GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
3. Die opsporing van karp
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Ons kan boeke skryf oor hierdie onderwerp aangesien jy beslis nie n karp sal vang as jy nie weet waar om hulle op te spoor nie. Opsporing na my mening is seker een van die heel belangrikste aspekte van karphengel naas die eintlike vang van die vis self. Opsporing dek alles, van die sigbare aspekte tot dit wat nie vir die blote oog sigbaar is nie.

Behalwe vir opsporing is daar ook 'n ander praktiese probleem. Almal kan nie altyd op dieselfde plek sit nie en partykeer moet jy tevrede wees met 'n heel ander hengelplek. Hierdie hoofstuk handel nie net oor die opsporing van karp nie maar bevat ook inligting oor hoe om die hengelplek waarin jy jou bevind suksesvol te benut.

NET HOE BELANGRIK DINK JY IS OPSPORING

Jy sal slegs n karp vang in n plek waar die karp bereid sal wees om te eet en dit is n feit. n Ander feit is dat opsporing alleenlik nie n voldane waarborg sal wees dat jy n vis gaan vang nie en dit is waar ons kom by HOT SPOTS oftewel kook water areas.

KOOKWATER AREAS
Dit is maklik om jou aas in die verkeerde plek te posisioneer, selfs al dink jy jy is in die regte hengelplek. Vis wat spring, tekens van vis in jou hengelarea of selfs n beweerde kookwater area is almal indikators dat jy dalk in n baie goeie area hengel. Maar die vraag is: Is jou aas op die regte plek? Enige iemand wat al na aan watergraspolle, boomstompe, ens gehengel het sal kan bieg hoe belangrik dit is om jou aas presies op die regte plek te h. n Opening in die gras, n klein area met n gruis bodem, n effense verskil in diepte en nog vele meer beteken amper elke keer die verskil tussen n vis of geen vis nie. Gooi jy miskien te ver dan gebeur niks nie. Gooi jy presies reg en jy het n vis of twee.

Ons praat nie nou net van sigbare areas nie. Onderwater areas kan partykeer selfs n groter rol speel. Selfs al hengel jy naby areas soos gruisbulte, holtes, silt gate, tre, plato of klei, is die posisie van jou aas krities. Kom ons gebruik n gruisbult as voorbeeld. Dit mag dalk net n effense diepte verandering op die bult wees wat die karp gebruik as n patrolieroete wat vir jou n deurslag mag gee, of n gaping tussen twee bulte waar bloedwurm of vars waterslakke in oorvloed is. Wat ookal die geval mag wees, daar is altyd sekere areas in n dam of rivier wat altyd vis sal oplewer. Om hierdie areas te vind is die probleem en glo my, geen boek kan vir jou vertel waar hulle gele is nie want dit verskil beslis van water tot water. Dit is sulke areas wat jou resultate finominaal kan maak en dit verg tyd en baie moeite. Moet nie dink net omdat jy n goeie area hengel, jy noodwendig maksimum resultate gaan behaal nie. En moet beslis nie dink nou dat jy n slegte of minder populre area is, jy noodwendig n mombakkies gaan behaal nie. Dit is die korrekte posisies in jou area wat jou sleutel tot sukses gaan wees.

Soos ek vroer ges het, geen boek kan vir jou s waar hierdie spesiale areas gele is nie. Dit is n kwessie van akkurate raaiwerk. Maniere wat vir my en van my vriende werk is om al die stokke voor of op n gruisbult te gooi. Hoe weet ek daar is n gruisbult op die dam se bodem? (Wag, dit sal in die volgende hoofstuk of twee verduidelik word.) Sou ek sukses behaal los ek die stok waarop ek sukses behaal het op daardie plek en soek ek nog n plek en plaas dan die ander stokke daarop ensovoorts. Dit neem gewoonlik n naweek of twee om daardie area deur te werk maar gewoonlik is dit die verskil tussen sukses en teleurstelling. Dit is ook baie belangrik om n notaboek saam te neem en aantekeninge te maak van al die areas wat jy bearbei. Die inligting kom altyd handig te pas op volgende hengel sessies.

BUITE FAKTORE

HENGELDRUK
Soos ek vror verduidelik het is daar areas in n dam wat meer produktief is as ander. Jou mikpunt moet wees om hierdie areas te identifiseer voordat iemand anders dit doen. Sodra jy sukes behaal in n sekere area is dit belangrik dat jy weer ander areas moet gaan opsoek want kookwater areas kan maklik dooie areas word as dit te veel gehengel word. Vis word skrikkerig as hulle gereeld gevang word.

DIE SEISOENE
Wees asseblief bewus daarvan dat karp se eetgewoontes verander soos die seisoene verander. Karp wat in die winter in groepe rondbeweeg en geneig is om in hulle onmiddelike area te bly, sal in die somer meer alleen rondbeweeg en groter afstande afl om kos te soek. Groot karp het ook die geneigdheid om in die somer in baie vlak water te wei, maar sou jy reg deur die jaar n aas in die vlak water hou kan jy tussen Mei en Augustus miskien net n verkoue vang. My grootste vis van 26,9kg het ek in 80 cm diep water, 30 meter van die kant af gehaak. Ek gaan net n klompie areas uitwys waar jy karp in verskillende tye van die jaar kan opspoor.


LENTE
Watergras, stil diep baaie, eilande (binne 20 meter van die kante af), waterlelies, boomstompe en ander obstruksies.

SOMER
Watergras, vlak water, plato, bopunte van gruisbulte, voerplekke en boomstompe.

HERFS
Oop water, sykante van gruisbulte, voerplekke en silt holtes.

WINTER
Obstruksies (boomstompe, rotse ens) Dooie watergras, tussen gruisbulte, silt holtes, dooie waterlelies, onder oorhangende bome en diep water met obstruksies.

DIE INVLOED VAN DIE WEER

Op hierdie staduim behoort jy bewus te wees van die feit dat sekere areas wat baie produktief kan wees op sekere tye van die jaar, morsdood kan wees, net omdat daar n verandering in die weer plaasgevind het. Wel die teenoorgestelde kan ook waar word. In die vroe somer kan die vlak water van baaie en sloepe baie produktief wees. Dit sal natuurlik een van my gunsteling areas wees, maar n suide wind het die geneigdheid om die vis na dieper water te dryf . n Teenstrydigheid kan ook plaasvind wanneer n warm noordewind die vlakwater omskommel en die vis daar gaan soek vir kos. So voor jy al jou voer in die water gooi, onthou net dat jy dit nie weer kan uithaal, sou die weer verander nie. Wees bereid om n posisionele skuif te maak sodat jy aan die ontvangkant van die wind bly.

Vervolgens lys ek n paar faktore wat veranderings op die eetpatrone van karp kan h en derhalwe ook op die opsporing van hulle.

Wind

Ren

Verlaging in temperatuur

Styging in temperatuur

Langdurige warm weer

Langdurige koue weer

Die keuse van waar die karp hulself kan bevind is joune en jy alleen hou die sleutel tot sukses of mislukking.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.