GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Natuurramp by Kimberley skok
by Sharne Kemp - Volksblad
05 December 2013
MORE ARTICLES

KIMBERLEY. Te min word hier gedoen vir die honderde flaminke en ander watervols wat daagliks in Kamfersdam vrek.
Dit is n absolute natuurramp waarvan die uiteinde onbekend is, het Herbert Booth, n plaaslike boer, geskok ges.
Die oorsaak van die vrektes is nie bekend nie, maar die Save the Flamingo-organisasie, inwoners en ekolo glo dit is grootliks die swak watergehalte van die Sol Plaatje-rioolaanleg (ten spyte van n opgradering van miljoene rande), wat te blameer is.
Afvalwater wat na bewering gesuiwer is, word daagliks in die dam gepomp.
Sedert die eerste koerantberigte bykans drie weke gelede verskyn het, was daar volgens ingeligtes nie veel optrede van die munisipaliteit of provinsiale departemente nie.
Karkasse en vols wat besig is om te vrek, soos kopereende en teeleende, het eergister en gister aan die noorde- en westekant van die dam gel. Tientalle verlamde flaminke en flaminke wat besig is om te vrek, sowel as flamink-karkasse, is ook by die suidekant naby die Homevale-rioolaanleg aangetref.
Dr. Jan Roos, n onafhanklike water-ekoloog, reken duisende vols het reeds die afgelope drie weke gevrek en die getalle styg steeds.
Daar is meer karkasse naby die aanleg weens die konsentrasie besoedeling waar die sogenaamde gesuiwerde water uitgepomp word.
Hy het watermonsters rondom die dam geneem en gaan biologiese en chemiese toetse doen. Die suurstofkonsentrasie was baie hoog en uiters alkalies. Hy sal ook toets vir metale, E.coli en fekale koliforme, wat van riool afkomstig is. Die water is baie groen weens n ho alg-konsentrasie. Die blougroenalg (Arthrospira) wat die flaminke eet, gedy in die voedingstofryke water.
Dr. McDonald Gayakaya, staatsveearts van die departement van landbou, het Dinsdag dooie karkasse en vols wat besig is om te vrek geneem om te ondersoek en bloedmonsters te neem. Hy vermoed dit is n bakteriese infeksie.
Tanya Anderson, van die Save the Flamingo-organisasie, meen die oorsaak van die vrektes kan dalk botulisme-vergiftiging (erge voedselvergiftiging) wees.
Dit is altyd teenwoordig, maar as die watergehalte swak is, is die teelaarde beter. Diere kan dit inkry as hulle aan karkasse vreet of die water drink.
Sy is al radeloos met die munisipaliteit se laksheid.
Die onderhoud van die aanleg is nie goed nie, daarom is die watergehalte erg wisselvallig.
Booth, op wie se plaas die dam gele is, is hartseer oor die dooie vols.
Dit is n ramp wat deur menslike nalatigheid veroorsaak is. Jare gelede is gesuiwerde water ingepomp om ons watervols te lok. Nou vrek hulle. Die dam is nou n rampgebied.
) Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, s daar is geen inligting oor hoekom die vols vrek nie.
Ons beskou dit as uiters belangrik om uit te vind wat die oorsaak is. Dit raak meer ernstig as menselewens bedreig word.
Ons personeel neem gereeld monsters van die water. Een van die probleme is dat vloedwater ook in die dam gepomp word, wat n risiko vir die ekologie is. Die dooie vols is op verskillende plekke gevind en ons wag vir die uitslae van die toetse voordat ons verdere stappe doen.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.