GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
4. Die invloed van seisoene op karp
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Die vorige hoofstuk het gestop by die invloed wat die seisoene het op jou kanse om sukses. Hierdie hoofstuk skop af waar die vorige een gestop het.

WIND
n Warm wind vanaf die Noorde behoort jou kanse op sukses te verhoog aangesien dit suurstof in die vlakwater indryf en so die moontlikheid op produktiewe eetsessies verhoog. n Koue wind vanaf die Suide het ongelukkig die teenoorgestelde effek op die vis en kan vir n geruime tyd voortduur.

REN
n Warm ligte perske ren sal gewoonlik lei tot verhoogde aktiwiteite, veral op die hoveld gedurende die somermaande na lang tydperke van warm dro weer. Die teenoorgestelde is ook van toepassing. Langdurige ren kan ook die vis se aktiwiteite laat afneem.

TEMPERATUUR DALINGS
n Wolklose lug na n warm dag (veral gedurende Herfs) sal areas in die vlakker water vinnig laat afkoel en so ook die karp se behoefte om te eet.
STYGING IN TEMPERATUUR
n Styging in die temperatuur verhoog gewoonlik n karp se behoefte om te eet en verhoog so ook jou kanse op sukses.

LANGDURIGE WARM WEER
Dit beperk gewoonlik karp se etenstyd tot die donker ure. Ek het die meeste van my sukses na 18h30, kort na 23h00 en net voor 05h00 (voor son-op) gehad.

LANGDURIGE KOUE WEER
Terwyl n skielike kouefront karp heeltemal kan afsit, het langdurige koue die teenoorgestelde effek. Jy kan goeie resultate gedurende hierdie tyd behaal alhoewel dit vir kort tydperke mag wees.

DIE TYD VAN DIE DAG
Net soos die verandering in die weer n oorwegende faktor kan wees van waar die karp hulle op enige gegewe tyd van die dag mag bevind, net so beweeg hulle ook somtyds tussen strukture gedurende verskillende tye van die dag. Hierdie effek is egter baie duideliker sigbaar in die somer wanneer hulle gewoonlik heeldag tussen strukture op verskillende areas van die dam of rivier aan die beweeg is. Gedurende die wintermaande kan karp enigiets van n dag, n week of selfs n maand in dieselfde area gevind word, heeltemal die teenoorgestelde van die somermaande. So, in die winter is dit belangrik om n hengelplek uit te soek waar die karp hulle bevind, waar jy jou stokke kan posisioneer en die karp die aas kan opspoor. Die probleem wat van tyd tot tyd in die somer opduik is dat jy soms van hengelplek moet verskuif agter die vis aan of jy moet vir lang tydperke sonder aksie sit en wag tot hulle weer by jou aas verbyswem. Jy moet nou net hoop dat die vis honger is as hulle deur jou area beweeg anders kan jou hengelsessie net in n mombakkies en n kuiersessie verander.


LENTE
My ondervinding gedurende die laaste 9 jaar was dat die meeste van my aksie tussen 04h00-08h00 in die oggend en tussen 20h00-24h00 in die aand voorgekom het. Ek het ook gedurende hierdie tyd op een plek bly sit en wag op die produktiewe ure. Moet ook nie gedurende die produktiewe ure te veel lawaai maak of ligte op die water skyn nie. Dit maak die vis senuweeagtig en verwoes jou kanse op sukses.

SOMER
Selfs in die somer was die meeste van my resultate gedurende die donker ure, maar soos vror genoem kan n welkome ligte ren die dag en nag resultate omruil.

HERFS
Die meeste aksie hier het tussen 03h00-09h00 in die oggend gekom. Snaaks genoeg kan vroeg middag ook van tyd tot tyd n verrassing oplewer.

WINTER
Soos vroer genoem beweeg karp nie veel rond in die winter nie en kan jy hulle dus enige tyd van die dag vang. Die balans tussen dag en nag sukses is baie fyn, so die patroon is nie baie duidelik nie. Ek hou dus ook my aas op dieselfde plek regdeur my hengelsessie en spring nie graag rond tussen moontlike areas nie.

Hou n notaboek byderhand wanneer jy hengel en teken aan waar en wanneer jy vis sien spring en wanneer hulle gevang word. Jy sal gou genoeg n patroon sien ontwikkel.

Soos ek alreeds genoem het is die probleem met vandag se damme dat jy nie altyd die beste posissie op die dam kan kry nie, maar dat jy die meeste van die tyd tevrede moet wees met wat beskikbaar is. Jy mag dalk dink dat dit n mors van tyd is om op n slegte plek te sit, maar dit is nie noodwendig die geval nie. Jy moet net die beste van n slegte saak maak. Gebruik jou terrein merker en werk uit watter struktuur jy voor jou het en probeer dit sistematies tot jou voordeel gebruik deur so hard as moontlik te hengel vir die tyd wat jy tot jou beskikking het. Hou in gedagte dat slegte areas nie gewoonlik gehengel word nie en dat die karp dit weet en daar veilig voel, so moet nie moed verloor nie. En wanneer jy sukses behaal het op hierdie plek moet jy vir jouself die vraag afvra: Watter soort areas hou karp? Watter van hierdie areas is die moeite werd om uit te probeer? Maar die belangrikste nog is Waarom?.

AREAS WAT KARP HUISVES



WATERGRAS
Vir baie hengelaars is watergras niks anders as n bron van irritasie nie, maar vir die wat weet is watergras n akwarium van lewe. Watergras huisves n oorvloed van varswater slakke, mossels, bloedwurms, larwes en natuurlik klein vissies (insluitende paddavissies), wat n ongelooflike magnetiese krag op die karpe uitoefen. Dit bied nie net skuiling vir die vis nie, maar voed hulle ook. Die kuns om in of na n watergras bed te hengel is, eerstens om nie jou aas binne-in die gras te gooi nie. Plaas jou aas binne-in n opening in die gras (dit dui gewoonlik n patrollie roete aan) of so na as moontlik aan die grasbed. Sou jy n vis haak kan hy met redelike geduld en somtyds gemak uit die grasbed getrek word mits jou hoek en lyn sterk genoeg is. Deur n redelike mate van fors uit te oefen (met die klem op redelik) kan jy deur middel van trek-en-los bewegings die vis daaruit bevry. Gedurende die somermaande kan jy verwag om karp heeldag lank in die watergras te vind en alhoewel sommiges gedurende die aand na oop water sal beweeg, sal jy feitlik altyd karp daar kry. Sou die watergras in die winter nie heeltemal verdwyn nie kan dit n uitstekende beginpunt wees vir n hengelsessie. Baie hengelaars vermy dit, maar glo my, dit is een van my gunstelinge.

WATERLELIES

Dit is nie teenwoordig by al die hengel waters nie, maar dit huisves altyd n populasie karp. n Gewilde metode om karp in die somer te uitoorl is om n drywende aas soos n boilie, so 15-20cm van die bodem af, styf teen n lelie stammetjie te plaas. Die karpe suig slakke en larwes van die stammetjies af en n karp kan nie n boilie wat lekker lyk en ruik uitlos nie. n Aas wat op die bodem l sal gewoonlik heeldag onaangeraak l, totdat die donker kom, so maak die meeste van die daglig en probeer n drywende aas. Wees egter gewaarsku: Bly naby aan jou visstokke aangesien n karp wat daarin slaag om te diep in die lelies te kom amper onmoontlik is om uit te kry. Kap so gou moontlik vas en hou vir al jy werd is. Gedurende die winter is lelies n uitstekende hengel plek en baie groot karpe is al in die verlede tussen lelies gevang. Ja, die bodem is gewoonlik vuil, maar dit is wat die karpe die meeste van hou.


BOME EN BOOMSTOMPE
Die belangrikste punt hier is dat al hou jy nie van die idee van struktuurhengel nie, moet jy dit nie vermy nie. Van my grootste visse het van sulke areas gekom. Gedurende herfs en lente kan jy n weddenskap aangaan dat jy karp in en om bome of boomstompe kry. Om die waarheid te s sal jy karp enige tyd van die jaar in en om bome kry behalwe in paartyd wanneer hulle in die warm vlakwater te vinde is en hulle ander dinge as kos in gedagte sal h. Hoe minder bome of boomstompe sigbaar is hoe makliker behoort dit te wees om die vis op te spoor. My bevindings in die verlede was of dit nou n enkele takkie is of n laning bome karp is mal oor struktuur.

PLATO
n Plato word gekenmerk deur n area van om en by eweredige diepte wat vlakker is as die res van die dam in n sekere gebied. Dit kan so groot wees soos n koffietafel of n rugbyveld, maar natuurlik hoe kleiner die plato hoe beter, maar ook hoe moeiliker om dit op te spoor. n Plato kan een van die dodelikste terreine wees om na te hengel en dit is n feit aangesien seker 50% van al my karpe gedurende die laaste 6 jaar van plato af gekom het. n Goeie manier om n plato op te spoor is om te kyk waar aktiewe karpe kop en skouers, keer na keer, uitkom. Hulle het die geneigtheid om hul flanke teen die rant van die plato te skuur en dan water te breek net om die ritueel keer na keer te herhaal. Hierdie areas het nog altyd baie meer vis in die somer as winter opgelewer en dit was duidelik te sien aan die mate van aktiwiteit oor hierdie areas. Sodra die temperature begin daal, so daal die vis af na dieper water toe of neem hulle toevlug na watergras of waterlelies.

STIL BAAIE
Daar is n ou Britse gesegde wat s dat wanneer karp in stil baaie is, is dit die beste plek om vir hulle te hengel, maar as hulle nie daar is nie kan jy maar huistoe gaan. Dit is niks anders as die waarheid nie. Gedurende die voorloop tot paartyd en gedurendie paartyd is dit n baie goeie plek om te hengel, maar wanneer dit verby is kan weke of maande verbygaan voordat dit die moeite werd is om daar te hengel. Alhoewel daar een of twee kalante kan wees wat territoriaal tot hierdie baai kan wees sal jy die oorgrote meerderheid van die karp baie selde daar vind.

VEILIGE AREAS
Enige area wat hengelaars nie normaalweg deur wettige metodes kan bereik nie beskou ek as veilige areas. Karp is nie so dom nie. Hulle leer uit ondervinding en as dit hulle ondervinding is dat sekere areas baie druk ondervind, dan vermy hulle dit gewoonweg. Daar is baie areas waar karp veilig kan voel. Soos binne-in riete. Groot areas riete kan nie gehengel word nie maar karp kan dit binnedring en dit laat hulle veilig voel. Sulke areas is ook een van my gunstelinge aangesien ek n PVA sakkie deur die hoek haak en feitlik binne-in die riete gooi. Die oomblik wat my sinker en strop die riete tref, trek ek so n half meter terug en ek weet dat die strik gestel is. Een van twee dinge kan gebeur: 1) Die vis wat uit die riete gejaag is deur die impak van die sinker en PVA sakkie gaan weer op n stadium terug na die riete toe. Hulle word dan gevang oppad terug in die riete in, of 2) Die vis wat nie geskrik het nie kom gewoonlik uit nuuskierigheid ondersoek instel en word so gevang. Ek het al vis van amper 23kg op so n wyse geuitoorl, so dit werk! Op een geleentheid het ek op n andersins stil Januarie naweek 23 karpe tussen 8 en 17kg in net minder as 24 uur op so n wyse vasgekeer. Dit is dus te verstane hoekom dit een van my gunsteling metodes is.

AREAS NABY AAN DIE OEWER
Dit is skrikwekkend om te sien hoe gereeld groot karp die oewer besoek, veral op n besige naweek. Deur baie stil te wees en geen lig in jou kampplek te laat brand nie kan jy sulke karpe uitoorl soos ek gedoen het in September verlede jaar toe ek n 26,9kg spielkarp net 30 meter van die oewer af aangekeer het. Die water was net dieper as kniediepte, maar die geveg was ongelooflik.

Om terug te kom na die metode: Dit help nie net om jou aas sommer op enige plek te plaas nie. Nee, ek gebruik n terrein-vinder of tewel Marker float om sekuur n strik te stel. Vind uit wat onder die water aangaan. In my geval met die ou Bul het ek met my Rocky sandale in die water rondgeloop en op n sekere plek was die bodem baie harder as enige ander plek, met n bietjie watergras. Ek het van my vispenne by my gehad en die plek gemerk. Terug op die wal het ek twee tigerneute op n haarstrop gesit met n stukkie kurk in die middel sodat dit dryf. n Klein knyploodjie is op die lyn gesit sowat 2cm vanaf die hoek se steel. Ek het my hengelvriend gevra om my visstok vas te hou terwyl ek uitstap na my gemerkte area toe. Gewapen met my strop en n handvol tigerneute het ek versigtig die strik gestel en die vispen uitgetrek en teruggesit en wag vir die aksie. Ses ure later ,in die vroe oggend ure, het my alarmpie angstig begin skree en die res is vasgevang op my kamera. Ander baie goeie areas is eiland oewers indien daar n eiland of twee op jou water is. Die voordeel hier is die beskutting en relatiewe veiligheid wat die vis voel.

BESKUTTE AREAS
Areas wat jy nie maklik na kan gooi nie soos oorhangende bome word gereeld deur hengelaars vermy, so wanneer jy so n area vind en jy kan akuraat daarheen gooi is dit n baie goeie plek om te teiken. As jy dit regkry om keer op keer en akkuraat die regte plek te tref, dan moet jy nie te gereeld inkatrol en weer gooi nie, want die kanse is goed dat jy die vis wat daar was of steeds is, afskrik en n goeie plek n slegte plek maak. Al het jy met jou eerste gooi die vis afgeskrik sal hy terug kom, maar n aanhoudende gegooi kan die vis permanent weghou.

SILT
Baie hengelaars vemy silt of modderige bodems, maar karp besoek sulke areas baie meer gereeld as wat baie mense dink. Bloedwurm word in hierdie areas in oorvloed gevind en glo dit of nie, bloedwurm is n karp se gunstelling dieet. Silt word in riviere, damme, mere en poele aangetref. Silt kan van n enkele sentimeter tot letterlik meters diep wees. Ek hengel in silt wat so diep is dat ek van tyd to tyd die harde grond of gruis onder die silt met n 4oz sinker kan voel.

DIEP GATE
Die meeste hengelaars dink dat diep water net bedoel is vir winterhengel maar n 2 meter diep holte omring deur water van s meter kan n uitstekende houplek vir die karp wees, maar n 3 meter holte omring deur 2 meter water het nie noodwendig dieselfde aantrekkingskrag nie. Daar is wel n uitsondering, as hierdie holte n gruis bodem bevat, wat omring is deur silt in die vlakker water, dan sal ek nie twee keer dink om my aas daar te plaas nie.

AREAS MET NATUURLIKE KOS



Soos vroer genoem is bloedwurm n gunstelling kos, maar varswater slakke, garnale, krappies en varswater mossels vorm almal deel van karp se stapelvoedsel en gedurige visbeweging op die oppervlak (spring en rol) op spesifieke plekke dui posisies van natuurlike kos aan. Al wat jy moet doen is om jou aas so na as moontlik aan die springende vis te gooi en duim vas hou. Die opsporing van areas wat natuurlike kos hou is uiters moeilik en dit word meestal per ongeluk ontdek, so hou aan kyk vir vis wat op dieselfde plek aanhou spring.

HELLINGS
Areas waar vlak water en diep water ontmoet is lokale areas waar strikke gestel kan word. Hierdie areas vorm deel uit van die karpe se patrolieroetes. Alhoewel die karpe normaalweg aan die beweeg is wanneer hulle deur hierdie areas beweeg is hulle beslis vangbaar. Wees dus net versigtig om nie daar te voer nie. n Enkele helderkleurige aas maak die vis nuuskierig en n karp sal dus uit nuuskierigheid die aas optel, nie noodwendig omdat hy honger is nie.

GRUIS BULTE
Dit is seker een van die populrste strukture in Engeland en Europa en daar heers ook n verskeidenheid opinies van watter posisie op die gruis bult die beste resultate oplewer. Party manne glo dat die bopunt van die gruis bult die beste is, sommiges glo die onderpunt ensovoorts. Al wat ek op hierdie stadium kan aanbied is my ondervinding. Gedurende Januarie 1999 het ek en n vriend van my n area van n dam gehengel met n gruis bult sowat 130 meter van die oewer af en parallel daarmee ongeveer 80 meter in lengte. Die gruis bult was sowat 5 meter wyd en plat aan die bokant. Die diepte op die kruin was 1,2 meter en aan die onderpunt 2,4 meter. Gedurende die naweek het my vriend verskeie areas probeer met twee visse tot sy krediet. Ek het dag en nag die bopunt van die gruis bult geteiken en 14 visse tussen 12kg en 20,4kg aangekeer. Gedurende Mei en Junie van dieselfde jaar het ek dieselfde area gehengel maar het die agterkant van die gruis bult geteiken. Hierdie keer het my vriend die bopunt van die bult geteiken met een vis van 12,4kg gedurende die oggend. Ek het 9 visse aangekeer waarvan die grootste 19,6kg was, n aanduiding dat die karp nie noodwendig na die anderkant van die dam beweeg gedurende die koue maande nie. Ongeveer 6 meter en 1,2 meter verskil in die diepte van die water was die deurslaggewende faktor. n Ander goeie posisie op so n gruis bult is weerskante waar die gruis gedeelte en die slit kontak maak. Dit is n baie goeie area en beslis een wat in my geheue sal bly vir n baie lang tyd. Gedurende middel Mei 2002 het ek so n area gehengel. n Gruis bult was weereens parallel met die oewer gewees maar het amper in die middel van my hengelarea n helling van links na regs gemaak. Ek het voerplek gemaak in die dieper water voor die bult en waar die helling van die bult met die silt ontmoet. Hierdie laasgenoemde area het in bestek van 12 uur twee persoonlike bestes opgelewer, die eerste vis was n spielkarp van 23,35kg en die tweede n volskub karp van 23,3kg. Die area links net voor die bult het n 15.4kg en n 14,7kg karp opgelewer. n Duidelike bewys dat hierdie tipe struktuur baie effektief kan wees winter of somer.

Enige hengelplek kan of goed of sleg wees afhangende wat jy daarvan maak. n Stelselmatige denkwyse en fyn beplanning kan die knoop deurhaak op bykans enige water.

Areas
Areas
met natuurlike kos vir karp

Areas
Areas
wat karp huisves

Hou rekord
Hou rekord
van jou vangste



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.