsafval en onkruid- en insekdoders besoedel, sê die navorsers.

Sewe patogene is in die water gekry, waaronder giardia, cryptosporidium, salmonella en norovirus.

Die navorsers het bevind die uiters hoë vlakke van e.coli in die rivier kom van rioolsuiweringsaanlegte wat nie in ’n werkende toestand is nie. Op sommige moniteringspunte in die rivier naby dorpe en nedersettings was die e.coli-telling meer as 1 000 eenhede per milliliter water.

Die WNNR se studie het in 2009 op aandrang van die Olifantsrivierforum begin. Die meeste lede is boere wat bekommerd is oor die watergehalte van die Loskopdam en die res van die opvangsgebied van die Olifantsrivier.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.