GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Kniediep in riool, sou dinge skeefloop
by Deur: Francois Williams
25 May 2014
MORE ARTICLES

Rapport 2014-05-24 20:39

Suid-Afrika is dieper in die bollie as wat hy wil glo en dit is letterlik.
Dr. Steve Mitchell en Adri Venter, konsultante van Eon Consulting, waarsku die slegte toestand van meer as die helfte van Suid-Afrika se munisipale watersuiweringswerke hou n groot maatskaplik-ekonomiese en omgewingsrisiko in.
n Groen Druppel-studie van 2012 toon meer as die helfte van die 821 munisipale rioolwerke in die land is in n kritieke of baie swak toestand. Die 317 (of 38,6% van die totaal) wat in n kritieke toestand is, is bykans buite werking, s Venter.
Net 4,9% of 40 van die rioolwerke meestal in die groot metropolitaanse gebiede in Gauteng en die Wes-Kaap voldoen 90% tot 100% aan die Groen Druppel-sertifiseringstelsel se kriteria.
Mitchell s die meeste rioolwerke se infrastruktuur is oud en word nie onderhou nie of daar is nie genoeg geld om dit op te knap nie. Daar is n reuse-agterstand met toerusting wat vervang moet word.
Venter s sommige munisipaliteite het n geweldige vaardigheidstekort en beperkte hulpbronne. Riool kom byvoorbeeld 24 uur van die dag by die watersuiweringswerke aan, maar munisipaliteite sukkel om skofstelsels in te stel sodat daar 24 uur van die dag iemand is wat die werke beman. Mense hou nie vyfuur die middag op om hul toilet te trek nie.
Verskeie goed kan skeefloop. Die sif by die invloei van die werke kan verstop raak waar toiletpapier en ander voorwerpe vashaak, pompe kan onklaar raak of n aanleg wat ontwerp is om 5 megaliter per dag te hanteer, kan weens n renstorm skielik 20 megaliter ontvang.
Daagliks kom daar 5258 megaliter riool by die land se watersuiweringswerke aan.
Rioolprobleme is dikwels onsigbaar. Mense gaan nie almal skielik dood daarvan nie, maar die probleme ontstaan in gevalle waar mense sonder toegang tot veilige drinkwater siek word van die water wat hulle drink, s Venter.
Mitchell wys op die enorme ekonomiese impak wat swak watersuiwering inhou. Met rou riool wat in n stadium by die Loskopdam naby Groblersdal ingeloop het, het dit 30 000 mense se werk en R100 miljoen se inkomste uit landbou-uitvoer bedreig omdat gewaarsku is die Europese Unie kan weier om hul landbouprodukte te aanvaar weens besoedelde besproeiingswater.
Eon Consulting het n bestuursprogram ontwikkel waarmee watersuiweringswerke hul risiko kan bestuur en proaktief teen probleme kan optree.
Die program is sedert verlede jaar by verskeie suiweringswerke ingestel, en sodra die resultate van verlede jaar se Groen Druppel-studie bekend is, sal n mens kan sien of dit al n verskil kon maak aan die gehalte van watersuiwering.
Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van waterwese, het by navraag ges hoewel die Groen Druppel-studie vir 2013 na sy wete al voltooi is, sal dit na verwagting eers bekend gemaak word nadat die nuwe kabinet aangewys is.
n Kenner in die ingenieursbedryf wat nie sy naam wou bekend maak nie, bespiegel die regering wil nie die 2013-studie bekend maak nie omdat dit dalk nie goeie nuus het vergeleke met 2012 sn nie.
Die kenner s die ho vereistes vir die gehalte van behandelde water verg gesofistikeerde watersuiweringswerke waarvoor kundigheid nodig is om dit te bedryf.
Hoewel munisipaliteite by die regering kan aansoek doen om geld vir kapitaalbesteding aan rioolwerke, het hulle nie die kundigheid om dit te bedryf nie. Honderdmiljoene rande se kapitaal word dus bestee aan opgeknapte of nuwe rioolwerke, maar dis eintlik n swart gat, want as jy n jaar of wat later daar opdaag, het dit agteruitgegaan.
Hy meen die regering behoort toe te laat dat watersuiweringswerke geprivatiseer word. In baie gevalle moet die waterwerke net tot n werkende toestand herstel en dan onderhou word, en dit sal 60% of 70% van ons probleme oplos.
In rioolstraat
Verskeie rioolprobleme het oor die afgelope jaar of twee landwyd kop uitgesteek.
* In Leeudoringstad en Wolmaransstad in Noordwes loop riool in die strate af weens onvoldoende riool-werke.
* Riool het onlangs in die Moreletaspruit in Menlyn, Pretoria-Oos, beland omdat infrastruktuur nie kan byhou by die talle ontwikkelings in die gebied nie.
* Boere het verlede jaar gekla oor riool in van die riviere om Stellenbosch.
* In Jeffreysbaai het AfriForum die munisipaliteit verlede jaar aangedurf oor beweerde rioolbesoedeling. AfriForum het landwyd n veldtog teen swak rioolwerke en watergehalte.
* In Mthatha in die Trans-kei word rioolwater sonder behandeling in die Mthatha-rivier gepomp, s inwoners.

Bronne: Beeld, Die Burger en Rapport



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.