GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
1. Spesie Karphengel - Europese styl
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Die doel van hierdie boek is om n bietjie vars lug in Suid Afrikaanse karphengel te blaas. Ek en n paar van my vriende probeer hiermee die eensydige sienings wat in hierdie bedryf bestaan n nuwe wending te gee, oftewel n nuwe dimensie in karphengel op n maklike en leesbare wyse oor te dra.



Karphengel in Suid-Afrika beleef tans n soortgelyke opgewondenheid asook onsekerheid as wat Brittanje beleef het in die vroe sewentigs. Daar is n verskil: Die haarstrop en die gebruik van gekookte aas was toe eers ontdek. Ons het in ons geval die wreld aan ons voete. Tegnologie in die internasionale karphengelbedryf het so ver ontwikkel dat sommige kenners reken Suid Afrika is om en by 26 jaar agter die Europeers.

Ons hengel nog met 16vt enkelstuk visstokke, losknipkatrolle, twee hoeke op n strop, ens. Neem asseblief kennis dat die reeks nie n afkraaksessie is nie maar bloot realiteit. Visstoktegnologie is so ver gevorderd dat bv. n 13vt tweestuk visstok, met vyf SIC ogies en skaars 12mm dik, n 110 gram sinker net meer as 225m kan slinger en dit met n koffiemeul katrol. Dit is maar net n enkele voorbeeld maar meer daarvan in die hoofstukke wat volg. Die idee is nie om Suid Afrikaanse hengeltoerusting af te kraak nie maar bloot om uit te wys hoe gevorderd en duursaam toerusting geword het.

Ek wil sommer hier n begrip by u tuisbring: Hengelaars wat aan klubs behoort en aan kompetisies deelneem, hengel vir kwantiteit vis, of dit nou karp, geelvis, moddervis of baber is. Die norm hier is om soveel as moontlik vis in n beperkte tyd te vang. Hierdie is n vorm van hengel wat nie aanpasbaar is by ons vorm van hengel nie aangesien ons nie agter hoeveelheid vis aan is nie, maar grootte. Die skeidslyn is baie breed, maar glo my dit is nie n minderwaardige wyse van hengel nie, want bykans 500 000 hengelaars kan nie verkeerd wees nie.

Ons manier van hengel is totaal en al anders. Hier volg dus n paar van hierdie verskille:

Dun lyn met lae breeksterktes is uit. Ons hengel met 6kg plus breekkrag lyne.

Kompetisiehengelaars hengel gewoonlik met twee hoeke per lyn. Ons hengel met net een hoek. Die groot rede is die skade wat n groot karp kan opdoen met n los hoek wat rondswaai gedurende die geveg.

Losknipkatrolle word deur kompetisiehengelaars gebruik teenoor koffiemeul katrolle wat ons gebruik. U sal nou dink maar woorom moet dit n koffiemeul katrol wees? Die eerste rede is die spoed waarteen die lyn ingerol kan word. n Tweede rede is die areas waar ons hengel vir groot karp - areas soos boomstompe en rietbosse. Wanneer jy teen sulke strukture hengel moet die vis so min moontlik kans h om binne-in daardie strukture te kom. In so n geval word die spoel vasgedraai.

n Laaste groot verskil is visstokke. n 16 vt visstok, om eerlik te wees, is lomp en ongemaklik terwyl die tweestuk 12vt en 13vt tweestuk stokke, waarmee ons hengel, lig, sterk en baie gemaklik is om te karwei. Dis is ook makliker om in moeilike plekke in te kom, soos areas met beperkte spasie, tussen bome, ens. Daar is deesdae spesiale opgestopte drasakke beskikbaar waarin die tweestuk stokke vervoer kan word, so dit hoef nie meer op n motor se dak vasgebind te word nie.
Hierdie is verskille wat mense in gedagte moet hou wanneer hulle hierdie twee uiteenlopende vorms van karphengel met mekaar wil vergelyk. Inteendeel, daar is nie n kans dat dit vergelyk kan word nie, want dit is totaal en al verskillend.

In die hoofstukke wat volg probeer ek aan u verduidelik hoe die Europese styl van karphengel werk. Ek gaan ook verduidelik watter toerusting op die mark beskikbaar is, asook hoe sommige van dit werk. Ek gaan ook verduidelik hoe om jou eie boilies te maak en eenvoudige effektiewe resepte wat deur my en my vriende gebruik word, word verklap. Ek hoop jy vind die inligting interessant maar bo alles, leersaam. Hopelik pronk n foto van jou ook eendag op die voorblad van n wreldbekende karp tydskrif.


ONTHOU: ONS STYL VAN KARP HENGEL IS NIE VOLLEDIG AS JY NIE OMSIEN NA DIE WELSTAND VAN DIE VIS NIE. GEE HOM WEER SY VRYHEID. DIT IS MEER OPWINDEND AS DIE VANGS!

K A R P

Sou jy die kans kry om vir Rudolf Straulie te vra hoe hulle n oponerende span wen, sou sy antwoord die volgende wees. Behalwe vir spanwerk, harde oefening, ens. sal hy ook s dat jy jou opponent moet ken. Vir n spesie karphengelaar is dit presies dieselfde.

Laat ons by die definisie spesie karphengelaar begin: Ek defineer myself as n spesie karphengelaar: nie omdat ek trofe maak van elke vis nie. Inteendeel, elke vis word so versigtig as moontlik hanteer en weer sy vryheid gegee. n Spesie karphengelaar probeer die grootste karp moontlik te vang. By ons gaan dit nie om kwantiteit nie maar kwaliteit. Hierdie hoofstuk handel juis oor my eerste uitdrukking.

As jy regtig groot karp op n gereelde basis wil vang dan moet jy tog weet hoe n karp funksioneer, wat hom lok, wat hom afsit en wat jy kan doen om jou kanse tot sukses te verhoog. Baie karp hengelaars (hier in Suid-Afrika sowel as oorsee) vergeet juis die punt. Hulle is so vasgevang in hulle ase, moeties en hoe ver hulle daardie aas kan gooi dat hulle vergeet dat dit wat hulle probeer vang nie hande of voete het nie en beslis nie bekommerd is oor hoeveel moeties jy het nie. As jy regtig ernstig is oor groot karp, en ek weet byna elke hengelaar is, dan stel ek voor jy vergeet van alles en dink net KARP.

Baie mense sal nou wil verder blaai en dink dat dit alles net n klomp snert is, maar wag, lees dit eers en jy sal later die doel verstaan. Ek sal dit so kort moontlik hou.

Alhoewel daar baie gedetaileerde studies oor vis beskikbaar is, dink ek wat ek volgende gaan voorl meer as voldoende sal wees. Onthou n suksesvolle karphengelaar is n persoon met n goeie werkende kennis van alle karphengelaangeleenthede, nie net aas en stroppe nie.

ANATOMIE VAN N KARP

?

U sal in die bygaande figuur sien wat ek in gedagte het. Dit is egter belangrik om te vergelyk wat jy as mens het teenoor die van karp en dan ook die posisie van die belangrike organe soos die swemblaas, lewer en hart. Hou dit in gedagte wanneer jy n vis vashou om te fotografeer.

HANTERING VAN KARP



Mense het die geneigdheid om karp op die aardigste maniere vas te hou. Hier volg n paar belangrike moets en moenies.

Vir jou om n groot karp veilig vas te hou moet jy weet waar die organe in verhouding tot jou handplasing is. Dit is belangrik want sekere belangrike organe kan skade opdoen en dit kan lei tot die vis se dood. Bygaande figuur dui aan dat die belangrike organe soos die hart, lewer en niere agter die pektorale fin gele is. (Waar baie mense die vis laat rus as hulle poseer vir n foto). Die kiewe is ook n baie sensitiewe area en dit is ongelukiig waar die groot meerderheid van die hengelaars n vis vashou. Die kiewe is baie delikaat en het vliesies wat sensitief is vir infeksie so dit is n groot moenie. Die area na aan die hart is sag en onbeskud en sou n vis aan sy kiewe opgetel word, word ongelooflike druk op die binnegoed uitgeoefen.

Vir baie mense klink dit na groot klomp snert, maar glo my dit is baie belangrik. As ons enigsins groot karp vir ons nageslag wil bewaar, beter ons nou na die vis begin omsien. So voor jy enigsins verder lees onthou, sprei jou hande wyd (agter of op die anale vin), reg oor die pektorale vin en hou die vis betreklik laag oor onthoekmatras, glimlag en siedaar, n gelukkige hengelaar en n gelukkige karp.

DIE SINTUIE VAN N KARP

SIG
By die meeste diere is sig die primre sintuig, maar by karp en ander bodemvreters is die sig redelik beperk. Daar is geen bewyse waarvan ek bewus is dat karp beskik oor enige besondere sig om dit te help om in swak lig toestande te kan sien nie. Die meeste water in Suid Afrika is in elk geval maar bra troebel en vol alge en verotte plantmateriaal. Op n helder sonskyndag in skoon water kan die sig so goed soos 9 meter wees maar in ons tipiese waters miskien 10cm of selfs minder. In sulke toestande dring die blou punt van die kleurspektrum nie deur nie, maar rooi. Dit is veilig om te s dat rooi die beste uitstaan. Alhoewel dit vir ons so lyk kan ons nie verseker s dat dit die kleur is wat karp herken nie onthou dit blyn dier so ons kan nie met sekerheid s nie. Wat ons wel met baie sekerheid kan s is dat karp glad nie n aas kan sien as dit stikdonker is en ons selfs niks kan sien nie. So as al jou aksie in die nag kom kan jy verseker wees dat dit nie die kleur van jou aas is wat die deurslaggewende rol speel nie. Miskien sit die kleur die karp af in die dag maar wanneer dit donker word is hulle bereid om dit op te tel.


GEVOEL
Hierdie sintuig is een van die belangrikste met betrekking tot n karp se oorlewing. Dit is n meganisme wat die karp in staat stel om of nadere ondersoek in te stel of om die hasepad te kies (onder water natuurlik). Hierdie sintuig van gevoel kan gevind word aan die vier sensitiewe barbus of snorre soos mense dit ken. Hierdie snorre bevoel die dam of rivierbodem vir lewende organismes, ens. Deur sy kop in die modder, silt of watergras te druk verleng die karp sy reikvermo en gee dus n groter kans om kos te kry.

GEHOOR
n Karp het twee vorms van gehoor:
Die binne-oor wat gekonnekteer is aan die swemblaas en dit is sensitief vir medium tot lae frekwensie golwe.
Die tweede is die laterale lyn wat duidelik sigbaar is op spielkarpe. Die laterale lyn is ontvanklik vir golwe wat deur vibrasie en soortgelyke bewegings in die karp se omgewing veroorsaak word. Omdat klank baie goed in water gelei word is dit belangrik dat n geskreeu, geklap, musiek, ens. kan bydra tot n mislukte naweek.

REUK
Karp het n hoogs ontwikkelde reuk sintuig en kan baie klein spore van kos oor n redelike afstand optel. Hoe goed ookal hierdie sintuig ingestel is dit is ver verhewe bo die van die mens en ook baie anders. Net omdat jy van die reuk van n boilie hou of nie hou nie, moet nie dink dat n karp dit enigsins benader of aanvaar soos jy nie, dit is n fout wat baie van ons maak. So lank jou besondere boilie vir die karp aanvaarbaar is deur middel van sy reuk sintiug sal hy nader beweeg om dit te proe.

SMAAK
Soos ons reuksintuig verskil van die van n karp, verskil ons smaak sintuig ook en moet nie dink dat jou voorkeure eenders is as die van n karp nie. Ek kan byvoorbeeld nie die smaak van oosterse speserye verduur nie, maar karp is mal oor Robin Red (n Delekate vermenging van risies en soorgelyke speserye). So lank as wat die karp dit aanvaar as kos sal hy eet tot versadig en indien dit nie reg proe nie sal hy dit los en soek vir ander items.Kennis van die vyf belangrike sintiue kan jou sukses of andersins bepaal, maar belangrik is dat jy bewus is daarvan en besef dat n karp se sintuie baie verskil van ons sin, dan het ons al klaar vordering gemaak.


HOE EET N KARP
Eerstens en moet asseblief nie dink dat ek probeer snaaks of slim wees nie karp het nie hande soos ons om voedsel items mee op te tel nie so moet nooit ons eetgewoontes met die van n karp verwar nie. Wat vir jou mag lyk soos n onpraktiese strop, vertoon en werk heel anders op karp in hulle natuurlike omgewing.
n Karp pas sy eetgewoones aan in welke wyse sy ligaamsvorm en omgewing hom toelaat. Snaaks genoeg selfs vis met gestremdhede, geskeurde lippe en selfs die met stroppe nog in hulle monde sal aanhou eet en groei. Let wel dit is in sekere gevalle. Hoewel dit amper onmoontlik is om presies vas te stel hoe karp in verskillede tipes waters (groot, klien riviere, groot, klein damme ens.) eet en soek na kos het ek en vele ander karp hengelaars wreldwyd gevind dat karp op twee basiese maniere eet. Hierdie maniere van eet het ek met die gebriuk van boilies in n paar lokale damme persoonlik gesien. Na 9 jaar van konstante en gereelde hengel in hierdie damme het ek gevind dat karp namate hulle gekondisioneer word deur gereelde vang en vrylaat, hulle kan onderskei tussen los voer boilies en boilies met n hoek daaraan. Hulle raak beslis gekondisioneerd met die gebruik van n sekere metode tensy n mieliebom, semi-glysinker, ens.

Die eerste en seker die algemeenste manier van eet is waar n karp sy kos insuig oor n afstand van gewoonlik 25mm tot 50mm vanaf sy bek . Alhoewel ek al gehoor het van gevalle waar hengelaars karp uit n boom dopgehou het en beweer dat karp n hoekaas selfs so ver as 10cm van sy bek af ingesuig het, het ek dit nog nooit gesien nie. Hoewel n karp n betreklike vakuum kan veroorsaak deur water deur die kiewe vry te laat met die mond toe en dan skielik die mond oop te maak terwyl water steeds deur die kiewe forseer word, dink ek dit moet n enorme karp wees om n item, 18mm in grootte, 10cm ver in te suig. Normaalweg sal n karp n kos item wat hy d.m.v. sig, reuk of ander wyse bekom het benader en besluit om dit in te neem.



Eerstens lig hy sy keelholte, (Pharangeale holte) maak sy mond toe om n gedeeltelike vakuum te vorm in die binnekant van die mond. Die mond word dan skielik oopgemaak en water, insluitende sediment, kositems, alge ens. stroom dan die mond binne. Die mond word dan toegemaak, die kositems word dan deur die tong gehou terwyl die mond saamtrek en water weer by die kiewe uitgestoot word. Op hierdie punt sal die karp hopelik gehaak wees. Neem kennis dat dit nie altyd so eenvoudig is nie. As jou hoekaas nie die vis se mond binne gegaan het nie sal hy vanselfsprekend nie gehaak wees nie. Sou die vis jou hoekaas inneem maar besluit om dit nie te eet nie los die karp die tong drukking en instede dat die aas in gaan word dit uitgespoeg. As jou haarstrop en aas aanbiedig effektief genoeg is dan het jy die karp gehaak, as dit nie n haarstrop is nie is jou kanse baie skraal. Natuurlik hang dit af van die hoeveelheid kere wat die karp die aas optel of insuig hoe meer kere, hoe beter jou kanse. Groot karp gee gewoonlik nie meer as eenkans nie en dit is n feit. Natuurlik kan karp die bogenoemde net uitvoer terwyl staties of in beweging. Laasgenoemde gee gewoonlik n beter kans om die vis te haak. Karp het dus ook die vermo om die suig en blaas aksie vinnig te herhaal in net etlike sekondes; dit hang gevolglik af van die vis se grootte en hoeveel kos items hy inneem.

Die tweede metode wat die karp gebruik om te eet is waar sy mond oor die item plaas, die lippe stadig toemaak en die kos amper opsuig. Dit gebeur gewoonlik by waters waar daar baie druk gehengel word en die groter karp wys geword het. Ek is seker dit gebeur nie by alle waters nie, maar mens kan nooit verseker wees nie. By karp waters in Engeland is bewys dat sommige karpe suig en blaas (enigste manier van eet), sommige tel enkel items op en somige doen n kombinasie van albei. Die suksesvolle karphenglaar sal, met bogenoemde in gedagte, aanhoudend verander en aanpas totdat hy sukses behaal . Ander sal nooit eers daaraan dink nie. Onthou jy sal slegs n karp haak as hy die prik van die hoek voel, weg beweeg en sodoende die hoek sink.

DIE EFFEK VAN SEISOENE OP KARP
As dit jou intensie is om reg deur die jaar vir karp te hengel dan is dit belangrik dat jy jou strategie verander soos die karp se eetgewoontes verander van seisoen tot seisoen. Deur dieselfde strategie te volg deur die jaar, beduiwel jy jou kanse op n suksesvolle winter en dalk net maak jy nie die meeste van jou kanse wanneer hengel sy optimum bereik in die somer nie. Groot hoeveelhede vismeel boilies in die somer werk goed by my gusteling hengelplek, maar probeer dieselfde in die winter en n verkoue kan dalk die enigste aksie vir jou wees. Net so is die teenstelling waar. Jy kan gereelde sukses behaal in die winter met net n enkele boilie en vier of vyf los boilies op n string PVA toutjie, maar in die somer sal die vis by jou aas verbyswem. Pas aan by die omstandighede, moet nie stagneer nie.

LENTE


Die water temperature in die lente sal maar aan die lae kant wees aangesien die water temperature in die winter vir n geruime tyd laag gehou is, maar soos die water temperature begin styg, so sal die karp se behoefte om te eet ook styg. Na n lang winter sal die karp begin soek vir kos en solank jy nie oorboord gaan met die voer nie, kan hierdie tyd baie produktief wees. Hoeveel karp hierdie tyd van die jaar soek na kos word gevolglik bepaal deur die temperatuur van die water maar jy staan beslis n goeie kans op vroe sukses.


SOMER
Karp sal meer en meer eet die oomblik wanneer die water temperatuur n sekere vlak bereik. Ek het in die somer by Klaserie gevind dat elke aand tussen 22h00 en 03h00 ek die meeste van my vis gevang het. Die water temperatuur was 22C in die laeveld so op die hoveld sal die temperature verskil. In Engeland is die optimum water temperatuur +28F. By die optimum water temperatuur soek die karp meer en meer kos (Proteiene) om te groei. Gebruik hierdie optimum eetsessies van die karp as bakens om jou aastoediening te doen. Jy is tog by die dam om vis te vang nie waar nie? Langdurige warm weer veroorsaak n verlaging in suurstof vlakke en dit beperk die vis se eetsessies. Dit maak die kwessie van akkuraatheid en die regte hoeveelheid aas soveel te meer belangrik.

HERFS
Soos met lente kan herfs regtig kookwater hengel oplewer aangesien temperatuur vir langer konstant en betreklik naby aan die optimum vlakke bly. In herfs kan jy tussen sons opkoms en sons ondergang meeste van jou aksie verwag maar warm toestande kan steeds voorkom, so pas die aastoediening toe na gelang van die aksie wat jy kry en nie na jou voorkeur nie.

WINTER
Aangesien karp koudbloedig is sal hul liggaamstemperature flaktueer soos die van die water waarin hulle swem (Binne 10% daarvan in elk geval). Die temperatuur van die water bepaal dus die karp se vermo om die kos te verteer of te benut.



NEEM KENNIS: Verminder jou aas en moet nie ho olie-inhoud in jou aas gebruik nie. (Geen vismeel nie). Nou is die tyd om n verteerbare proteiene-aas te gebruik.

Hopelik het hierdie hoofstuk jou n bietjie meer insig gegee oor die wreld van n karp en wat hulle aan die gang hou. Karp het nie verniet al duisende jare lank oorleef nie, hulle is meesters in hul eie reg. Kom ons keer dat die mens hul reg op oorlewing in die wiele ry. Onthou ons hou die toekoms van karphengel in Suid-Afrika in ons hande.

BEWAAR DIT. En moet nie mismoedig raak as jy n bloutjie loop nie, dit het nie noodwendig te doen met verkeerde stroppe nie, dit kan te doen h met die karp se behoefte om te eet, geweeg teen jou houding en gedrag op die oewer.

Gilbert with a monster common
Gilbert with a monster common
Look at the position his hands are placed under the carp... safe way to hold a big carp

Anatomie
Anatomie
van 'n karp



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.