GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Rioolklag: ‘Verlore’ dossier duik op
by www.volksblad.com
05 October 2010
MORE ARTICLES


Deur: Johan Brits

2010-10-05 00:26

KROONSTAD. – Die polisie kan die munisipale bestuurder van die Moqhaka-munisipaliteit op Kroonstad so gou as vandag waarsku dat hy ’n hoofbeskuldigde in ’n saak oor lewensbedreigende rioolbesoedeling in die Valsrivier is.

Dié onverwagse stap stuit nou hardnekkige gerugte dat ’n dossier, wat onteenseglik tot strafregtelike vervolging teen die munisipaliteit oor waterbesoedeling sou lei, geheimsinnig “verlore” geraak het.

Mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter van die Moqhaka-belastingbetalers-en-inwonersvereniging (MBIV), het verlede jaar ’n klag oor beweerde rioolbesoedeling teen die munisipaliteit by die Kroonstadse polisie ingedien.

Die polisieondersoek is afgehandel en toe na die polisie se provinsiale hoofkantoor in Bloemfontein gestuur.

Daarna is geen woord daaroor gerep nie.

Die stilswye is wyd met agterdog bejeën toe dit rugbaar geword het die afgehandelde dossier het ná maande nooit die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV) bereik nie.

Ná Volksblad se onthulling oor die beweerde verlore dossier, het mnr. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie op Kroonstad, gister gesê die polisie gaan vandeesweek ingevolge dié saak ’n waarskuwingsverklaring teen mnr. Mcedisi Mqwathi, Moqhaka se bestuurder, kry.

Die dossier sal dan aan die DOV in Bloemfontein gestuur word vir ’n beslissing.

Ná die gerug oor die beweerde verlore dossier het Van Schalkwyk verlede week ’n nuwe klag by die polisie ingedien.

Hy het Volksblad toe verseker niks sal dié vereniging van stryk laat bring om die munisipaliteit aan die pen te laat ry weens die waterbesoedeling nie.

Van Schalkwyk het gister gesê hy is baie bly die eerste klag gaan nou voort, maar gaan die tweede klag nie laat vaar nie

“Ons gaan nou van twee kante af met hulle (die munisipaliteit) ‘praat’,” het hy gesê.

Van Schalkwyk het verlede jaar, toe die eerste klag ingedien is, daarop aangedring vervolging moet teen die rekenpligtige amptenaar, in dié geval die munisipale bestuurder, ingestel word.

Luidens Van Schalkwyk se formele verklaring, “is (mnr. Mokete) Duma (voormalige munisipale bestuurder) deeglik van die rioolstortings in die Valsrivier bewus”.

Die rioolsuiweringsaanleg is in ’n “volslae staat van verwaarlosing”.

Van Schalkwyk sê nou 16 maande later beland rou rioolwater steeds op ’n onaanvaarbare manier in dié rivier.

In sy amptelike verklaring van die tweede klag aan die polisie, gedateer 29 September, sê Van Schalkwyk die munisipaliteit het selfs sover gegaan as om die vloedwaterpyp op die hoek van Orpen- en Wilcocksstraat te breek sodat al die rou riool van die suidelike woongebiede, naamlik Panorama, Wilgenhof en ’n gedeelte van Suidrand, regstreeks in die vloedwaterstelsel gelei kan word.

Só word rou riool na die Strydomdam in die Valsrivier afgevoer.

Volksblad



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.