GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Krugersdriftdam vir eers gesluit n visvrektes
by Netwerk24.com
27 February 2015
MORE ARTICLES

Krugersdriftdam vir eers gesluit n visvrektes

Deur Marietjie Gericke
Vrydag 27 Februarie 2015 03:40

Visse wat vrek, is n groot probleem in die Krugersdriftdam wat nou gesluit moes word. Ho stikstof- en fosfaatkonsentrasies in gesuiwerde rioolwater kan dalk een van die oorsake van die visvrekteprobleem in die Krugersdriftdam wees. Foto: emilie hendricks Die watervlak van die Krugersdriftdam is baie laag, en dit kan ook tot die visvrektes aanleiding gee.

Die Krugersdriftdam buite Bloemfontein is tot verdere kennisgewing gesluit weens erge visvrektes wat hier plaasvind en ook weens die skade wat deur vandale aan die ablusiegeriewe aangerig is, s Thabang Tselemela, direkteur: biodiversiteit en bewaring van die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake.

Hy s die redes vir die visvrektes is waarskynlik die watervlak van die dam wat te laag gedaal het en op n skamele 15%-vlak staan wat meebring dat daar te min suurstof in die water is. Die water is verder deur riool en rommel besoedel.

Besoekers urineer waarskynlik in die dam, omdat die ablusiegeriewe by die dam deur vermoedelik hengelaars verniel is en nie gebruik kan word nie, s Tselemela.

n Kenner meen die skielike laer temperature wat ondervind word, kon ook van die visvrektes meegebring het.

n Ander moontlikheid wat ondersoek word, is die invloed van die ho stikstof- en fosfaatkonsentrasies in die gesuiwerde rioolwater wat in die Renosterspruit van hier af na die Krugersdriftdam vloei.

Baie ho temperature en ho vlakke van stikstof en fosfaat lei tot die opbloei van alge, veral die blougroen alge.

Soos die blougroen alge doodgaan, sak dit na die bodem van die dam waar dit suurstof-arme toestande veroorsaak wat ook tot visvrektes kan lei, s die kenner.

Tselemela s die Soetdoring-natuurreservaat sal steeds deur besoekers gebruik kan word, hoewel die damgedeelte toegemaak is.

Mense sal steeds in die rivier kan hengel. Visse wat gevrek het, was meestal karpe wat in n goeie toestand was.

Hulle het dus nie weens siekte gevrek nie.

Hy s dit is nog nie duidelik presies wat alles aan die probleme gedoen gaan word om dit uit die weg te ruim nie.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.