GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Rioolsaak: Min stappe glo gedoen, hoor hof
by Volksblad
03 October 2013
MORE ARTICLES

TOM DE WET
Woensdag 02 Oktober 2013

WELKOM. – Die Matjhabeng-munisipaliteit het reeds in 2004 van die departement van waterwese en bosbou kennis gekry dat met die stukkende rioolsuiweringsaanlegte verskeie wette oortree word.
Sam Dywili, assistentdirekteur van dié departement, het gister voor landdros Johan Bosch hier getuig, volgens skrywes het die munisipaliteit geen of weinig stappe gedoen om die saak reg te stel nie.
Drie vorige munisipale bestuurders van Matjhabeng en drie lede van ’n tenderkomitee staan tereg op aanklagte van die besoedeling van waterbronne. Hulle ontken skuld.
Die eerste klaer het aanvanklik klagte van poging tot moord teen die beskuldigdes ingedien.
Dywili, wat in 2004 ’n waterbesoedelings-beheerbeampte in die departement was, het getuig dat hy ná inspeksies self aan die munisipaliteit ’n skrywe oor die stukkende rioolsuiweringsaanleg op Odendaalsrus gerig het.
Die aanleg was toe vir sowat ses maande reeds buite werking en ongesuiwerde riool is in die veld gepomp.
Luidens die notule van ’n vergadering wat in 2004 met die Sandvet-opvangsgebied se komitee gehou is en wat Dywili bygewoon het, is verskeie omgewings- en waterwette deur die plaaslike regering oortree.
“Die situasie met rioolbesoedeling in Matjhabeng, het ’n groot impak op ons skaars waterbronne in die land.”
Verskeie klagtes van boere was toe ook reeds deur die departement ontvang.
Die beskuldigdes, wat die betrokke tyd verskillende poste beklee het, is Johannes Motseki (waarnemende munisipale bestuurder), dr. Benny Malakoane (munisipale bestuurder), dr. Dimakatso Moorosi (waarnemende munisipale bestuurder), Maria Tshabangu, Sello Noniso en Vuyo Adonis.
Laasgenoemde drie het ’n tender van sowat R11 miljoen aan ’n kontrakteur toegestaan, terwyl hulle geweet het en gewaarsku was dat hy nie bevoeg is om die werk te doen nie.
Hy is later van die onvoltooide terrein weggejaag nadat hy reeds R5 miljoen ontvang het.
Lindiwe Hendricks, destyds minister van waterwese en bosbou, het in 2008 reeds weens die stukkende rioolaanlegte in Matjhabeng ’n direktief aan die munisipale bestuur beteken.
Adv. Antoinette Ferreira kla aan en adv. Johan Nel en adv. Willem Edeling verskyn vir die beskuldigdes.
Die verhoor is vir bykans ’n maand op die hofrol.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.