GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Kamfersdam en sy flaminke op pad na herstel
by www.volksblad.com
11 March 2014
MORE ARTICLES

CHARN KEMP
Maandag 10 Maart 2014

KIMBERLEY.  N vele maande se negatiewe nuus oor die gehalte van die water in Kamfersdam, is daar nou hoop.

AfriForum het die Sol Plaatje-munisipaliteit gister gelukgewens met die verbetering van die gehalte van die water wat uit die Homevale-rioolaanleg in Kamfersdam gepomp word.

Kobus van den Berg, plaaslike voorsitter van AfriForum, s hulle het gesien water word nie meer op groot skaal in die Kamfersdam gepomp nie. Die watervlakke is besig om te daal en die broei-eiland vir flaminke is weer oop. Dit is die mensgemaakte eiland waarop die vols altyd gebroei het voordat dit onder die water verdwyn het.

Daar is nog besoedelde water wat voorheen ingepomp is. Volkome rehabilitasie sal tyd neem, maar die vordering is reeds sigbaar. Dit is verblydend dat die munisipaliteit die probleem wil oplos.

Voorheen is verskeie prosesse in die rioolaanleg nie gevolg nie. Die aanleg het ook nie die kapasiteit gehad om al die riool te hanteer nie, s Van den Berg.

Kamfersdam is een van die min flamink-teelgebiede in Suid-Afrika.

Die gebied om die dam het plek-plek in n stink moeras verander wat nadelige gevolge vir mens en dier ingehou het. Flaminkgetalle het drasties afgeneem en Transnet moes selfs sy treinspoor naby die N12-roete versterk.

Die munisipaliteit het intussen baie geld bestee om die rioolaanleg te herstel. Met AfriForum se nasionale Blou-en-Groendruppel-takprojek is 120 dorpe se drink- en rioolwater getoets. AfriForum het toe besef die pompe by die aanleg werk weer.

Ingeligtes s die raad het bekwame amptenare aangestel wat die aanleg voortdurend monitor en toesien dat die regte prosesse gevolg word. Die chloorprosesse, wat sedert Januarie gebruik word, verseker dat die rioolwater nou korrek behandel word.

Herbert Booth, wat langs die dam boer, s hy kan sien die watergehalte het verbeter. Die eiland is al meer sigbaar omdat die watervlakke daal. Die watervols gaan rus reeds op die platform. Hy reken die eiland sal binne twee weke heeltemal uitsteek.

Die eiland is jare gelede deur Mark Anderson, bekende in bewaringskringe wat toe by die departement van natuurbewaring gewerk het, en skenkers gebou sodat die kleinflaminke kan broei.

Sello Matsie, munisipale woordvoerder, s hul watergehalte is goed.

Ons verkoop reeds jare ons gesuiwerde water aan diamantmyne. Baie van die water word ook nou weggepomp van Kamfersdam na n pan naby Langleg. Al ons masjiene en pompe werk perfek. Die opgaardamme is ook skoon- en reggemaak. Ons het oor n paar jaar baie geld bestee en is tevrede dat die aanleg goed funksioneer. Ons sal dit ook so hou.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.