GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
6. Stroppe vir spesie karphengel
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Seker die een aspek van karphengel wat die meeste oor geskryf, gepraat en geskinder word, is die berugde strop, nl. die haarstrop en natuurlik alles wat daarmee saamgaan. Waar baie hengelaars deesdae verkeerd gaan is dat hulle dink hulle gaan hordes karp vang deur net eenvoudig n boilie aan die haarstrop te heg en dit blindelings in die water in te gooi. Dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Hengelaars wat op hierdie manier hengel sal feitlik elke keer n bloutjie loop en naderhand dink dat die haarstrop n mors van tyd is. Laasgenoemde is nie waar nie, want as jy op die regte manier voer en jou aanbieding (aan die besigheids-kant) is reg, dan is sukses net n kwessie van tyd.

Hengelaars moet ook tog vir hulself dink. Dit help nie om n ander man se stroppe na te maak sonder om te weet waarom die strop op so n manier gemaak is nie, want dit mag dalk n paar verlore visse tot gevolg h. Al my stroppe is gebasseer op die basiese haarstrop en hoe minder ek my stroppe verander hoe groter my sukses. Ek het n eenvoudige filosofie en dit is dat ek nie verander aan iets wat vir my n 100% slaagsyfer gee nie, selfs al sien ek n nuwe strop in n tydskrif. Daar is nie so n ding soos n meester strop nie. Al wat belangrik is, is dat jou haarstrop gebou is volgens die grootte van jou boilie en dat die hoek die aas komplimenteer. n Groot aas en n klein hoekie werk nie en so ook die teenoorgestelde. Daar is al so baie geskryf oor die haarstrop, maar om alles op papier neer te sit gaan ek myself net herhaal, so in stede daarvan gaan ek na n paar basiese beginsels rondom die haarstrop kyk en natuurlik die faktore wat jou keuse van strop kan benvloed verduidelik. Natuurlik gaan ek n gedetaileerde beskrywing van n paar stroppe gee waarmee ek en my vriende deurgans sukses behaal.

Wat is n strop?

Die strop verteenwoordig:

die sinker

die draaispil (swivel)

n hoek

lyn (Monofilament of Dacron)

n rubber pypie (Tubing)

Die aanbieding verteenwoordig:

die strop lengte

n Stringer (PVA)

hoek-aas

n pop-up

PVA sakkie

Let wel: PVA (Poly vaniel alkohol) word in latere artikels gedek.

DIE DOEL VAN JOU EIND-GEREI

Om eerstens jou voerplek te bereik. Die sinker moet dus swaar genoeg wees om dit ver genoeg te gooi en om die hoek in die vis se bek te sink sou hy die aas optel.

Om die karp te uitoorl. n Onooglike strop kan niks anders as n bloutjie oplewer nie, maar n netjiese sagte aanbieding kan n paar visse op die wal laat beland.

Om die karp te haak. Dit is waar hoekkeuse baie belangrik is. Want dit help niks as die karp jou aas optel en dit nie gehaak word nie.

Sodat die karp in die skepnet kan opeindig. Jou hooflyn, haarstrop en hoek moet sterk genoeg wees om dit te bereik.

Met veiligheid in ag geneem. n Onooglike strop kan onnodige skade aanrig. Geen item in jou eind-gerei behoort enige skade te kan aanrig nie.

HOEKE

Ek gaan nie my keuse van hoeke op jou afdwing nie, maar wat ek wel gaan verduidelik is die oorwegings wat jy in ag moet neem wanneer jy n hoek gaan kies.

Klein hoeke is lig en moelik om gewaar te word, en dus maklik om deur die karp opgeneem te word. Die probleem is dat n klein hoekie met n kort haartjie maklik deur die vis uitgespoeg kan word, sonder om gehaak te word. Hoewel n klein hoekie skerper as n groot hoek kan wees, is dit n feit dat dit ook baie maklik deur die vis oop gebuig kan word.

Die misverstand dat groter hoeke stomper as kleiner hoeke is, is deesdae n mite aangesien maatskappye soos Fox, Nash, Rod Hutchinson, Deernan Carp-R-us en Gardner Tackle dit hulle besigheid gemaak het om groter hoeke so skerp en sterk te maak, dat dit glad nie nodig is om n fyltjie byderhand te h nie. Die nadeel van groot hoeke is dat dit in helder water maklik deur karp gewaar kan word, maar die voordeel is dat dit bykans onmoontlik vir die karp is om van so n hoek ontslae te raak. Groot hoeke se draad is egter dik en sterk genoeg om bykans enige situasie te kan hanteer. Wat groot hoeke aan betref praat ek van groottes 6, 4 en 2.

Skerp hoeke is belangrik vir enige vorm van hengel, maar dit is nog meer belangrik wat karphengel aanbetref aangesien ons te doen het met statiese aas en dat ons staat maak op die gewig van die sinker om die hoek te sink. Karp hoeke is goedkoop in vergelyking tot die ander hengelgerei in jou besit, so hoekom goedkoop gaan met die item wat die grootste invloed op jou sukses kan h? Al die bogenoemde fabrikate is lokaal beskikbaar teen pryse wat wissel tussen R25 R69 per pakkie van 10 hoeke. Glo my dit is die moeite werd.

SINKERS

In ons tipe hengel is sinkers baie belangrik aangesien die hele konsep van die haarstrop gerugsteen word deur die idee dat die gewig van die sinker die hoek in die vis se bek sal sink. So, my gunsteling metode is n vry glysinker van 95gram enn NR.6 hoek. Dit gee vir my maksimum gooi afstand, maksimum penetrasie en maksimum vertroue. Klein sinkertjies met n mieliebom gooi goed, maar wat gebeur wanneer die bom opgebreek het? Die kans is goed dat die hoek ingesuig en weer uitgespoeg word, sonder dat die hoek die vis se lip kan prik.

In spesie karphengel konsentreer ons gewoonlik op 4 tipes sinkers:

Gly sinkers In line

Plat gly sinkers Flat in-line

Distansie sinkers met draaispil

Plat draaispil sinker

Elkeen van hierdie sinkers word in verskillende situasies benut, so hier volg n kort verduideliking:

Gly sinkers In line
Hierdie tipe sinker is baie populr in Engeland waar die meeste van die damme betreklik klein en beskud is en dit nie nodig is om vr te gooi nie. Omdat die sinker in lyn met die hooflyn is, is dit uitstekend om in die omgewing van struktuur, watergras en lelies te hengel aangesien die sinker nie n groot kans staan om vas te haak nie.

Plat gly sinkers Flat in-line
Dieselfde voordele as die gewone gly-sinker, maar die toepassing verskil effens. Die gebruik is gewoonlik in riviere waar strome jou sinker op die bodem kan rond rol en dit jou aas aanbieding erg benadeel. n Ander gebruik is op gruis walle en klipperige bodems waar die sinker so stil moontlik moet l om die karp te kan uitoorl.

Distansie sinkers met draaispil
Dit is net wat die naam s. Vir distansie hengel. Hierdie sinkers is ontwerp om lang distansies gegooi te word. Hulle kan gebruik word op twee maniere:
a. Om n vry glysinker te vorm en
b. Om in n plastiese sinker-knippie te pas (in engels Safety leadclip)

Vry gly sinker:-
Die belangrikste idee hier is dat, sou die hooflyn breek, dan kan die sinker maklik afgly en die vis kan nie verstrengel raak nie.

In die sinker knippie:-
Sou die sinker vashaak kan die plastiese knippie meegee, die sinker verloor en jou nog kans gee om die vis te land.

Plat draaispil sinkers
Die gebruik is soortgelyk aan die plat gly-sinkers.

DIE STROP MATERIAAL (MONO HVPE)

Sagte Dacron tipe materiale
Die grootste fabrikaat ter wreld, naamlik Kryston het n reeks materiale wat alle aspekte vanaf oop water tot die Radutadam in Romini se vlymskerp varswater mossels kan baasraak.

Die sogenoemde Kryston Hibriede materiale is gemaak van sagte gevlegde, ho verrigting polyetheleen met uiters dun en uiters sterk breeksterktes en dit het n voordeel deurdat dit moeilik sigbaar is en saamsmelt met die bodem van n dam of rivier. Dit is ook sag en die vis kan soms nie agterkom dat dit n lyn opgetel het nie.

Drywende lyne
Drywende lyne word die meeste van almal gebruik aangesien dit ontwerp is om nie vas op die bodem te l nie aangesien obstruksies soos blare, takkies en klippies die aksie van die hoeklengte kan affekteer. n Voorbeeld van hierdie materiale is Silkworm.

Neutrale materiale
Kryston se Merlin is n sogenoemde neutrale materiaal aangesien dit nie dryf nie en ook nie heeltemal sink nie. Dit werk goed tussen watergras en lyk baie natuurlik. Dit is ook gemaak van HVPE materiaal, maar is versterk deur polyester weefsels wat dit ook help kamofleer.

Sinkende lyne
n Voorbeeld hier is Supa Nova en is dikker as sy voorgangers maar l plat op die dam se bodem. Dit is baie natuurlik en baie effektief.

Onsigbare lyne
n Voorbeeld hier is Multistrand. Dit is gemaak van HVPE materiale maar instede dat dit gevleg is, is dit gerol. Wanneer dit met water in aanraking kom word dit plat en letterlik onsigbaar. Eerlik waar nie n gebruiks-vriendelike materiaal nie. Dit koek maklik en knoop moeilik.

Stywe hoeklengtes
Hier is twee materiale baie populr. Eerstens Florocarbon lyn. Dit lyk soos monofilament, maar is harder en is feitlik geheue vry. Dit l reguit en plat op die bodem en is feitlik onsigbaar. Die tweede is Amnesia Ook n geheue-vrye lyn, maar swart in kleur. Dit is baie populr en vang baie visse elke jaar.

Kombinasie lyne
n Voorbeeld hiervan is Kryston se Snake Skin (Goud of Groen). Dit is my gunsteling, aangesien dit die beste van beide wrelde bied. Aan die een hand is dit styf, l plat ek lyk soos watergras en met n stukkie van die plastiese omhulsel af is dit sag, gekamofleer en het vir my bykans 1500 visse in 3 jaar opgelewer.

Die haar van die haarstrop
Die oorspronklike idee van die haarstrop was om te verhoed dat die karp die hoeklengte en hoek voel as die aas opgtel word. Die haar is nie net n manier om n harde aas aan die lyn te koppel nie. Dit is bedoel om die hoek en aas te skei en op so n manier die karp te kry om homself te haak. Deur die hoek en aas apart te hou verhoog jy die kanse dat die vis homself haak dramaties, aangesien die vis die hoek in suig en die hoek vatplek binne die mond kry.

DIE HAARSTROP


Kliek op die skets vir 'n groter weergawe.

Hier volg n kort beskrywing van die haarstrop:

Maak eers n loop of lussie. Vou die lyn dubbel en maak n grannie knoop met die gevoude lyn. Trek die knoop styf en knip die los lyntjie af.

Vat n boilie en maak n gaaitjie daarin. n Dun boortjie werk goed aangesien dit nie die boilie laat breek nie. Gebruik dan n boilie naald en steek dit deur die gaaitjie in die boilie. Haak die lussie en trek dit terug deur die boilie. Plaas dan n haarstoppertjie deur die lussie om die boilie in plek te hou.

Neem nou die ander kant van die hoeklengte en druk dit van die rug-kant van die hoek af deur. Ek aanvaar jy hou die hoek aan die buig-kant vas.

Trek nou die lyn totdat die boilie so 3mm van die buig van die hoek af hang.

Hou nou die lyn styf in plek, en begin die lang lengte lyn van die hoek se ogie af om die skag van die hoek wen.

Sewe draaie is genoeg. Vat dan nou die punt van die lyn en druk dit van die rughant van die hoek terug deur die ogie en trek dit styf. Die knoop wat jy nou gemaak het is n knooplose knoop.

Al wat jy nog moet doen is om n draaispil aan te bind met behulp van n 5-draai Grinner knoop en sie-daar, n Haarstrop.

Plaas nou n gly-sinker aan jou hooflyn en bind dit aan die ander end van die draaispil en jy is reg vir aksie.

Hier volg nou n paar variasies van wat ek verduidelik het, maar die illustrasies behoort self verduidelikend te wees. Lekker stroppe maak!

DIE GRINNER KNOOP

STAP 1: Ryg die lyn twee keer deur die hoek se ogie.
STAP 2: Vorm n lus en ryg die lyn deur die lus
STAP 3: Ryg die lyn 5 keer deur die lus
STAP 4: Trek die knoop styf, knip oortollige lyn en rond af


23.24kg
23.24kg
'n Pragtige spieelkarp deur Gilbert geland

Grinner knoop
Grinner knoop
So maak mens die knoop

Haarstop
Haarstop
So maak mens dit

Spesiehengel stroppe
Spesiehengel stroppe
So lyk die basiese stroppe



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.