GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
7. Stroppe vervolg
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

In die laaste hoofstuk het ons gekyk na die bou van n haarstrop asook die algemene werking daarvan. Ek het die drie gewildste strop tipes gewys naamlik: die veiligheidstrop, die helikopterstrop en die glystrop. Elkeen het sy eie voor- en nadele, maar kom ons bekyk eers na die nadele.

NADELE

1. Veiligheidstrop
1.1 Sou die lyn breek is die eerste vraag of die sinker los sal knip uit die veiligheidsknippie of nie?
1.2 Met die sinker wat los hang kan jy moontlik meer gereeld vashaak. Ek s moontlik, want dit is nog nie bewys nie.

2. Helikopterstrop
2.1 Net soos in 1.1 sal die eerste vraag wees of die strop sal los gly as die hooflyn sou breek.
2.2 Met die sinker aan die punt van die lyn is daar volgens baie hengelaars te veel spanning op die hooflyn na aan die sinker en dit kan n breek in die hooflyn veroorsaak.

3. Glystrop
3.1 Soos in 1 en 2 is die vraag of die sinker gaan los gly as die lyn sou breek.
3.2 Die swak punt op hierdie strop is altyd die draaispl gewees totdat verbeterings aan gebring is en die swakpunt gelimineer is.

Hierdie tipe hengelmetode van ons is om te alle tye na die veiligheid van die vis om te sien, op die wal en in die water.

VOORDELE

1. Veiligheidstrop
1.1 Die sinker kan afval sou dit vashaak
1.2 Die posisie wat die sinker inneem met n gooi maak dat die strop nie sal koek nie.
1.3 Jy kan sinkers van verskillende gewigte aanhaak sonder om van stroppe te verander of om die strop los te sny net om die sinker te verander.
1.4 Wanneer jy jou stokke wegpak haal jy net die sinker af en jou visstok is mooi beskermd. Wanneer jy die stokke uithaal, dan haak jy net die sinker weer aan en jy is gereed om te hengel.

2. Helikopterstrop
2.1 Dit maak nie saak hoe hard of sag jy gooi nie, maar die helikopter strop sal nie koek nie.
2.2 Die sinker absorbeer die inpak van die gooi en die swiwel is totaal en al beskerm.
2.3 Sou die lyn breek dan kan die vis uiteindelik net met n hoek lengte in sy bek op eindig.

3. Glystrop
3.1 Net soos die helikopter strop koek hierdie strop nie maklik met n gooi nie.
3.2 Hierdie strop is uitstekend in watergras aangesien dit nie gras kan optel as daar n vis aan die anderkant is nie.

DIE AANBIEDING

Daar is letterlik honderde verskillende aanbiedings wat gebruik kan word vir n groot verskeidenheid van ase. Ek gaan derhalwe die ase in drie kategorie verdeel, nl:
1. Boilies
2. Partikels (mielies, bone, ertjies en neute ase)
3. Sagte ase (brood en deeg ase)

Net om julle geheue te verfris het ek in n vorige hoofstuk verwys na die aanbieding as die gedeelte van die strop met die hoek, lyn en draaispil (die besigheidskant van die strop). Ek gaan in elke kategorie twee tipes aanbiedings beskryf. Eerstens n aanbieding op die bodem en een weg van die bodem (drywend oftewel pop-up). Hierdie aanbiedings is nie wet nie, maar my persoonlike gunstellinge.

1. Boilies

In die vorige hoofstuk het ek die haarstrop verduidelik, so gebruik daardie aanbieding as jou eerste bodem-aanbieding. n Variasie daarvan is my groot gunstelling en dit is die Sneeuman. Om n Sneeuman te bou is dood eenvoudig. Neem bv. n 20mm bodem boilie en n 16mm pop-up. Verleng net jou basiese haarstrop sodat albei boilies op die haartjie pas. Wat gebeur is dat die hoek plat l op die bodem, maar die pop-up veroorsaak dat die twee boilies soos n sneeuman neutraal op die bodem sit. Wanneer die karp suig en blaas sal die sneeuman sonder twyfel eerste opgeneem word omdat dit ligter as al die ander items sal wees weens die neutrale effek wat die pop-up veroorsaak.

My gunstelling pop-up aanbieding vir boilies is die Skarnier strop. Dit werk letterlik soos n skarnier en word met Florocarbon lyn gemaak weens die onsigbare kwaliteit wat dit besit. Wat hier gebeur is dat die boilie wat ek hier gebruik drywend is en so 3cm bokant die bodem vasgepen word. Hier gebruik ek n helder kleur om die vis se aandag te trek. Hierdie strop werk uitstekend in modderige bodems of bodems met n laag watergras, ens. Ek benodig twee draaispille (een groot en een klein) n hoek en n vleklose staal ringetjie. Hierdie aanbieding werk soos n skarnier en n rede vir sy effektiwiteit is die magdom beweging wat die skanier moontlik maak. Die karp kan die aas letterlik van enige kant af benader en sal gehaak word.

2. Partikels
Net soos met boilies gebruik ek feitlik dieselfde tipe aanbieding, maar met n effense variasie. My gunstelling hier is om twee saad ase soos mielie, akker ertjie (maples), keker ertjie (chickpeas), swartoog boontjie (black eyed beans) en grondboontjies, op die haarstrop aan te bied met n stukkie ekstra digte spons tussen in. Die rede hiervoor is om die partikels net net van die bodem af aan te bied. Dit verbeter die sigbaarheid van die aas en verhoog ook die trefkrag van die aanbieding. Hierdie aanbieding waar die aas net net dryf en die hoek net aan die bodem raak word n krities gebalanseerde aanbieding genoem.

Die ander variasie is om net van die spons ontslae te raak en twee of drie sade op die haarstrop te plaas. Ek verkies om kleiner hoeke met sade te gebruik, so as ek n nr 6 hoek met boilies gebruik dan sal ek n nr 8 gebruik saam met die partikels.

My laaste gunstelling is die skanier strop. Die bou en gebruik daarvan is dieselfde soos beskryf onder die boilie gedeelte, maar soos hierbo genoem gebruik ek n kleiner hoek en plaas ek twee partikels met n stewige stukkie ekstra digte spons tussen in. Ek plaas dus dan ook n knyploodjie teenaan die draaispil waar die skanier strop sy naam kry. Hierdie knyploodjie se gewig pen die strop op die bodem vas en laat die partikels gevolglik sowat 3cm vanaf die bodem dryf. Enige karp wat dit waag om hierdie happie op te suig word onmiddelik in die onderlip gehaak. Die knyploodjie verrig n tweede funksie en dit is om die vis te verhoed om die strop uit te spoeg. Voorwaar n top aanbieding.

3. Brood- en deeg ase
Hierdie vorm van aanbieding word nie baie gereld toegepas nie, maar kan wel baie effektief wees. Jy kan enige sagte aas hier gebruik, van deeg tot pap of brood en al wat jy moet doen is om n stukkie vuurhoutjie in die lussie van die haartjie te plaas en dan die aas om dit te vorm. Nog n idee is om n mieliepit tot teen die stoppertjie te trek en dan n backing agter dit te plaas. Die moontlikhede is eindloos so speel maar rond en probeer gerus die haarstrop, jy sal vind dat dit baie goed werk.

n Laaste idee by sagte ase is om n stukkie kurk rond te kerf en dit op die haarstrop te plaas soos n boilie en dan jou deeg of broodjie om dit te vorm. Plaas dan n knyploodjie sowat 3cm vanaf die hoek se ogie en siedaar n boilie? Wel die karp sal nie die verskil kan uitken nie.

Veiligheidstrop
Veiligheidstrop
So lyk dit

Sneeuman-aanbieding
Sneeuman-aanbieding
So word dit gedoen

Ander aanbiedinge
Ander aanbiedinge
Erdwurm, Medunsa en Broodvlokkie aanbiedings



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.