GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
2. Die hantering en bewaring van karp
by Gibert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Geen artikel of boek oor karphengel kan ooit volledig wees sonder om n in diepte ondersoek te loots oor hoe om die beste om te sien na die karp wat jy gevang het nie.

Dit is die rede waarom hierdie artikel eerste geplaas is, voordat ons kyk na al die ander
aspekte van ons strewe en dit is om vis op die wal te kry. Dit gebeur deesdae so gereeld dat dieselfde vis soveel soos tien keer per jaar deur verskillende hengelaars gevang word, so dit word uiters belangrik om daardie vis vry te laat met so min trauma as moontlik.
Ek en vele van my hengelvriende het al ondervind dat hoe minder stres n karp op die wal beleef en hoe vinninger hy weer vrygelaat word, hoe groter is die kanse om hom in n redelike kort tydperk weer te vang. Karp wat vir lang tydperke aangehou word, onderhewig is aan lang fotosessies en so voorts, beleef groot trauma en stres. Hierdie stres veroorsaak n gebrek aan eetlus wat lei tot n gewigsverlies en as jy mooi daaroor nadink maak dit die vis moeiliker om weer te vang. Dink net as almal n behoorlike poging aanwend om die vis op te pas dan sal ons almal baie makliker vis gevang kry.
Daar is vele wyses om jou handtering van die vis te verbeter, so hierdie hoofstuk handel, in detail, oor elke moontlike aspek van die hantering en bewaring van karp.

DIE NET

As gevolg van die populariteit van die sport wreldwyd en die beskikbaarheid van kwaliteit hengelgerei is n goeie net nie moeilik om in die hande te kry nie. African Gold byvoorbeeld het n reeks nette wat jou sak kan pas. Geknoopte nylon nette is uit! Dit beskadig groot vis te veel en dit is skade wat ons wil vermy. Die fyn Micro Mesh nette is veilig en rig nie skade aan nie. Onthou die veilige net van n karp is net so belangrik as die koop van n kwaliteit skepnet. Noudat jy die karp oor die net getrek het moet jy nie paniekerig raak en sommer die net met die karp en al teen die wal uitsleep nie. Maak seker dat jou onthoekmatras, weegsak, skaal, kamera en kliniek (ontsmettings middel ) reeds byderhand is. Breek die net op en lig die vis versigtig uit die water sonder om dit op die grond te sleep en plaas die vis op die onthoekmatras.

GEREED OM DIE HOEK TE VERWYDER

Die ideale situasie sou wees om die vis in die water te handteer en die hoek te verwyder maar dit is moeilik, so ek sou dit nie aanbeveel nie. Jy sal die vis uiteindelik net in alle posisies buig, skrik maak en moontlik met die hoek in jou eie vinger opeindig. So voordat jy dit doen stel ek voor dat jy die strop net duskant die draaispil afsny. Dit stel jou in staat om jou visstok veilig uit die pad te verwyder voordat iemand op dit trap. Dit voorkom ook dat die sinker wat los hang nie die vis teen die kop kap en skade aanrig elke keer wat jy jou visstok beweeg nie. Moenie bekommerd wees om die strop weer met jou hooflyn te verbind nie, want sekerlik maak n karp van bykans enige grootte dit die moeite werd. Indien jy iemand saam met jou het om die fotos te neem, laat hom op hierdie oomblik die posisie waar die fotos geneem gaan word kies en al die toerusting gereed kry voor die vis uit die water gehaal word. Sodra al hierdie dinge gedoen is kan die vis na die onthoekmatras gebring word. Dit is belangrik om nou te onthou dat water die karp ondersteun. Uit die water is die karp n dooie gewig en kan dit baie maklik beseer word sou dit nie goed ondersteun word op n sagte nat oppervlakte nie. So, die oomblik wat die vis uit die water gelig word is hy totaal en al in jou sorg. Sou die geveg lank geduur het is dit raadsaam om die vis so n vyf minute ruskansie in die skepnet te gee voor jy hom uit die water lig. Moet nie die vis te lank laat rus nie, jy wil tog nie n stoei geveg op die wal ook h nie.

Dit is wys om die skepnet op te breek sodat jy nie met n 6vt handvatsel wat alles omslaan, sukkel nie. Die meeste skepnette soos die FOX en BADGER is baie sterk en die arms trek maklik uit die spreiblok uit.

Die veiligste manier om die vis uit die water te lig is om die net by die arms te lig totdat jy die gewig van die vis voel. Rol dan die net op en plaas jou hande onder die vis. Moet nie jou hande onder die vis se maag plaas nie want dit kan die vis inwendig beseer. Die veiligste plek is onder die pektorale vinne en die anaalvin. Maak ook seker dat die hoek wat nog in die vis se bek behoort te wees, nie in jou hand beland oppad na die onthoekmatras nie. Dit is belangrik om die vis naby aan jou lyf te hou oppad na die onthoekmatras toe.

VERWYDERING VAN DIE HOEK

Dit is uiters belangrik om die vis so versigtig as moontlik te hanteer. Plaas die vis versigtig op die onthoekmatras en maak seker dat die vinne in die rigting van die vis se stert wys. Veral die pektorale vinne kan breek en die gebruik van die vin verloor sou dit rond flap op die onthoekmatras. Sou die karp begin randflap, hou net jou lyf en arms oor die vis en kry hom kalm. Maak nou die skepnet oop, maar moet nie die net ruk en pluk nie. Jy wil nie h dat die vis skubbe verloor en homself seermaak as jy hom skrik maak met n geruk en pluk nie. Noudat die vis ontbloot is, plaas een hand onder die vis se kop en lig die kop effens op om die hele opening van die mond te sien. Maak n nota van waar die vis gehaak is, hoe diep en onthou ook die lengte van die strop. As die vis liggies gehaak is kan die hoek sommer maklik met jou hand verwyder word. Sou dit n diep een wees gebruik ek gewoonlik n skerpbek tangetjie. Maak die tang oop en knyp die hoek naby die buig van die steel. Trek nou versigtig terug. Sou die hoek nie mooi wil uit nie kan jy die weerhaak toebuig wat die spulletjie sal vergemaklik. Deur n mes te gebruik kan die weerhaak weer later oop gebuig word. Moet asseblief nie die hoek uitforseer nie. Dit skeur die vis se bek en dit is onnodig.
n Belangrike punt is dat jy nie die hoeklengte moet weggooi as die hoek n bietjie seergekry het nie. Die lengte van die strop is baie belangrik en jy kan hierdie strop gebruik om n paar nuwes te maak. Sou die hoek te diep in wees, selfs vir die tang om dit uit te haal, is my voorstel dat jy die hoek afknip met n knyptang. Maak net seker dat daar geen deel van die hoek in die vis se bek agter bly nie. Na n vangs gebruik ek altyd Kryston se Kliniek ( antiseptiese vloeistof op die hoek-wond of ander stukkende plekke op die karp se lyf). Dit hou siektes, infeksie en parasiete van die wonde af weg en gee die vis genoeg tyd om ten volle te genees. Dit is spesiaal vir karp ontwikkel, so hou n botteltjie in jou viskas.

ONTHOEKMATRASSE

Dit is verblydend om te sien hoe baie mense deesdae onthoekmatrasse gebruik. Dit behoort regtig standaard toerusting by elke hengelaar te wees, Selfs by damme wat gras het tot by die water behoort onthoekmatrasse gebruik te word. Die enigste rede is om die vis te beskerm. Deur die matras te gebruik het die karp n spons tussen hom en die grond en verhoed dit dat die vis homself beseer. Omdat karp nie ooglede het nie kan gras of grond die oog tot n mate beskadig dat die gebruik van die oog in die slag kan bly. Maak ook baie seker dat jou onthoekmatras nat is om te voorkom dat die karp sy slymlaag verloor. Plaas ook die matras op n gelyke area om te verhoed dat die karp afgly. Daar is twee goeie onthoekmatrasse op die mark beskikbaar, nl. die Rod Hutchinson en die Badger XL.

Die pryse is billik en definitief die moeite werd.

DIE WEEGPROSES

Die eerste vraag wat in jou gedagtes behoort op te kom is: Is dit regtig nodig om die vis te weeg? Ek weeg glad nie meer vis onder om en by 25 lbs nie. Ek stem saam dat dit nodig is wanneer jy begin om op hierdie manier te hengel, maar wanneer jy die groter vis begin vang dink ek nie dit is baie belangrik of n vis 11 of 12lbs weeg nie. Dit is vir my belangriker om dit te fotografeer.

DIE WEEG VAN KARP IN N WEEGSAK

n Weegsak is spesiaal vervaardig om karp in te weeg. Dit het n rubberagtige film aan die binne kant sodat dit nie water absorbeer nie, en ook nie die slym van die vis se lyf af neem nie. Terwy die karp veilig en nat op die onthoekmatras l moet jy seker maak dat jou weegskaal reeds nat is en dat jou skaal klaar geeik is. Let asseblief op om die vis op geen ander manier as met n weegsak te weeg nie. Dit is krimineel om die skaal se haak in die kieue te haak en die vis so te weeg.

DIE TYD BUITE DIE WATER

Wees altyd bewus van die tyd wat die vis buite die water spandeer. Die ideaal is om die vis te weeg en te fotografeer in minder as 5 minnute. Dit is uiters belangrik om die vis heeltyd nat te hou gedurende hierdie tydperk. Hoe langer die vis buite die water spandeer hoe groter is die kanse vir die vis om skade op te doen. So, hou altyd n emmer vol water byderhand sodat die vis gedurig nat gegooi kan word.

Vir baie hengelaars mag hierdie hoofstuk nutteloos lyk maar onthou dat karphengel ons lewe is en dat die bewaring van hierdie spesie vir ons van uiterste belang is. Die voortbestaan van Groot Karp kan slegs gewaarborg word as elke karphengelaar in ons land die ou bulle (en koeie) vrylaat na n vangs.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.