GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
10. Langlynhengel
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Hengelaars het uiteenlopende idees rakende langlyn hengel. Van oewer hengelaars wat gemaklik 160 meter vr kan gooi (akuraat) tot manne wat verkies om hul lyne met n kano of radiobeheerde aasboot tot 600 meter vr in te neem. In hierdie artikel gaan ek albei wrelde uit n spesie hengelaar se oogpunt aan jou bekendstel.

LANGLYN GOOI

Ek het in vroere artikels verduidelik hoe tegnologie selfs die hengelwreld oorgeneem het, want in die 1970s het hengelaars n gooi van 80 meter as deksels ver beskou, maar vandag is daar manne wat 180 meter so gemaklik keer op keer kan tref dat dit soos kinderspeletjies lyk. Maar wat ook al jou vermoe is, is nie die punt nie, wat wel ter sprake is, is dat langlyn hengel van tyd tot tyd noodsaaklik is as jy vis op die wal wil kry. Wat spesie hengel hier in Suid Afrika verskillend maak van ons vriende in Europa is dat kanos en radiobeheerde bote op bykans 90% van alle damme in Suid-Afrika toegelaat word, maar net op omtrent 10% van damme in Europa. Dus is die kuns van vergooi meer belangrik vir daardie hengelaars as vir ons. Ek sal in n oomblik meer uitbrei, maar ons moet eerste saamstem met die terminologie nl. Langlyn gooi beskou ek as enigiets van 100 200 meter en vir die doel van die artikel sal ek die nodige toerusting wat ons vir die doel gebruik, verduidelik en dan oor beweeg na hoe ons kanos en aasbote gebruik tot ons voordeel.

Waarom moet ons langlyn hengel?

Hier moet ek n punt baie duidelik maak. As jy nie nodig het om op maksimum gooi afstand te hengel nie, dan moet jy nie . Ek het my persoonlike beste vis en letterlik honderde ander visse minder as 40 meter van die kant af gevang. Glo my dat dit baie meer gemaklik is om oor n kort afstand te hengel. Jou voerplek en aanbieding kan soveel makliker gedoen word. Jy kry ongelukkig daardie manne wat verkies om op maksimum gooi afstand te hengel of daar nou vis is of nie. Dit is gevolglik harde werk, veral in die aand, wanneer jy nie kan bepaal hoe akkuraat jou gooi is nie. Wat jy in gedagte moet hou is dat as die vis spring op ongeveer 50 meter, dan sal dit dom wees om op 100 meter te hengel, maar as die vis konstant op ongeveer 120 meter spring dan moet jy in staat wees om daar by te kan kom. Indien dit nie moontlik is nie is die antwoord n kano.

Watter hengelgerei gebruik die spesie karphengelaar?

Dit moet elke karphengelaar se droom wees om n stel tweestuk visstokke soos die Century Full Metal Jacket, Free Spirit, KM Eccocets, Balzer IM6 en IM8 (om net n paar op te noem) te kan aanskaf, veral as dit n lewenslange waarborg dra en geprys is tussen R2200 en R5000 per stok. En katrolle? Wel kostes kan ook R1200 R3300 per katrol beloop, maar ongelukkig is ons almal se voete ferm op die grond en drome bly drome. Jy moet maar net oor die weg kom met wat jy het en as jy gelukkig is met die distansie wat jy kan haal, dan moet jy by dit bly. Ek gaan dus hengelgerei bespreek wat redelik binne die meeste hengelaars se prysklas sal val en verduidelik wat benodig word om konstant akkuraat en ver te kan gooi.

VISSTOKKE

Die visstok is die eerste en mees belangrike stukkie gerei wat jou afstand gaan benvloed. Ek verkies n stok met n 3 pond toets kurwe of meer vir vergooi. Die Engelse terms van fast taper of medium taper stokke beteken medium tot stywe stokke. Die Engelse verwys ook na tip action of tip speed. Kom ons kyk gou na hierdie terme. Om mee te begin beteken hulle almal om en by dieselfde. Die term toetskurwe beteken die gewig wat nodig is om die visstok se punt 90 grade tot die onder punt van die stok te neem.

Hier kom tip speed ter sprake. Wanneer jy teruggetrek het (om te gooi), die visstok tot maksimum gebuig het en die gooi maak, beweeg die visstok van n volle buig tot reguit. Die spoed en krag wat hier uitgeoefen word help om die sinker tot n maksimum afstand te werp. Dit word dan ook die punt spoed (tip speed) van die stok genoem. Hoe vinniger die punt spoed hoe beter geskik is die stok vir vergooi.
Daar is net n handjievol hengelwinkels wat redelike bekostigbare stokke van die kaliber hierbo genoem aanhou, so onthou die volgende spesifikasies indien jy nuwe stokke wil aanskaf.

Twee stuk stokke (Shimano, Balzer, Nash Persuit, Badger, D.A.M. of Mitchell om net n paar te noem).

12 voet of 13 voet in lengte

8 of minder ogies (Hoe meer ogies, hoe meer weerstand beleef die lyn wanneer jy gooi).

3 pond toets kurwe of meer.

Die prys, wel dis jou keuse.

KATROLLE

Soos met visstokke is ek seker almal het hulle gustelinge, maar wanneer dit kom by vastespoel katrolle is make soos Shimano, Daiwa, D.A.M. en Mitchell die gewildste, maar daar is iets om hier na op te let. n Wye spoel sal altyd beter en verder gooi as n nou spoel en die tekening wys die verskil. n Nou spoel bied baie meer weestand met n gooi as n wye spoel. n Wye spoel sal oor die algemeen heelwat vlakker wees as n nou spoel en ook n groter lyn kapassiteit h, so wees bewus van die verskille en kies dn eers n model.

GEBALANSEERDE HENGELGEREI

Dit is uiters belangrik om gebalanseerde toerusting aan te skaf. Dit help nie jy koop n goeie visstok en jou katrol is myle te klein vir die doel nie. Dit help ook nie jy het n Shamano Aerlex 8000 katrol en jou visstok is die kwaliteit van n besemstok nie. n Visstok wat gebou is om te kan gooi moet gebalanseer word met n katrol wat vir dieselfde doel ontwerp is.

VISLYN

Indien moontlik is dit altyd die beste om regdeur met dieselfde dikte lyn te hengel aangesien n knoop tussen hooflyn en n voorslag sy eie stel probleme kan veroorsaak soos watergras wat daarin kan vassit as jy n vis speel, die lyn wat om n ogie wen en dan afbreek ens. My eerste keuse as dit kom by hooflyn die afgelope 5 jaar is Berkley se Fireline (14 pond). Die 14 pond weergawe is so dik soos 7lb lyn en het n top end breeksterkte van ongeveer 20 pond so dit maak nie saak hoe swaar jou sinker is nie, die lyn sal nie sommer breek op n gooi nie. Ja dit is baie duur, maar vir elke 10 keer wat jy jou monofilament sal vervang, vervang ek net een keer die Fire line. Dit gooi fantasties en koek nie maklik nie. Wanneer ek wel monofilament lyn gebruik is my gunsteling Berkley Big Game (10, 12 of 16 pond breeksterktes). Wanneer ek die 10 pond weergawe gebruik, hou ek daarvan om 20 pond Berkley Fireline as voorslag te gebruik, weereens omdat dit nie koek nie, maar grootliks omdat dit so dun en sterk is. My gunstelling knoop om Dyneema en mono te verbind is die Mahin knoop. Daar is nie n sterker knoop as die Mahin nie en dit is n feit. Jy sal op let dat dit nie eintlik n knoop is nie en dat die los punte van die lyn na agter wys en taper loop. Dus beteken dit minder wrywing en n beter gooi. Die lengte van my voorslag maak ek so 4 draaie op die spoel en bring die lyn gelyk met die onderste deel van die stok voordat ek dit afsny. Ek sny ook gewoonlik so 10 voorslagte voor die tyd en rol dit om n ou vislyn spoeletjie. Nota: Onthou net altyd om die knoop agter op die spoel te kry voor jy gooi. Dit werk uitstekend.

DIE MAHIN VOORSLAGKNOOP

Stap 1: Maak n knoop in die voorslaglyn
Stap 2: Ryg die hooflyn deur die knoop
Stap 3: Wen die hooflyn nege keer om die voorslag
Stap 4: Wen dan die hooflyn weer terug (6 keer) en ryg die hooflyn weer deur die knoop in die Voorslag soos aangedui
Stap 5: Trek die knoop styf, knip oortollige lyn en rond af.

ALARMS
Ons gebruik dieselfde alarms as wat vroer in die artikel reeks beskryf is, en dit dien n tweeledige doel. Behalwe dat dit skreeu wanneer n vis die aas optel en wegswem, bied dit ook n mate van sekuriteit, aangesien die alarm ook sal afgaan as iemand jou lyn sou afsny of die visstok optel om dit te steel.

VISSTOKSTAANDERS OF VISPENNE
Weereens bly alles dieselfde soos vror verduidelik. Die keuse tussen penne of staanders word bepaal deur die toestande op die oewer.

METODES VAN HENGEL

Kitaar snaar metode of te wel stywe lyn

Dit is net van toepassing om monofilament lyn weens die rekbaarheid. Wanneer jy +120 130 meter ver hengel en jy n baie akkurate indikaksie wil h is dit belangrik om soveel moontlik rek uit die lyn te kry en jy spreekwoordelik met n kitaar snaar lyn hengel. Wanneer die vis die aas optel is jy feitlik onmiddelik bewus daarvan. Dit verhoed dat die vis obstruksies vind om jou te laat vashaak voor jy bewus is van die byt.


Slap lyn metode

Dit pas ons toe wanneer ons met Fire-line hengel, aangesien daar geen rek in die lyn is nie. Ons plaas wel n aanhaak sinkertjie op die lyn (gly metode) wanneer klaar gegooi om die fire line op die bodem te hou. (Fire-line het die nadeel dat dit dryf). Die geringste beweging van die lyn word deur die alarm verklik wat dus hierdie metode die heel effektiefste maak. Ek gebruik ook hierdie metode met monofilament, maar slegs as ek korter as 60 meter uit hengel.

EINDGEREI

STROPPE
Ek gebruik graag enige van die drie stroppe soos in vroere hoofstukke beskryf (Helikopter, In lyn en Gly stroppe) aangesien almal feitlik koekvry is op n lang gooi.

AANBIEDINGS
Dit is jou keuse. Ek gebruik graag enige van die aanbiedings soos ek onder stroppe in hoofstuk 7 8 beskryf het.

Hoe voer ek op so n distansie?

Daar is n paar metodes om te voer op n distansie naamlik:

n Boilie pyp (Cobra stick) indien jy met boilies hengel.

Aas vuurpyl (Bait rocket) enige aas.

PVA tou Boilies

PVA sakkies Enige aas, maar dit moet nie nat wees nie anders smelt die sakkies.

Mieliebolle

Kano

Radiobeheerde aasboot

KANOS

Geen artikel oor langlyn hengel sal volledig wees sonder om kanos te noem nie. Aangesien ons baie by groot damme hengel en struktuur en Hotspots dikwels buite gooi afstand van die oewer af gevind kan word het die gebruik van kanos n integrale deel van ons tipe van hengel geword. Ons gebruik twee maniere om ons lyne uit te vat, naamlik:

Neem die visstok saam op die kano, soek die regte plek (d.m.v. echo sounder) laat sak die lyn en roei terug kant toe.

Laat jou maat die stok vashou terwyl jy uitroei (na n merker dobber toe), trek die lyn reguit, laat die lyn slap word en laat sak dit dan.

Albei hierdie metodes werk uitstekend en wat dit nog beter maak is dat distansie hier nie n kwessie is nie. Jy kan jou lyn of 60 meter uitroei of 600 meter, dit hang alles van jou en die struktuur onder die water af.


RADIOBEHEERDE AASBOTE

Hulle het dieselfde gerief as n kano, behalwe dat jy nie weet wat onder die water aangaan daar waar jy die aas laat val nie.

Laaste gedagte
n Laaste voordeel wat ek nie aan gedink het nie, is dat sou jou lyn vashaak, kan jy uitroei en dit losmaak sonder om n lang stuk lyn in die water agter te laat. Sou jy met n sterk vis baklei, kan jy die skepnet saam neem en die vis op die water gaan moeg maak, en dan weer kant toe roei. Onthou net altyd om n veiligheidsbaadjie te dra sodra jy op die water gaan.


Vryheid!
Vryheid!
Die mooi karp word vrygelaat

Probleme
Probleme
om op te let by spoele

Mahin Voorslagknoop
Mahin Voorslagknoop
Uiters betroubaar by grootkarp hengel

Back Lead
Back Lead
Die aanhaak sinker



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.