GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Mangaung se water dalk gou beperk
by Volksblad
30 June 2014
MORE ARTICLES

Raad vergader vandag oor besluit
MARIETJIE GERICKE
Maandag 30 Junie 2014

Metro se water
Stand van damme waar metro water kry:

Groothoekdam by Thaba Nchu 2,2%

Knelpoortdam 49,6%

Rustfonteindam 20,4%

Welbedachtdam 98,3%, maar is meer as 90% toegeslik.

Groothoekdam by Thaba Nchu 2,2%

Knelpoortdam 49,6%

Rustfonteindam 20,4%

Welbedachtdam 98,3%, maar is meer as 90% toegeslik.​

IN n benoude poging om waarskynlik n hooggeregshofsaak wat vir mre in die Vrystaatse hooggeregshof geskeduleer is, af te weer, gaan die Mangaung-metro dalk vandag die lang verwagte waterbeperkings instel.

n Sakelys om die metro se 99 raadslede in kennis te stel van n vergadering om 10:00 in die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein is Vrydag elektronies aan die raadslede gelewer nadat die vergadering glo Vrydag en Donderdag verskeie kere gerel en weer afgestel moes word.

Uiteindelik is besluit om wel vandag daarmee voort te gaan, het Volksblad betroubaar verneem.

Waterbeperkings is een van verskeie agendapunte vir die vergadering. E-posse oor moontlike waterbeperkings vir Bloemfontein is Donderdag en Vrydag oral in die stad onder inwoners versprei. Die raad gaan nou vra dat n vlak 2-waterbeperking, soos wat reeds deur die departement van waterwese in die Staatskoerant van 14 Maart afgekondig is, ingestel word, terwyl n vlak 3-waterbeperking eers geadverteer gaan word om die inwoners se mening te vra.

Verder sal die stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko, en die uitvoerende burgemeester, Thabo Manyoni, ook maatrels om water te bespaar, kan byvoeg.

Die Staatskoerant het op 14 Maart afgekondig dat die waterbeperkings toe al met onmiddellike effek ingestel moes gewees het, maar die Mangaung-metro het tot dusver hierteen geskop en ges hy sal eerder waterlekkasies herstel.

AfriForum vat die metro hof toe weens versuim om waterbeperkings in te stel, terwyl die stand van die streek se damme so laag is dat die metro later vanjaar sonder water gaan wees.

AfriForum het ook onlangs n volblad-advertensie in Volksblad geplaas om sy lede in kennis te stel van sy voorgenome hofsaak teen die metro.

CW Els, Vrystaatse provinsiale kordineerder van AfriForum, s hy het gehoor van die metro se planne om vandag waterbeperkings in te stel. Hul planne lyk nie vir ons streng genoeg nie. Ons sal steeds met ons beplande hofsaak Dinsdag (mre) voortgaan om strenger maatrels ingestel te kry, indien nodig.

Hy het ges groot kommer heers oor die vooruitsigte vir volhoubare waterverskaffing aan Bloemfontein nadat n onafhanklike ingenieursverslag aangedui het dat gedeeltes van die stad moontlik reeds in Augustus sonder water kan sit.

Volgens Els is die munisipaliteit ingevolge die Grondwet verplig om di kritieke hulpbron te reguleer en volhoubaar aan die gemeenskap beskikbaar te stel.

Els s die oorsaak van die probleem is tweeledig.

Hoewel dit n goeie renseisoen was, het die opvangsgebied minder as die gewone ren gekry. Dit het veroorsaak dat die watervlakke in opgaardamme heelwat laer is as wat dit veronderstel is om te wees.

Die ander probleem is die gebrekkige instandhouding en verbetering van infrastruktuur, onder meer pypleidings en pompe. Hoewel die munisipaliteit reeds miljoene rande bestee het, en nog meer daarvoor begroot het, is die infrastruktuur steeds nie voldoende nie.

Qondile Khedama, die metro se hoofbestuurder van kommunikasie, het tot dusver telkens ges hulle het kort-, middel- en langtermynplanne om te keer dat die stad se water opraak.

Khedama het nie Vrydag op navrae gereageer nie.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.