GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Suur mynwater: drinkbaar met TUT-patent
by www.sake24.com
16 September 2013
MORE ARTICLES

Deur: Jan de Lange
2013-09-15 05:00
Johannesburg. n Nuwe proses waarmee suur mynwater tot drinkwater gesuiwer word en kommersile neweprodukte daaruit geproduseer word, is deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in die VSA gepatenteer.

Die magnesium-barium-hidroksied-proses (MBO) is n kostedoeltreffende oplossing vir die land se reusagtige suurmynwaterprobleem, s prof. Jannie Maree, hoof van die Rand Water-leerstoel vir waterbenutting aan die TUT onder wie se toesig die navorsing gedoen is.

Die proses is ten volle in laboratoriums getoets en bewys. Dit kan die proses vervang wat AngloCoal en BHP Billiton by Emalahleni in Mpumalanga gebruik, want dit is heelwat goedkoper.

Die Anglo-Billiton-aanleg gebruik n dubbele osmose-proses waarin water deur dubbele membrane gepomp word en word deur die twee mynreuse gesubsidieer om drinkwater vir Witbank te produseer. Dit is egter duur en nie self-betalend nie.

Die MBO-proses produseer gips wat dan in n termiese proses tot swael verwerk word wat n kommersile aanwending het. Suid-Afrika voer meer as 1 miljoen ton van di swael per jaar in. Dit kos hom minstens R2 miljard per jaar, s Maree.

Suur mynwater is n enorme probleem in Suid-Afrika. n Kitsoplossing word op die oomblik op staatsonkoste deur die Transkaledoniese Tonnelowerheid (TCTA) aan die Oos- en die Wes-Rand gemplementeer. Di plan neutraliseer bloot die suur in die suur mynwater wat sedert 2003 aan die Wes-Rand uitborrel uit vervalle ondergrondse myngange in n tempo van 75 megaliter per dag. Hiervan sal 57 megaliter per dag uiteindelik in die sentrale kom beland.

Die TCTA bou neutraliseringsaanlegte by Krugersdorp en Germiston wat die suur in die water sal neutraliseer en swaar minerale gedeeltelik verwyder. Die water moet dan in die omgewing uitgepomp word en beland uiteindelik in die Vaalrivier-stelsel, maar dit bevat steeds skadelike soute.

Die MBO-proses is n verbetering op die ABC-proses wat vier jaar gelede deur die mynbedryf as n oplossing voorgestel is en aanvanklik geesdriftig deur die regering ontvang is. Dis egter nooit toegepas nie weens verdagmakery deur die omgewingsaktivis Tony Turton.

Dit het meer as n jaar later aan die lig gekom dat Turton belange het in alternatiewe tegnologie wat besoedelde mynwater verwerk tot water wat vir landbou gebruik kan word, maar nie drinkbaar is nie. Die ontwikkeling van Turton se tegnologie, wat as Trailblazer bekend staan, was ook ver agter by die destydse ABC-proses. Dis in Suid-Amerika ontwikkel.

Maree s water wat uit steenkool- en goudmyne verkry is, is in die laboratoriumtoetse met groot sukses gesuiwer. n Oond moet gebou word vir die termiese gedeelte van die proses waarin gips, wat as n neweproduk uit suiwering geproduseer word, tot swael verwerk word. Die swael het kommersile gebruike.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.