GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
VS sal gou water uit Lesotho kry
by Volksblad.com
11 July 2014
MORE ARTICLES

Provinsie droogste in SA, hoor kongresgangers
MARIETJIE GERICKE
Vrydag 11 Julie 2014


Op n waterkongres wat gister in Bloemfontein gehou is, was van links Pam Tshwete (adjunkminister van water en sanitasie), Ace Magashule (Vrystaatse premier) en Nomvula Mokonyane (nasionale minister van water en sanitasie). Foto: Maradine Whitehorn
WATER is gister van die Lesotho-Hooglandskema in die klein Caledonrivier losgelaat om tot in die Welbedachtdam te vloei om die waterkrisis in die Mangaung-metro te verlig.

Dit was te midde van n groot waterkongres in die Hotel President in Bloemfontein wat bygewoon is deur Nomvula Mokonyane, die nasionale minister van waterwese en sanitasie, haar adjunk, Pam Tshwete, die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en die uitvoerende burgemeesters en stadsbestuurders van die meeste Vrystaatse dorpe en stede.

Onder die groep was Thabo Manyoni, uitvoerende burgemeester, en Sibongile Mazibuko, stadsbestuurder, albei van die Mangaung-metro, asook verteen- woordigers van waterrade, watertegnici en -kenners.

Op die kongres is ges die Vrystaat is nou die heel droogste provinsie in die land met die grootste water- en sanitasie-uitdagings.

Daarom moet die nasionale departement van waterwese en sanitasie ingryp om onmiddellik die broodnodige radikale verandering te bring deur met die Vrystaatse provinsie saam te werk tot op munisipale vlak.

Op di manier sal die legio probleme van die sukkelende Vrystaatse munisipaliteite aangepak word.

Magashule het in n kort onderhoud ges die nasionale departement van waterwese en sanitasie het n oorsig van die waterdienste in die Vrystaat kom gee en ook na probleme geluister.

Die groot waterskaarste in die provinsie, met riviere wat opdroog en bykans le damme, vereis dat waterbeperkings op kort termyn ingestel word. Verbeterde waterverskaffing uit die Gariepdam en die Caledonrivier sal egter opgeskerp word.

Ons het vandag (gister) met die nasionale minister van waterwese en sanitasie beraadslaag sodat sy onmiddellik met pres. Jacob Zuma in verbinding kon tree sodat hy tussenbeide kon tree met onderhandelings tussen Suid-Afrika en Lesotho oor water uit die Katsedam.

Magashule het ges water van die Lesotho-Hooglandskema kan nie maar net verby die Vrystaat na Gauteng loop nie. Dit terwyl die provinsie nie water het nie.

Hy het ges daar gaan ook gekyk word na die koste van die water uit die Lesotho-Hooglandskema. n Vrystaatse munisipaliteit, Mafube, (Frankfort, Cornelia en Villiers), wat reeds van daardie water gebruik, het op die kongres gekla die water is baie duur en dat hulle eintlik nywerheidstariewe betaal. Mangaung moet meer water van die Gariepdam af kry en daarom is dit noodsaaklik dat daardie pypleiding gou gebou word, het hy ges.

Magashule het ook stadsbestuurders en burgemeesters gemaan om kundige mense by hul munisipaliteite aan te stel wat in staat is om dienste te lewer. Dit help nie julle stel n klomp politici aan met geen tegniese kennis of vaardigheid nie.

Manyoni het ges waterbeperkings gaan net vir n baie kort tydperk in Bloemfontein nodig wees, voordat die stad genoeg water sal h.

Hy het vroer vandeesweek op n vergadering ges die pypleiding van Gariepdam na Bloemfontein sal R2,94 miljard kos en dat omgewingsimpakstudies reeds gedoen word.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.