GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
E. coli in water: Hofstappe kan volg
by Sake24.com
18 March 2014
MORE ARTICLES

HELÉNE CILLIERS
Maandag 17 Maart 2014


Die Douglas-dam naby Ermelo, wat in die Msukaligwa-munisipaliteit in Mpumalanga val. 42 munisipaliteite kan vervolg word weens besmette water. Foto: Herman Verwey
Pretoria. – Minstens 42 munisipaliteite gaan aanmaningsbriewe kry en munisipale bestuurders kan moontlik strafregtelik vervolg word omdat die bakterie E. coli in drink- of afvalwater gevind is.

Kragtens die waterwet is besoedeling ’n strafregtelike oortreding, sê Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake van AfriForum.

AfriForum het pas met sy eie “blou- en groendruppel-projekte” ’n ondersoek afgehandel na die stand van munisipaliteite se drink- en afvalwater.

Die departement van waterwese het dié projek gekritiseer en gesê die soort toetse wat AfriForum gebruik, is onvolledig.

AfriForum sê egter plaaslike owerhede en die media was by toe die watermonsters geneem is. Die monsters is by onafhanklike laboratoriums getoets wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (Sanas) geakkrediteer is.

Volgens die verslag oor die “bloudruppel”-toetse voldoen 11 munisipale takke of dorpe van die 114 wat getoets is, nie aan die Sanas-standaarde vir drinkwater nie. Dit bepaal dat daar geen E. coli in drinkwater mag wees nie.

Die munisipaliteite waar E. coli in drinkwater voorkom, is Elliot, Kou-kamma, Groblersdal, Polo­kwane, Secunda, Mafikeng, Co­ligny en Vryburg.

In Hertzogville en Stella kom E. coli én hoë vlakke van ni­traat in drinkwater voor. Machadu se drinkwater bevat onaanvaarbare vlakke van kadmium (dit is ’n giftige metaal wat dikwels by nywerhede voorkom) en Witbank s’n bevat organiese koolstof, terwyl Delareyville se water hoë vlakke van nitraat bevat. 

Nitrate kom dikwels in grondwater op die platteland voor weens bemestingstowwe en kan ’n aanduiding wees van die voorkoms van ander skadelike bakterieë of plaagdoders.

Vir die “groendruppel”-projek is die behandelde rioolwater van 100 dorpe getoets.

Daar word nog gewag op die uitslag vir 19 dorpe en vier se resultate is verwerp omdat die laboratoriums nie die monsters binne die gespesifiseerde tyd ontvang het om akkurate biologiese metings te kon doen nie.

Uit die 76 gebiede waar toetse suksesvol uitgevoer is, voldoen die behandelde rioolwater van 33 nie aan nasionale standaarde nie. Dit besoedel natuurlike waterbronne wat ’n bedreiging is vir die gesondheid van plaaslike gemeenskappe asook gemeenskappe stroomaf, voedselsekerheid en die gesondheid van die ekostelsel, volgens AfriForum.

Die E. coli-vereiste vir behandelde rioolwater is minder as 1 000 eenhede per 100 ml water.

In drie gebiede, Bela-Bela, Mookgophong en Hartbeespoort, was die telling meer as ’n miljoen eenhede en vir die ander dorpe het dit gewissel van tussen 1 300 en 690 000 eenhede.

Dié dorpe en gebiede is Apiesriviervallei, Amanzimtoti, Bothaville, Brandfort, De Mond (Hermanus), Ermelo, Heidelberg (Gauteng), Hercules, Kathu, Klerksdorp, Ladismith, Langberg, Lichtenburg, Joubertina, Magaliesburg, Modimolle, Parys, Petrus Steyn, Phalaborwa, Potgietersrus, Scottburgh, Silverton, Springbok, Springs, Upington, Volksrust, Vredenburg, Witbank en Mafikeng.

AfriForum stel voor dat huidige waterowerhede hersien, personeel herstruktureer en ’n deeglike ondersoek gedoen word na die moontlikheid om water- en riool-infrastruktuur te privatiseer.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.