GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Hidrobreking: Regering wil Karoo-water só beskerm
by www.sake24.com
04 September 2013
MORE ARTICLES

Die regering wil hidrouliese breking tot ’n “beheerde bedrywigheid” laat klassifiseer ingevolge die Nasionale Waterwet.
’n Kennisgewing van dié voorneme is in die Staatskoerant gepubliseer, het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, Dinsdag in Pretoria gesê.
Dit beteken dat hidrouliese breking ’n “watergebruik is en dus ’n watergebruikslisensie vereis”.
Die kennisgewing is op 23 Augustus gepubliseer en 60 dae word vir openbare kommentaar toegelaat.
Molewa sê objektiwiteit is oor hidrobreking nodig. “Ek wil so objektief moontlik bly ten einde die beste meganisme te vind om die land vorentoe te neem sonder dat ons waterbronne beskadig word.
“Ek wil hê wat die beste is vir Suid-Afrika, veral vir ons waterbronne en omgewingsake.”
Molewa sê “alle voorsorgmaatreëls word getref om te verseker dat die moontlike uitwerking van hidrobreking op ons water versigtig, versigtig, bestuur en beperk word.”
Die kabinet het verlede jaar die moratorium op aansoeke om eksplorasie-lisensies vir skaliegas deur middel van hidrobreking opgehef. Eksplorasie in die Karoo sal moontlik reeds voor die 2014-verkiesing gemagtig word, het dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, in Augustus gesê.
Die Alliance Against Fracking in SA meen wetgewing is onvoldoende om die bedryf te reguleer.
Die Treasure Karoo Action Group sê die regering maak grootliks staat op navorsing wat in opdrag van die departement van minerale bronne gedoen is en dit skiet te kort.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.