GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
11. Obstruksie hengel
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES

Feitlik elke dam in Suid-Afrika het in welke vorm ook al obstruksies van een of ander aard. Of dit nou dro bome, rotse, heinings of ou oorstroomde huise is, die blote feit dat hulle teenwoordig is, maak dit n magneet vir die meeste vis spesies. Die probleem waarmee amper elke hengelaar sit is dat hulle gerei nie opgewasse is teen hierdie obstruksies nie. In hierdie artikel verduidelik ek so goed ek kan hoe om obstruksies tot n voordeel eerder as n nadeel te gebruik en watter toerusting en stroppe gebruik kan word.

WAT IS OBSTRUKSIES?

Enige item wat in die water te vinde is en gemaklike hengel belemmer kan as n obstruksie beskou word. Die lys is amper nimmer-eindigend maar soos hierbo genoem kan dit een van vele wees. Ek gaan die meeste obstruksies individueel bespreek en hopelik n oplossing of twee aanbied.

WATERGRAS
As daar een ding is wat gewaarborg is om karp te hou, dan is dit watergras. Oor die algemeen hou hengelaars nie daarvan om in en om watergras te hengel nie, maar al wat hulle doen is om hulle van n paar goeie vangste te ontneem. Hou die watergras goed dop, daar behoort oop kolle in die gras te wees. Dit is juis hierdie oop kolle en die buitekante van die gras wat geteiken behoort te word. Plaas jou voer binne in hierdie oop kolle en die buitekante van die gras en indien jy met 15 pond plus lyn hengel is dit heel maklik om karp op n gereelde basis aan te keer.

WATERLELIES
Water lelies is uitstekende uithangplekke vir karp in die somer en winter. Kos items soos slakke, mossels en bloedwurm bevind hulle gewoonlik hier en dit is waar jy groot sukses kan behaal. n Wenk is om nie die vis se kop af te probeer trek nie maar eerder die vis uit die lelies te probeer lei, amper soos n hond op n leiband. Vir sulke omstandighede is Berkley se Big game in 16 pond breekkrag die beste keuse.

SEMENT-, TEER- en HOUTPALE
Karp het die geneigdheid om parasiete van hulle lywe af te skuur en hierdie obstruksies is n besoek plek vir baie karpe. Die idee is gewoonlik nie om iets te eet nie, maar hulle sal nie sommer n toevallige happie ignoreer nie. Hier speel n goeie lyn n baie groot rol en al wat jy in gedagte moet hou is om die vis so vinnig moontlik van die obstruksie af weg te lei of om die hoek waarteen jy hengel te verander. Plaas die aas so dat die karp met die optel slag in die teenoorgestelde rigting beweeg.

DRYWENDE RIETBOSSE
Ek het dit nog net by Klasierie ondervind, wanneer die rivier in vloed afkom en bosse riete uit die rivierwalle los skeur en saam neem. Hierdie rietbosse se wortels kry dan gewoonlik vasklouplek iewers teen n boomstomp, klip of iets dergliks. In die somermaande word die water hier baie warm en n welkome lafenissie is dan hierdie skaduwee onder hierdie rietbosse. Ek het een Januarie in 2 nagte, 9 karpe tussen 8 17,6 kg styf teen aan so n rietbos gevang, 30 meter van die oewer af. Al wat ek gedoen het was om visstok in die hand uit te stap na die bos toe, wat net 4 voet diep was, die lyn versigtig naby aan die rietstamme te laat sak, n hand vol stukkend gekapte Tigerneute te strooi en stadig terug te stap wal toe. Wanneer die vis die aas opgetel het, het ek eers na sowat 10 sekondes die stok opgetel, die stok se punt hoog gehou en die karp weg van die rietbos gelei. Dit het uitstekend gewerk.

SIGBARE BOOMSTOMPE
Dit is gewoonlik n maklike obstruksie aangesien dit sigbaar is en dit maklik geteiken kan word, maar weet jy wat onder die water aangaan? Gooi jy te naby aan die boom, mag jou aas dalk halfpad in die lug hang, vashaak en net die obstruksie verder bemoeilik. Dit kan weer op sy tyd lei tot verlore visse en dit wil jy tog nie h nie. Wat ek gewoonlik doen is om n bietjie voer in en om die boom of bome te strooi en n paadjie weg van die bome of tot so 20 meter verder. Hier maak ek dan my eintlike voerplek, n veilige distansie weg, wat vir jou genoeg tyd koop om die vis weg daarvan te speel, sonder dat dit n gevloek hoef af te gee.

ONSIGBARE BOME
Ek hou van hierdie obstruksies, want nie almal weet daarvan nie. Ek plaas gewoonlik n merker aan albei kante van so n boom, sodat dit volledig sigbaar is en ek weet hoe naby aan die boom ek moet voer en om en by waar die aas geposisioneer behoort te word. Ek gebruik weereens dieselfde benadering as by sigbare bome deur n paadjie kos te laat, weg van die boom af en dn n strik te stel.

WAAROM HENGEL ONS OBSTRUKSIES?

Bykans elke keer word ek die vraag gevra: Waarom hengel ek dan obstruksies? En die antwoord is dood eenvoudig. Ek staan n groter kans om n vis te vang in en om obstruksies as in oop water waar die vis nie noodwendig n rede hoef te h om rond te swem nie. n Vraag wat ek myself al afgevra het, is waarom karpe so lief is om areas met obstruksies uit te kies. n Bietjie nadere ondersoek het my laat besef hoe baie lewe in en om obstruksies gevind kan word. Krappe, slakke, mossels, insek larwes, bloedwurm en garnale is in hierdie areas gevind. Maar wat ook al die redes, karp is mal vir obsruksies en ek is mal oor obstruksie hengel.

Hopelik het ek jou lus gemaak vir hierdie opwindende tipe van hengel. Al wat ons moet doen is om n plan uit te werk om die visse daar aan te keer. Ek het al reeds n paar gedagtes laat val, maar jy behoort obstruksies as n probleem te beskou en n plan beraam om dit op te los. Die wat die probleem oplos, vang eerste die vis. Identifeseer die moontlike probleme en teken dit op n stuk papier. Vind dan so die antwoorde.
Teken n kaart van jou obstruksie
Die opskrif verduidelik alles. Teken n kaart van die omgewing waar jy wil hengel. Vir die wat n kano het is dit makliker. Kry n stuk conduit tubing en vroetel op die bodem rond en probeer die vorm van die obstruksie bepaal. Plaas n tydelike merker op die naaste punt van die obstruksie. Voel verder rond om te bepaal of daar nog groter of kleiner obstruksies is en plaas so ook merkers op hulle. Teken dan die area oor op papier. Werk dan uit waar jy gaan voer om die vis heen te lok en ook waar jy die paadjie gaan maak om die vis van te lok.

Moenie bekommerd wees om aanvanklik die vis skrik te maak met jou gevroetel nie.
Hulle is uiters nuuskierige kalante en sal juis terug kom om te kyk wat in hulle area aan die gang is. Dit kan tot verhoogte kanse lei, aangesien gewoonlik meer as een vis sal terug kom en die spoor kos kry, eet, eet en dan eers die voerplek opspoor. Teen hierdie tyd het die vis vergeet dat hierdie kos dalk gevaar in die vorm van n hoek mag inhou. Natuurlik verhoog dit jou kanse op sukses dramaties.

n Ander manier om n obstruksie op te spoor sonder n kano is om net n sinker uit te gooi en dit stadig terug te wen. Net soos ek in die opsporing van karp verduidelik het begin aan die linkerkant van jou hengelarea en werk stadig regs tot jy die hele area gedek het. Soos jy aangaan moet jy aantekeninge maak wat uiters belangrik kan wees, miskien nie gedurende hierdie sessies nie, maar vir sessies wat mag volg.

TOERUSTING

Ek gaan nie weer toerusting bespreek nie, maar net byvoeg dat jy moet seker maak dat jou toerusting sterk genoeg is om die aanslag van n groot karp te kan weerstaan. Onthou net dat n 15kg karp op volle vaart tot 15kg fors agter hom kan h. As jy vinnig genoeg is en die karp keer om op spoed te kom het jy n beter kans. Wat ookal, keer die vis om binne in die obstruksie te kom, vir jou saligheid en die vis se ontwil.


STROPPE
Vir die ontwil van veiligheid is dit belangrik om net n veiligheidstrop te gebruik. Die idee is dat die sinker sal los kom sou dit vashaak aan n tak of klip en jou nog steeds n kans gun om die vis veilig oor die rant van jou skepnet te trek.

VEILIGHEIDSTROP

AANBIEDINGS
Ek verkies om so naby aan n basiese aanbieding te bly as moontlik, maar sal in stede van n nommer 6 of 8 hoek, eerder n nommer 4 of 2 gebruik. In stresvolle omstandighede is dit beter om n groter hoek te gebruik aangesien dit minder skade aan die vis se bek aanrig en jou n groter kans gee om die vis te net.

DIE REGTE BENADERING
Ek slaan my kampplek so naby as moontlik aan my stokke op sodat ek by my stokke is die oomblik wat my Fox alarmpie die eerste piep gee. Wees te alle tye op jou hoede want n karp kan party keer met n geweldige spoed wegvlieg en as jy nie aandag skenk nie kan die vis tussen takke en klippe deur wees teen die tyd dat jy die visstok optel.

Net so belangrik soos hengelgerei in goeie omstandighede, so belangrik is n regte benadering tot suksesvolle obstruksie hengel. Om net blindelings in te gooi en te hoop op die beste is verkeerd. Jy doen die moeite om tot daar te kom, so doen daardie bietjie ekstra moeite en werk vir daardie visse. Jy moet te alle tye positief wees en dink dat die voordele aan jou kant is en nie aan die karp sn nie. Die karp het in elke geval die oorhand want hy besluit hoe, waar en wanneer hy wil eet of nie. Hulle is meestens in hulle eie omgewing en terwyl jou mikpunt n paar goeie foto sessies is, is syne oorlewing van die sterkste en slimste.

Teen nou hoop ek jy het jou kaart geteken, jou toerusting is reg en geolie, maar nou moet jy kies waar om die hoekaas te plaas. Soos ek vror verduidelik het lok ek eerder die vis uit die onbstruksies uit. Ek kry eerder 2 of 3 goeie visse op die wal as 10 lopies en niks om te wys nie. Jy het ook nie hope aas nodig nie. Net n hand vol hier en daar is meer as genoeg om n karp aan die eet te kry. Fyn saad ase soos in n vrore artikel beskryf, hou die vis in die area vir langer periodes. Die wet van gemiddeldes s in elke geval dat hoe meer kos jy voer hoe minder kans het jy om n lopie te kry. Die saak is ietwat anders as jy n week of twee by die dam gaan deurbring.

Vir die naweekganger is dit nie nodig vir groot hoeveelhede voer nie. Dun stroke aas tussen obstruksies wat lei tot n kol sowat 10 meter in omtrek so 20 meter weg het vir my al baie sukses opgelewer, terwyl van my mede hengelaars meer vis verloor het as wat hulle op die wal gehad het deurdat hulle binne hierdie obstruksies wou hengel.

HOE SPEEL JY N VIS NABY OBSTRUKSIES?

Beplan voor die tyd wat om te doen. My plan van aksie is as volg:

Wees te alle tye naby jou stokke.

As my alarmpie die eerste bliep gee en die verklikker begin beweeg kap ek vas.

Ek kry so gou moontlik so veel moontlik rek uit die lyn.

Wees die boelie. Moenie die vis onnodig beweegruimte gee nie. Wanneer n karp onder druk geplaas word verander hy van rigting en dit het jy nodig om die vis weg van n obstruksie te kry. Ek bly gevolglik die boelie totdat ek heeltemal seker is dat die karp weg van die obstruksie is.

Maak seker dat jy alles byderhand het, veral wanneer dit donker word. Jou skepnet behoort altyd op dieselfde plek te wees. Jou flitslig moet onder jou stokke l. Wees te alle tye voorbereid, hou jou kamp plek netjies sodat jy nie hoef te soek na noodssaaklike items nie en jy sal suksesvol wees. Maar moenie net my woord aanvaar nie. Ek gee jou net idees wat jy kan uit probeer en vervolmaak.

Daar het jy dit; n gids tot obstruksie hengel. Die taktiek wat ek hierbo bespreek het is uit my ondervinding en daar sal van julle wees wat n ander benadering sal wil volg. Dit is reg so, want daar is nie een volmaakte weg tot karphengel nie. Uiteenlopende idees is al wat nodig is om hengel interessant en lekker te maak.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.