GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
9. Partikels
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Soos ek al voorheen verduidelik het is boilies nie die begin en einde van spesie karphengel nie want te veel karp is in die verlede al gevang met parikel ase soos mielies, grondboontjies, keker ertjies en akker ertjies om dit te ignoreer. In hierdie hoofstuk gaan ek in diepte elkeen van die partikel ase en lokase beskryf en ook verduidelik hoe om dit voor te berei. Maar voor ons daarby kom wil ek net vlugtig oor natuurlike ase gaan.

1. NATUURLIKE ASE

Natuurlike ase word in damme en riviere oral in die wreld aangetref en vorm deel van n karp (en alle ander spesies) se stapel voedsel.

1.1 Varswater slakke

Volgens geskrewe bewyse is varswater slakke seker een van die gewildste natuurlike kosse vir karp. In damme en riviere waar waterlelies gevind word kan jy maar veseker weet dat daar slakke sal wees en ook heelwat karp. n Suksesvolle metode om met slakke te hengel is om die hoek net deur die dop en vleis te haak, maar maak maar seker dat jy dit baie versigtig doen want die dop van n varswater slak is baie sag. Hengel met slakke so na as moontlik aan varswaterlelies of riete want dit is waar karp vir slakke sal soek.

1.2 Varswater mossels
Alhoewel warswater mossels in die meeste Suid-Afrikaanse damme en riviere teenwoordig is, kan ek nie onthou of ek al ooit van iemand gehoor het wat dit as n karp aas hier in Suid Afrika gebruik het nie. In Romini het ek vir die eerste keer gesien hoe die manne van Oostenryk varswater mossels suksesvol as lokaas gebruik het. Hulle het twee emmers stukkend gekapte mossels met twee emmers boilies en n emmer mielies gemeng en dit gevoer. Hulle sukses was finominaal.

1.3 Wurms
Dit was en is nogsteeds n baie suksesvolle aas vir karp, maar ek weet nie of hengelaars al gedink het om n groot wurm aan n hoek te haak en dit met n le inspuiting vol lug spuit nie. Volgens n paar van my oorsese vriende is hierdie metode ongelooflik suksevol net na broeityd, wanneer karp op soek is na natuurlike kosse.

1.4 Vlieg- en Brommer larwes
n Baie onderbenutte aas hier in Suid-Afrika is vlieg- en brommerlarwes. In Europa kry jy nie n kompetisiehengelaar sonder hierdie larwes nie. Dit word daar beskou as die mees suksesvolste aas in die geskiedenis, van hengel. Die spesie manne gebruik hierdie larwes op n baie interessante manier: Neem n stukkie kurk en kerf dit naastenby rond. Boor dan n klomp 2mm gaatjies sowat 3mm diep dwarsoor die balletjie. Boor nou n 2mm gaatjie regdeur die balletjie (jou boilie naald sal daardeur moet gaan). Steek n speld in die balletjie in en druk n druppeltjie superglue in elke gaatjie. Neem die larwes een vir een en druk hulle kop eerste in n gaatjie. Wanneer die balletjie vol larwes is, heg jy die balletjie soos n boilie op n haarstrop en siedaar n MEDUNSA aanbieding (sien hoofstuk 8). Sit nou n hand vol larwes in n PVA sakkie, heg dit aan die hoek en glo my n karp is jou voorland.

2. PARTIKELS

2.1 Soetmielies (Heelpitmielies)
Sonder twyfel is heelpitmielies een van die mees suksesvolste ase hier in Suid-Afrika en oorsee. Hoewel dit nie uitsluitlik n karp aas is nie, sal dit verkeerd wees om dit nie eerste te noem nie.

2.2 Mielies
Die rede waarom mielies so graag deur spesie hengelaars gebruik word is twee ledig. Dit kan eerstens as voer saam met heelpitmielies gebruik word en tweedens is dit die goedkoopste manier om n voerplek te maak. Mielies kan alleen gebruik word of saam met boilies en ander ase. Dit is ook maklik om voor te berei. Gooi n emmer halfpad vol mielies, voeg twee eetlepels sout by, vul dit verder vol water, en plaas n deksel op. Los dit so in n motorhuis of donker vertrek vir 24 uur voordat dit gekook word. Die kook proses moet as volg geskied: Voeg 250ml Vanilla geursel in die pot, voeg die mielies sonder water in die pot en voeg skoon water by. Bring tot kookpunt en prut vir een uur. Laat dit afkoel en voer soos verkies.

2.3 Grondboontjies

Grondboontjies is een van my groot gunstellinge, maar hengelaars moet daarop let dat dit goed voorberei moet word anders kan dit verseker tot n karp se dood lei. Moet nooit grondbone droog in n dam of rivier voer nie. Die voorbereiding is heel eenvoudig: Gooi n emmer halfpad vol grondbone, voeg 2 eetlepels sout by en vul dit verder met water. Laat dit weereens vir 24 uur, bring dit tot kookpunt en prut vir 20 minute. Grondbone is op hul effektiefste wanneer dit so warm moontlike toegedien word, so probeer dit gerus.



2.4 Akker ertjies (Maple Peas)

Akker ertjies is n baie effekte aas en het al visse hier to 24kg plus opgelewer. Ek verkies om akker ertjies saam met boilies te voer en dit ook so warm moontlik toe te dien. Die voorbereiding is dieselfde as grondboontjies maar ek hou daarvan om molasse stroop by die water te voeg aan die begin. Nadat die akker ertjies gekook is, ruik dit so lekker dat ek hulle self amper kan eet.





2.5 Keker ertjies (Chick Peas)

Dit is n baie onderbenutte aas wat geur en kleur baie mooi opneem, so indien jy nie geld het om hope boilies te bekostig nie, is hierdie aas ideaal om jou boilies aan te vul aangesien jy dit kan kleur en geur presies soos jou boilies. Die voorbereiding is presies dieselfde as die begenoemde, maar hier voeg jy vloeibare versoeter, geur en kleur by instede van sout. Keker ertjies is baie dors en swel tot meer as dubbel die dro grootte. So maak seker jy gooi nie te veel keker ertjies in die emmer nie.




2.6 Swartoogboontjies
Dit is ook baie onder benut en die voorbereiding is net soos al die ander. Daar is soveel tipes bone beskikbaar en almak kan as aas gebruik word. Speel n bietjie rond en kyk wat werk. Jy kan ook n kombinasie bone gebruik, want n verskeidenheid (groot en klein) kan deurslaggewend wees.

2.7 Tiger neute

Ongelukkig is Tiger neute nie vrylik in Suid Afrika beskikbaar nie, maar dit is n ongelooflike suksevolle aas. Doen maar gerus navraag op die internet by www.outdoorpages.co.za en Andr sal n lys van hengelwinkels vind wat dit aanhou. Anglers Inn / African Gold sal dit selfs vir jou pos as jou lokale hengelwinkel dit nie aanhou nie. Die voorbereiding is dieselfde as grondboontjies, maar die kookproses is 45 minuter op medium hitte. Tiger neute is ook goed ontvanklik vir geure en Pynappel werk besonder goed. Die rede waarom Tiger neute so goed is, is dat dit mossels en slakke na-aap en baie krakerig is.


3. VOER PARTIKELS

Dit is meestal sade wat te klein is om op n haarstrop aangebied te word, maar is baie aanloklik vir karp en hou hulle gewoonlik langer in jou voer area. Ek gaan hulle individueel bespreek, maar onthou dat hierdie sade meer effektief is, sodra dit in n mengsel saamgevoeg word.

3.1 Hemp saad (Kemp saad in Hollands)

Dit is net by n paar hengelwinkels beskikbaar, is duur, maar baie aanloklik. Voorbereiding is net soos grondboontjies, maar ek hou daarvan om behalwe van sout ook gemaalde swartpeper by te voeg. Kook dit totdat die saadjie oop split.

3.2 Wildevol sade
Gewoonlik is daar n verskeidenheid saam in n sakkie, maar hoef nie gekook te word nie. Gooi net kook water by en laat staan vir een uur.

3.3 Anys sade
Vir elke 10kg voer sade voeg ek net 500gram anys sade by. Voorbereiding is soos 3.2.

3.4 Rooi en Geel koring
Ook baie effektief saam met ander sade en hoef ook nie gekook te word nie.

3.5 Barley
Barley hoef nie gekook te word nie. Karp hou baie van hulle.

3.6 Niger, Millet, Red / Black Rape seeds
Soos al die ander sade is daar geen nodigheid om hulle te kook nie.

3.7 Moong beans
Groen in tekstuur en word soos grondboontjies voorberei. Dit ruik baie lekker en is uitstekend saam met die ander voer sade.

3.8 Buck wheat
Dit is n swart, driehoekige tipe saad wat net soos hemp saad voorberei word. Dit ruik wonderlik na dit gekook is en werk goed saam met die ander saad ase.

4. ONNATUURLIKE ASE

4.1 Broodkorsies
Sny broodkorsies in vierkantige blokkies en plaas 2 3 op n haarstrop uitstekend.

4.2 Broodvlokke
Maak n plastiese kraletjie aan die haartjie vas en druk n broodvlok om dit vas. Dit kan uitstekend werk naby watergras, lelies en riete.

4.3 Boilie deeg
Dit werk uitstekend by baie damme.

Ons het aan die einde van hierdie tema gekom, maar beslis nie die einde van aas nie. Speel rond met kombinasies en kyk wat werk. Ek weet ek het nie al die moontlike ase bespreek nie, maar ek hoop dat ek die boodskap tuisgebring het. Sterkte vir jou volgende hengelsessie. Blaai om vir n nuwe produk wat pas op die mark verskyn het.

Erte
Erte
Verskillende erte wat as partikels gebruik kan word

Wilde voelsaad
Wilde voelsaad
'n Gesogde mengesel vir karphengel



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.