GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Die verband tussen Lugdruk en Hengel
by Julius Klokow
29 July 2010
MORE ARTICLES

Die hoogte bo seespiel en weersomstandighede speel die grootste rol met betrekking tot die verband tussen lugdruk en hengel. By die kus is die normale lugdruk ongeveer 1013mb. Dit is ook die druk wat tydens 'n normale dag in normale weersomstandighede verwag word. Dit is 'n dag waarop dit nie uitermatig warm of koud is nie en daar is ook weinig wolke te sien.

Normale lugdruk verminder ook na die binneland hoe hor 'n mens bo seespiel beweeg.

Die enigste manier waarop mens werklik kan bepaal of die lugdruk besig is om te styg of te daal is om die lugdruk vir 'n paar dae dop te hou voor jy gaan hengel. Die kortpad is om www.freemeteo.com of www.southafricanweather.co.za te besoek vir 'n voorspelling van die verwagte lugdruk vir die komende dae. Om die lugdruk van die vorige week / weke te bestudeer kan www.southafricanweather.co.za besoek word.

In die somer sal ek my nie werklik steur aan lugdrukverskille nie want dit is gewoonlik baie klein. Daar sal egter 'n opmerklike verlaging in lugdruk opgemerk word indien daar donderstorms en ren oppad is. Dit is ook 'n goeie tyd om gou 'n hengelsessie in te sit.

In die winter is die lugdruk veranderinge groter en kan mens 'n defnitiewe onderskeid tref tussen lae en ho druk.

Om die ho en lae druk vir jou area te bepaal moet jy die lesings vir 'n tyd dophou en aanteken. Tydens goeie weer sal jy die ho druk waarneem en tydens koue fronte, donderstorms en ren sal jy die lae druk waarneem vir jou area. Natuurlik is die verskille ook groter in die winter as in die somer.

Lae druk word waargeneem indien daar deurentyd 'n verlaging in lugdruk plaasvind en ho druk word waargeneem wanneer daar deurentyd 'n verhoging van lugdruk waargeneem word.

Dit is 'n goeie tyd om te hengel op 'n dag waar die lugdruk konstant is of begin daal. Die beste hengeltyd kan ook voor 'n donderstorm of ren verwag word aangesien die vis op 'n feeding frenzy gaan om kos in te neem voor die slegte weer toeslaan.

Op 'n uiters warm dag kan ook swakker hengelomstandighede verwag word.

Tydens 'n normale dag kan gemiddelde / konstante hengelomstandighede verwag word met enigiets wat langs die dam kan gebeur. Die vis behoort goed te byt maar kan ook so 'n gedeelte van die dag net wegraak en weer later terugkeer.

Die beste lugdruklesing vir die area waarin jy gaan hengel moet so 3-4 mb hor of laer wees vanaf die gemiddelde lugdruk vir die bepaalde area. Dan kan jy gemiddelde / konstante hengelomstandighede verwag.

Ek het van my beste vangste in die Vrystaat gehad net voor 'n kouefront toegeslaan het. By Krugersdrift het ek en 'n maat in Oktober verlede jaar 13 karp (tussen 4 en 6.1 kg) in 'n kwessie van 3 ure gevang terwyl die koue front inbeweeg het en die weer besig was om te versleg. Tydens 'n sessie by Erfenis gedurende Februarie 2009 het ek ook net voor en die aand na 'n donderstorm sowat 9 karpe gevang terwyl geen vis tydens die duur van die storm gebyt het nie. Ek het darem veselglas stokke gebruik om in die donderstorm te hengel.

Uit jarelange ondervinding vanaf kindwees is my ondervinding dat hengel net voor die typerk van 'n koue front (wanneer lugdruk ook besig is om te daal) in die somer baie produktief kan wees. Dit is wel winderig en die water raak omgekrap wat meer suurstof in die water verseker, maar die wind is nie naastenby so koud soos in die winter nie. Ek glo dat sulke weersomstandighede die vis motiveer om meer aktief te wei.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.