GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
12. Fotografie
by Gilbert Foxcroft
24 November 2010
MORE ARTICLES



Vir die spesie hengelaar is fotografie een van die belangrikste fasette van ons sport. Omdat ons alle visse vrylaat na n vangs is dit natuurlik van kardinale belang om n behoorlike rekord van die vangs te h. So, vir die van julle wat al gewonder het waarom ander hengelaars se fotos altyd beter lyk as joune, is hierdie artikel net vir jou. Ek gaan vir jou soveel raad en inligting as moontlik gee, maar onthou dat jy nie n profesionele fotograaf hoef te wees om goeie fotos te neem nie.

WAT IS N GOEIE KAMERA?

Een waarheid is dat jy beslis nie professionele fotos met n weggooibare kamera kan neem nie. Soos met al jou hengelgerei is n goeie kamera n aanwins en hoef nie gou vervang te word nie. Die beginsel van goedkoop koop is duurkoop is beslis van toepassing in hierdie geval. Goedkoop kameras is goedkoop omdat hulle goedkoop lense en goedkoop flitse (flash) het. Sommige van die karpe wat jy vang, mag jy dalk nooit weer aankeer nie, so n goeie foto is baie belangrik. Probeer ook om nie op n medehengelaar staat te maak vir n ordentlike kamera nie, want dit mag dalk gebeur dat jy n rekordgrootte vis vang en daar niemand is om vir jou n foto te neem nie. Net daardie gedagte sal my aanmoedig om so gou moontlik n kamera aan te skaf. Net soos hengelgerei is daar letterlik honderde modelle in verskillende pryskalsse om van te kies. Die keuse is dan joune om een te kies wat jou sak sal pas. Probeer om n goeie kamera aan te skaf, want dit sal mettertyd vir jou die moeite werd word. Pentax, Canon, Nikon, Fujitsu en Kodak is almal goeie make. My kamera is n Canon EOS 500N 35mm met n ingeboude flits (flash). Kom ons veronderstel dat jy een van die bogenoemde make aangeskaf het, dan is jy feitlik verseker van fotos van die kwaliteit wat in hierdie boek verskyn.

Onthou net dat n kamera slegs so goed is as die persoon wat dit gebruik, so maak seker dat jy weet hoe die kamera funksioneer. Hedendaagse kameras beskik oor n automatiese fokus fasiliteit, maar maak seker dat die kamera se lens gefokus is voordat jy die foto neem. Hierdie auto-fokus funksie is veral gerieflik in die aand, want die meeste kameras het n ingeboude infra rooi straal wat terugbons van die vis se lyf af en die autofokus baie akuraat maak.

Aangesien dit van tyd tot tyd gebeur dat jy vis in die donker vang of in swak ligtoestande is dit baie belangrik dat jou kamera beskik oor n ingeboude flits (flash) om die onderwerp van die foto te verlig. Nou kan jy briljante fotos in aaklige toestande neem.

Die oorgrote meerderheid kameras beskik ook oor n self timer funksie wat jou in staat stel om jou eie fotos te neem sou daar niemand byderhand wees om vir jou n foto te neem nie.

Ek het hierbo maar net n paar funksies genoem waaarvoor jy moet uitkyk voor jy jou keuse van kamera maak.

KEUSE VAN FILM

Soos ek hierbo genoem het verkies ek bo alle twyfel n 35mm kamera, so die enigste opsie vir so n kamera is n 35mm film. Die keuse moet nou val op die spoed van die film. n 100 film is oor die algemeen geskik vir goeie lig toestande, n 200 film is my gunsteling aangesien die kwaliteit van beide swak en goeie lig fotos uitstekend is. Dan kry jy 400 film wat oor die algemeen geskik is vir swak tot donker lig toestande. Die film spoed beteken natuurlik die hoeveelheid lig wat benodig word om n goeie foto te neem. Hoe kleiner die nommer hoe meer lig is nodig om die gewenste resultate te verkry.

Moet ook nie te veel films op n slag koop nie, hulle kan oud raak en die kwaliteit van n goeie foto belemmer. Indien jy wel n klompie films gekoop het is dit goeie raad om jou ongebruikte films in die yskas te plaas. Dit bewaar die films baie langer.

ANDER BENODIGDHEDE
Dit is betalend om voorbereid te wees, want glo my daar is niks meer frustrerend as om by die dam aan te kom en nie n film in jou kamera te h nie, of die batterye is pap. Daarom het ek n mooi groot kamera sak aangeskaf en spaar batterye, twee 24 ontwikkeling films en n son filter. n Son filter is dalk n luuksheid maar is uitstekend as die son op die water skyn en jy n foto wil neem. Dit filtreer die meeste van die strale wat andersins die foto sou bederf. Maak dan ook seker dat jy n skoonmaak stelletjie byderhand het om te sorg dat jou kamera vry is van stof, vogtigheid en modder. n Vuil kamera kan dus ook n gebreekte kamera word.

DRIEPOTE
As jy bietjie aan die bewerige kant is, is dit ook raadsaam om n driepoot aan te skaf. Dit kan die fotograaf net help om n perfekte stil foto te neem.



NEEM DIE REGTE FOTOS

KIES DIE REGTE AGTERGROND
Dit maak nie saak hoe goed jou kamera of foto is nie, as jy n slegte agtergrond kies misluk jou foto. Vir die hengelaar en vis om in harmonie met die agtergrond te wees is dit baie belangrik om die agtergrond noukeurig te kies voordat jy die eerste vis vang. Die ideale agtergrond is n boom, bos riete, water of rotse. Die kleur van jou T-hemp het ook n groot invloed op die kwaliteit van jou foto. n Volskub karp se kleur word sterk beklemtoon as jy n blou T-hemp sou dra en n spielkarp vertoon net beter in rooi. Dit is beslis iets om in gedagte te hou. Om terug te keer na die boom of bos riete, dit is belangrik dat die voorwerp (boom of bos) in die agtergrond nie direk agter die hengelaar se kop is nie. Die boom moet effens aan die kant op die foto verskyn. Dit verskaf karakter aan die foto en laat dit meer professioneel lyk.

Voordat ons kyk hoe die vis vasgehou behoort te word moet ek byvoeg dat jy n verdere voorbereiding moet volg voordat jy die vis vang. Wanneer jy jou kampplek in orde het, neem die onthoekmatras na jou gekose fotografie area. Plaas dit op die gekose plek en laat jou hengelmaat met sy hande voor hom poseer vir n vals foto. Dit sal jou in staat stel om selfs die zoom reg te kry. Wanneer jy gelukkig is met die hele situasie, kap sommer n tent pen langs jou knie op die grond in, en los die matras of selfs n emmer op die presiese plek. Wanneer dit fotosessie tyd is, plaas jy net die matras op die regte plek en die fotograaf plaas sy knie langs die tent pen en is onmiddelik reg om die vis te fotografeer.

HOE HOU EK DIE KARP VIR DIE KAMERA?

Hier volg n paar eenvoudige stappe om n karp mooi veilig vas te hou vir n foto sessie.

Wanneer die karp voor jou l op die matras is dit belangrik dat die vis se rug na jou toe wys en sy pens na die fotograaf. Hou die vis te alle tye nat. Om die vis op te tel is eenvoudig: Druk jou hande onder die vis se lyf in, met een hand oor die anaalvin en een hand onder die vis se kop bring jy die vis horisontaal regop nadat jy al reeds op jou hurke sit. Op hierdie punt is dit belangrik dat jy nie n horlosie aan het wat die vis kan beseer nie. Dit is ook belangrik om nie die vis se lyf af te vee nie, want die slymlaag beskerm die vis teen infeksies. Rus nou jou elmbo op jou knie met die vis reg oor die onthoekmatras. Dit is nie nodig om die vis myle van jou lyf of te hou nie, dit skep net n vals indruk van die grootte van die vis. Moet ook nie jou kop agter die vis wegsteek nie, dit maak n slegte foto. Hou die karp se kop effens hor as sy stert, dit skep karakter en maak ook die foto interessant. Fokus die kamera op die vis en nie die persoon agter die vis nie en maak seker dat jy die raam in die kamera vol maak. Die vis se neus en stert moet basies aan die kante van die raam raak. En laastens is dit jou keuse of jy verlief, verlore of gelukkig wil lyk. Die resultaat behoort n uitsonderlike foto te wees.

Ek kan nog bladsye vul oor die moets en moenies van fotografie, maar ek dink ek het die belangrikste punte uitgelig. Hou dan ook weereens in gedagte dat die welstand van die vis te alle tye voorkeur moet geniet. Moenie langer as 3 minute aan die foto sessie spandeer nie en hou die vis te alle tye nat en skoon (vry van gras, blare, stof en klippe).

Foto
Foto
op die onthoekmatras

Foto
Foto
van die linkerflank

Foto
Foto
van die regterflank

Foto
Foto
mooi van voor



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.