GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Riool-bom ruk vrou onder kar in
by Marietjie Gericke - Netwerk 24
02 October 2014
MORE ARTICLES

Chaos toe verteertenk ontplof

n Bloemfonteinse vrou is gelukkig om te leef, maar hul motor is afgeskryf in n stortvloed rou riool toe n verteertenk van die Bloemspruit-rioolplaas ontplof het. Sy is ook deur die geweld van die stortvloed onder die motor in geslinger.

Haar man is enkele meters verder letterlik onderdeur n roldeur van sy werkwinkel die gebou binnegedwing deur die krag van dieselfde riool-ontploffing.

Maandagoggend was ni net blou vir Johnathan Baldock (58) en sy vrou, Elize, by die rioolplaas waar Johnathan as ambagsman by die verteertenks vir menslike ontlasting werk nie.

Dit was n nagmerrie toe Elize gou vir Johnathan by sy werkplek wou aflaai en een van die tenks wat lek se boonste helfte ontplof en megaliters rou riool in alle rigtings gespuit het.

Dit was n ramp van epidermiese porporsies, soos oom Oubaas van 7de Laan sou s, meen die Baldocks, wie se motor, n Ford Ka (sonder die laaste K, vertel hulle), ook n dese nie meer daar is nie.

Elize s sy het aan die buitekant van die motor by die oop deur gestaan en nog vir haar man ges die dam lek, waarop hy geantwoord het: Ry, ouma, maar dit was te laat.

Ek was gou van kop tot tone in n stortvloed van rou riool toegevou, terwyl ek vir my lewe aan die binnekant van ons motor geklou het. Dit was angswekkende oomblikke, terwyl die stinkende rioolslik ook in my o, ore, neus n keel beland het.

Die Baldocks, van Besemboslaan 70, Pellissier, s die voorval het Maandag omstreeks 07:30 gebeur.

Johnathan s die betrokke tenk hou meer as 15 megaliter rourioolslik en bevat die eerste riool wat van die suiweringsaanleg kom.

Elize s haar skoene het ook verlore geraak.

Nadat ek uit die gemors gekruip het (sy het vier maande gelede n knievervanging gehad), was ek erg getraumatiseerd. My arms was potblou. Personeel het n ambulans ontbied, maar di het nooit opgedaag nie, s sy.

Ek het n warm stort op die rioolplaas gevat en personeel het vir my skoon klere gebring.

Johnathan s hy het ook gaan stort en skoon aangetrek, waarna hulle na die Life-Rosepark-hospitaal gebring is.

My vrou moet nou antibiotika drink nadat haar o, ore, neus en keel behoorlik uitgewas is. Sy kry diarree van alles wat sy ingekry het.

Daar is glo geen rampbestuur-gerief of landlyn by die werkplek nie.

Die Baldocks s hulle is egter dankbaar vir die pragtige bos blomme wat die stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko, vir hulle gestuur het. Sy het ook gebel om verskoning aan te bied.

Die voorval is volgens amptenare by waterwese, die gesondheidsdepartement en departemente van mannekrag en veiligheid, aangemeld.

Ondersoeke sal glo begin sodra almal skoon is.

Luvuyo Ntoi, stadsingenieur, s n klep was verstop wat die drukking binne die verteertenk veroorsaak het.

Hy reken die skade kan dalk miljoene beloop.

Elize en Johnathan Baldock.
Elize en Johnathan Baldock.
Elize se arms is potblou.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.