GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Rioolbesoedeling ramp sonder end
by www.volksblad.com
04 October 2010
MORE ARTICLES

2010-10-04 00:39

PARYS. n DA-LP het n n besoek ter plaatse ges die voortdurende rioolbesoedeling in die Vaalrivier is n ramp vir di nasionale bate.

Watertoetse wat die nie-regeringsorganisasie Save Our Vaal Environment (Save) laat doen het, het aangetoon daar is 10 miljoen eenhede e.coli per 100ml water in die deel van di rivier wat deur Parys loop.

In drinkwater mag geen e.coli wees nie en in n rivier niks meer as 1000 eenhede per 100ml water nie.

Regter M.B. Molemela het in die Vrystaatse hooggeregshof gelas die munisipaliteit moet die Paryse rioolaanleg teen 24 September regkry sodat onverwerkte riool nie sal aanhou uitlek in die Vaalrivier nie.

Dr. Sanette Kruger van die Paryse Openbare Munisipale Wag (PPMW) het nou op mnr. Theo Coetzee, DA-LP, se besoek ges desondanks duur die besoedeling steeds voort.

Mnr. Arnold Schoonwinkel, n DA-raadslid in die Ngwathe-munisipaliteit (Parys en omstreke), s Parysenaars kla dit nie lyk asof die Ngwathe-munisipaliteit hard probeer om rioolbesoedeling van die Vaalrivier by Parys te beindig nie.

Midde-in die hofsaak het n munisipale ho aan Volksblad ges hy weet nie waaroor die bohaai gaan nie, want die rioolaanleg is in volle werkende toestand.

Ngwathe se DA-koukus het verlede week kennersraad ingewin oor hoe om die besoedeling vinnig en doeltreffend te beindig.

Schoonwinkel s op advies van n ingenieur het hulle nou n afdeling van die departement van waterwese versoek om dringende tegniese hulp aan die munisipaliteit se wanfunk-sionele rioolaanleg te voorsien.

Coetzee meen die besoedeling by Parys se rioolaanleg is duidelik die gevolg van gebreekte toerusting en swak instandhouding.

Voorts dra die dikwels onvoldoende chemiese middels en onopgeleide personeellede tot die probleem by, s Schoonwinkel.

Sulke probleme kan vinnig opgelos word, mits die wil bestaan, het Coetzee gister aan Volksblad ges.

Coetzee het reeds skriftelik by me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, op ingryping aangedring indien die munisipaliteit die rioolbesoedeling nie onmiddellik regstel nie.

Coetzee het tydens sy inspeksie ges Sonjica se reaksie oor die toenemende kommer oor die besoedeling van die Vaalrivier laat hom dink die minister word verkeerd ingelig.

Hy s openbare strome oor die Vrystaat heen word nou deur riool bedreig. Hieronder tel Heilbron, Kroonstad, Welkom, Vredefort en Parys.


- Volksblad



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.