GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Regstappe kom opnuut oor water
by www.volksblad.com
04 October 2010
MORE ARTICLES

Regstappe kom opnuut oor water
2010-09-30 01:58

KROONSTAD. – Die Moqhaka-belastingbetalers-en-inwonersvereniging (MBIV) hier het in ’n verrassende verwikkeling gister opnuut regstappe teen die Moqhaka-munisipaliteit begin oor die skrikwekkende en grootskaalse besoedeling van die Vals­rivier.

Dít kom midde-in hardnekkige gerugte dat ’n dossier wat onteenseglik tot strafregtelike vervolging teen die munisipaliteit hier oor waterbesoedeling sou lei, geheimsinnig “verlore” geraak het.

Mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter van die MBIV, het Volksblad gister verseker niks sal dié vereniging van stryk laat bring om die munisipaliteit aan die pen te laat ry weens die waterbesoedeling nie.

Daarom het hy ’n nuwe klag by die Kroonstadse polisie ingedien.

Van Schalkwyk het reeds verlede jaar ’n klag oor beweerde rioolbesoedeling teen die munisipaliteit ingedien.

Mnr. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie op Kroonstad, het aan Volksblad bevestig dié ondersoek is reeds ’n tyd gelede afgehandel.

Die dossier is toe na die provinsiale hoofkantoor in Bloemfontein gestuur.

Sedertdien word geen woord daaroor gerep nie. ’n Gerug doen nou die ronde dat dié dossier ná die ondersoek verdwyn het.

Van Schalkwyk sê 16 maande later beland rou rioolwater steeds op ’n onaanvaarbare wyse in dié rivier.

In sy amptelike verklaring aan die polisie, gedateer gister se datum, sê Van Schalkwyk die munisipaliteit het selfs so ver gegaan as om die vloedwaterpyp op die hoek van Orpen- en Wilcocksstraat te breek sodat al die rou riool van die suidelike woongebiede, naamlik Panorama, Wilgenhof en ’n gedeelte van Suidrand, direk in die vloedwaterstelsel gelei kan word. Só word rou riool na die Strydomdam in die Valsrivier afgevoer.

“’n Boom is afgesaag sodat die graafmasjien die rioolmangat geheel en al kon verwyder en ’n sloot na die vloedwaterstelsel kon grawe.

“Die rede hiervoor is dat die rioolpompstasie steeds heeltemal buite werking is.”

Hy sê om enige aktiwiteit uit te voer wat ’n skadelike uitwerking op enige waterbron het, is ’n oortreding van art.151 (1) (i en j) van die Nasionale Waterwet nr. 36 van 1998.

Van Schalkwyk vra voorts dat hierdie probleem wat ’n hoë gesondheidsrisiko inhou, “weer ondersoek word aangesien niemand nog aangekla is nie”. Hy meen die betrokke munisipale bestuurder(s) moet aangekla word.

Van Schalkwyk sê ingevolge die Munisipale Stelselswet, Wet 32 van 2000, art. 73 (2) (d) en art. 24 van die Grondwet is die munisipale bestuurder ook skuldig aan “wanbestuur van die omgewing”.

Die polisie het die nuwe klag bevestig.


- Volksblad



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.