GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
8. Die aas van die spesie karphengelaar
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Ek kan hoegenaamd nie alles omtrent aas in een hoofstuk inpas nie, want die inligting tot ons beskikking kan boeke vul, so ek gaan aas in afdelings verdeel en elke een op sy eie bespreek en dit oor twee hoofstukke bespreek.

Ek sal begin by die vraag wat al so lank al deur hengelaars gevra word, naamlik: Wat is n boilie en waar kom dit vandaan? Wel baie hengelaars het altyd gemeen dat die legendariese Kevin Maddocks die meester brein agter die wreld se grootste groot karp vanger naamlik n boilie is, maar n bietjie navorsing het aan die lig gebring dat n ene FRED WILTON van Snodland, Kent in Engeland alreeds in 1964 met gekookte aas begin eksperimenteer het.

Sy proeflopies is by n dam genaamd Keston geneem met gemengde welslae. Hy het een dag langs die dam geloop en toevallig n groot karp in die vlak water sien swem en beloof dat hy die vis gaan vang. Toevallig het hy die vorige Sondag in die koerant n artikel gelees en die prentjie het hom gefasineer. Dit was n foto van n groot groep hase wat stukkies hout van n denne balk, wat op die grond l, afbyt. Die artikel het gelees dat n Australiaanse wetenskaplike bewys het dat die meeste hase n souttekort in hulle bloed het en om dit aan te vul, het hulle die houtbalk gekou aangesien dit gedoop was in sekere chemikali.

Fred het toe geredeneer dat as sekere hase so n tekort het, dan moet die meeste diere en selfs visse ook so n tekort h. Sy teorie was om grondvoer te maak wat hoog was aan protieine en minerale, maar hoe kon hy items soos Brouers gis, Hawermout, gedehidreerde vleise en mieliemeel kry om te bind? Wel sy probeerslae het aangehou tot Junie 1967 toe hy growwe semolina, Brouers gis en mieliemeel met eiers gemeng het en dit liggies in kook water gekook het en dit toe in ronde balletjies gerol het. Hierdie balletjies het hy toe gebruik om voerplek mee te maak.
Sy sukses het toegeneem hoe meer gereeld hy gaan voer het en dit is hoe die boilie gebore is.

Vandag word dit baie anders gemaak en baie meer bestandele word bygevoeg om dit voedsaam, verteerbaar en aantreklik vir die karp te maak. Maar al hierdie resepte het een ding in gemeen en dit is dat groot karp aangetrokke is tot n aas met n ho voedingswaarde en ons kan nie stry teen meer as 30 jaar se sukses nie. Al die grootste karpe in die wreld is met boilies gevang, so kom ons wees eerlik, boilies is nie kunsmatig nie, dit is kos vir die vis en kos beteken voeding en voeding beteken groei.

Genoeg met geskiedenis, kom ons kom terug na die punt; Boilies. Sommige van ons noem dit kookies, maar vir die doel van hierdie artikel bly ons by boilies. Baie hengelaars daar buite wonder hoe om n boilie aan n hoek te kry en reeds daarom het ek stroppe eerste behandel het. Ons is almal eens dat n haarstrop gebou is om n boilie te hou weens die feit dat die doel van n boilie is om hard te wees.

Die mikpunt met boilies is om genoeg voedsame kos in die water te laat, wat lank genoeg voedsaam gaan wees totdat die karp dit opspoor, so is dit ook belangrik om n paar faktore in ag te neem voor jy jou aas kies:

Die hoeveelheid tyd wat jy by die dam gaan bestee.

Hoeveel groot karp is in die dam? Doen navorsing voor jy daarheen vertrek.

Hoeveel druk beleef die dam? Is daar honderde hengelaars elke naweek?

Is daar bewyse van n oorvloed natuurlike kos?

Is daar n spesifieke aas en geur wat goed werk?

Watter tyd van die jaar is dit?

Kan jy groot hoeveelhede boilies bekostig? (Nie? Bly lees want ek gaan n goedkoop resep verklap. Moet net nie vir almal vertel nie!)


Ek kan nie vir jou besluit wat om te gebruik en wat nie, want die geur wat goed werk in elke dam hang grootliks af van die Ph van die water. Water met n effense suur inhoud gaan ontvanklik wees vir of neutrale- of soet ase (Dit werk soos n magneet). Ek het dit ondervind in my lokale water, waar ons boilies gemaak het met verskillende vlakke versoeters en het meer sukses met belaglike soet ase as effense soet ase gehad. Die teenoorgestelde was ook waar by byvoorbeeld Klaserie en Buffelspoort waar die Ph naby aan neutraal is. Hier het ons sout by die aas gevoeg en sukses behaal (In hierdie geval het ons partikels gebruik). n Redelike goeie toets of n dam se water suur is, is om gewoonweg jou hande in die water te druk en dit af te was met die silt. Los dit om droog te word en as jou hande skurwerig voel het jy jou antwoord.

Kom ons bekyk gou boilies van naderby:

Daar is n paar verskillende tipes boilies op die mark beskikbaar:

Ho voedingswaarde Melkbasis boilies

Ho voedingswaarde Saadbasis boilies

Ho voedingswaarde Vismeelbasis boilies

Vir baie jare al gebruik hengelaars Melkbasis boilies vroeg in die lente. Saadbasis boilies in die herfs en winter en Vismeelbasis in die somer en die rede is as volg:

In vroeg lente benodig die karp meer proteiene en vesel om kragte op the bou vir die broei tyd.

In die winter benodig die karp n vinnig verteerbare aas om hulle aan die gang te hou gedurende die koue maande. Vismeel en oliebasis ase is uit. Die vis verteer nie die olie nie en dit heg aan die vis se lewer en kan hom doodmaak.

In die somer is vismeelbasis boilies uitstekend, die vis se metabolisme is vinniger en die olies kan verteer.

Wat die volgende deel van die hoofstuk aanbetref gaan sekere manne nie met my saamstem nie, maar dit is waarom ek hierdie boek skryf. Ek gee vir die wat wil leer my opinie en vir di alwetendes klippe om my mee te gooi. Ons kan nie oor alles in die lewe saamstem nie, maar julle almal lees hierdie boek omdat julle of vis wil vang of meer groter vis wil vang.

Raklewe boilies
Dit is waar baie hengelaars se spesie hengel begin het en sal aanhou begin. Dit is oor die algemeen goeie aas en is redelik bekostigbaar. Die voordeel van raklewe boilies is dat dit die regte vlakke van alles bevat. Die boilies het kleure en geure om van te kies en te keur. Die probleem is net dat boilies nie oral beskikbaar is nie, maar John Dearden van Boilies for Africa is besig om dit aan te spreek. Raklewe boilies het ook hulle voor- en nadele, so kom ons kyk daarna:

Voordele:

Dit is klaar gerol, gekook en lugdroog gemaak, so ma of vroulief hoef nie jou kop af te byt oor jy n gemors in die kombuis gemaak het nie.

Dit is almal mooi rond en almal dieselfde grote, so dit sal lekker werk in n boiliepyp.

Raklewe boilies is deur en deur bewys as sukses volle aas.

Nadele:

Almal kan dit in die hande kry, so jy het nie n voordeel bo n ander hengelaar nie.

Die prys dit kan partykeer duur wees.

Jy kan nie na hartelus die grote verander nie.

Vertroue? - Jy kies die aas omdat dit vir jou mooi lyk, maar hou die karp daarvan?

Maak jou eie Boilies

Voor ons verder gaan, gaan ek eerste kyk na die voor- en nadele en dan sal ek die kat uit die sak laat .

Voordele:

Jy kies wat jy wil insit.

Jy kies die grootte van jou boilies.

Vertroue in jou eie aas oortref di wat van n rak af kom by verre.

Dit werk baie goedkoper uit.

Al die bestandele is by jou supermark beskikbaar en hoef nie ingevoer te word nie.

Nadele:

Jou vrou / ma gaan jou nek omdraai as jy nie die kombuis weer skoonmaak nie.

Vroulief sal verkies as jy die goed klaar gemaak koop.

Dit is tydsaam.

Die drie basis mengsels (melk-, saad- en vismeel basis mengsels) is ook by die meeste hengelgereiwinkels te koop, maar ek verkies om my eie mengsel te maak en dit met n gedeelte van die mengsel wat ek by die hengelwinkel koop te meng. Op so n manier het ek baie van n goeie mengsel teen n billike prys. Hier volg dus n paar van my gunstelling mengsels:

Mengsel 1
10 x 500 gram Semolina
5 x 500 gram Soya meel
2 x 500 gram Rys meel

Nota
Sif die dro bestandele voor jy dit saam meng. Gebruik die vrou se wasgoed skottel, vra my dit werk goed. Meng al die bestandele goed deur en plaas dit in n lugdigte emmer in die spaarkamer se kas. Jammer lieffie. Nee manne, liewer in die motorhuis.


Mengsel 2
10 x 500gram Semolina
5 x 500gram Soya meel
5 x 500gram Rys meel
1 x 500gram Vital Brewers Yeast (Brouers gis)
1 x 500 gram Pro Nutro Heuning of Gewoon
5 x 500 gram Aartappel meel
1 x 500 gram Mielie meel
1 x 500 gram Horlicks
1 x 500 gram Vismeel
1 x 250 gram Molasses poeier
5 x 500 gram Afgeroomde melkpoeier

Nota:
Al die dro bestandele moet gesif word en dan baie goed gemeng word voordat dit verpak word. Onthou net dat jy die bestandele in kleiner maat kan aankoop solank die verhouding dieselfde bly.

Jy kan hierdie mengsel aanpas soos die seisoene verander deur byvoorbeeld die vismeel uit te laat en veskeie volsade stukkend te breek of maal met n baksteen en dit dan by jou mengsel te voeg.

n Goeie idee nou is om jou naaste hengelwinkel te besoek of bloot net op die Internet na OutdoorPAGES te gaan en uit te vind waar om bestandele soos Robin Red, egg albumin en corn steep liquor in die hande te kry. Glo vir my hierdie Mengsel nr 2, het vir my en my vriende duisende groot karpe op die wal laat beland. Gebruik dit reg en jy sal sukses behaal.

RESEPTE

Die volgende resepte is gebasseer op n ses-eier mengsel (Jumbo eiers) en onthou om die eiers eers almal (6) in n bak te breek en dit nie te klits nie. Sou jy die eiers eers klits maak dit duisende borreltjies en dit sal jou aas porreus maak. Dit sal opswel in die water en wegdryf. Dit wil jy nie h nie.

Hier volg n paar stappe

Breek ses eiers in n bak. Roer liggies totdat eier se wit en geel goed gemeng is.

Voeg 1ml vloeibare versoeter (ek verkies Rod Hudchinson Intense Sweetener) by.

Voeg jou geursel by. Onthou net dat n geur met alkohol as basis swakker word as dit gekook is. Geure met Glycerol as basis is beter.

Voeg 4ml Sesame saad olie of Cod liver olie by.

Gooi een eetlepel versiersuiker per eier by. Dit help om die mengsel te bind.

Voeg nou 3 eetlepels van die dro bestandele en roer totdat dit soos slap pap lyk. Laat staan dan vir so 10 minute. Hierdie tyd laat toe dat die dro bestandele mooi al die nattigheid absorbeer.

Voeg dan meer dro bestandele bietjie vir bietjie by terwyl jy dit konstant meng. Wenk: My ma se Kenwood Scheff weet net hoe!

Jy sal n stadium bereik dat die deeg soos klei word. Brei dit dan maar verder met jou hande totdat die deeg nie meer aan jou hande vassit nie. Jou deeg is nou reg om gerol te word in n dik wors, net dik genoeg om in n sausage gun geplaas te word. Anglers Inn African Gold kan hulle vir jou bestel. As jy alreeds n boilietafel van byvoorbeeld 18mm het dan sny jy die snoet van die geweer bietjie vir bietjie totdat jy n perfekte ronde boilie kan rol. Rol dan al die boilies in die mengsel. Kook intussen n pot water en voeg ongeveer die helfte van die boilies in die pot kokende water. Wanneer die boilies begin oplig van die bodem van die pot, tel jy 3 minute af. Haal die boilies uit en plaas dit op n ou handdoek om droog te word. Kook nou die ander helfte. Wanneer die boilies so n uur op die handdoek gel het moet jy dit oorplaas op koerantpapier en dit vir so n dag in n donker vertrek laat lugdroog word. Moet nie die boilie in die son laat droog word nie, dit bars oop.

Hier volg n paar van my gustelling resepte:



Die geursels wat ek noem is tans almal by Anglers Inn African Gold beskikbaar.

1)
6 eiers
1ml Intense sweetner
4ml Cod liver oil
6ml Rod Huchinson Chocolate malt
1tlp Oranje kleursel
1tlp Robin Red

2)
6 eiers
1ml Intense sweetner
4ml Cod liver oil
6ml Rod Huchinson Peach geursel
1tlp Oranje kleursel
1tlp Robin Red

3)
6 eiers
1ml Intense sweetner
6ml Mainline Pineapple juice
1tlp Oranje kleursel
1tlp Robin Red

4)
6 eiers
1ml Intense sweetner
4ml Cod liver oil
15ml Super Cast Amandel of Bunspice
1tlp Rooi kleursel
2tlp Robin Red

5)
6 eiers
1ml Intense sweetner
4ml Cod liver oil
6ml Mainline Fruitella of Essencial opal
1tlp Geel kleursel
1tlp Robin Red

6)
6 eiers
1ml Intense sweetner
4ml Cod liver oil
20ml Nash Whisky geursel
1tlp Rooi kleursel
2tlp Robin Red

Nota
Ek voeg 15 20 ml Mainline Corn Steep Liquor of Rod Huchinson Secret Agent by elke 6 eier mengsel.

Lekker Boilies maak. O, Ja hierdie deeg, voor dit gekook word, maak ook uitstekende deeg of backing ase.


PVA Sakkies
PVA Sakkies
Reg om te gooi of in te neem

Boilies
Boilies
Kom ons maak Boilies



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.