GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Opsporing van karp
by Gilbert Foxcroft
10 December 2010
MORE ARTICLES


Ons kan boeke skryf oor hierdie onderwerp aangesien jy beslis nie n karp sal vang as jy nie weet waar om hulle op te spoor nie. Opsporing na my mening is seker een van die heel belangrikste aspekte van karphengel naas die eintlike vang van die vis self. Opsporing dek alles, van die sigbare aspekte tot dit wat nie vir die blote oog sigbaar is nie.

Behalwe vir opsporing is daar ook 'n ander praktiese probleem. Almal kan nie altyd op dieselfde plek sit nie en partykeer moet jy tevrede wees met 'n heel ander hengelplek. Hierdie artikel handel nie net oor die opsporing van karp nie maar bevat ook inligting oor hoe om die hengelplek waarin jy jou bevind suksesvol te benut.

Deur basiese opsporings tegnieke toe te pas sal jou kanse verbeter om meer gereeld groter visse te vang.

NET HOE BELANGRIK DINK JY IS OPSPORING?

Jy sal slegs n karp vang in n area waar die karp bereid sal wees om te wei en dit is 'n feit. Nog 'n feit is dat opsporing nie n voldane waarborg is dat jy n vis gaan vang nie. Dit is baie maklik om jou aas in die verkeerde plek te posisioneer, selfs al dink jy dat jy op die regte plek hengel. Vis wat spring, tekens van vis in jou hengelarea of selfs n area waar voorheen goeie vangste aangeteken is, is almal indikators dat jy dalk in n baie goeie area hengel. Maar die vraag bly steeds: Is jou aas op die regte plek?
Dit is waar ons kom by HOT SPOTS oftewel kookwater areas.

KOOKWATER AREAS

Enige iemand wat al naby aan watergras, boomstompe en ander strukture gehengel het sal saamstem dat dit baie belangrik is om jou aas presies die regte plek te kry. 'n Opening in die gras, n klein area met n gruis bodem, n effense verskil in diepte en nog vele meer beteken amper elke keer die verskil tussen n vis of geen vis nie. Gooi jy miskien te vr dan gebeur niks nie. Gooi jy presies reg en jy het n vis of twee.

Ons praat ook nie net van sigbare areas nie. Onderwater areas kan partykeer selfs n groter rol speel. Selfs al hengel jy naby areas soos gruisbulte, holtes, silt gate, tre, plato of klei, is die posisie van jou aas krities. Kom ons gebruik n gruisbult as voorbeeld. Dit mag dalk net n effense diepte verandering op die bult wees wat die karp gebruik as n patrollie-roete wat vir jou die deurslag mag gee, of n gaping tussen twee bulte waar bloedwurm of vars waterslakke in oorvloed is. Wat ook al die geval mag wees, daar is altyd sekere areas in n dam of rivier wat altyd meer vis sal oplewer. Om hierdie areas te vind is die probleem en, glo my, geen boek kan vir jou vertel waar hulle gele is nie, want dit verkil beslis van hengelwater tot hengelwater. Dit is sulke areas wat jou resultate finominaal kan maak en dit verg tyd en baie moeite. Moet nie dink net omdat jy n goeie area hengel, jy noodwendig maksimum resultate gaan behaal nie. En moet beslis nie dink nou dat jy n slegte of minder populre area is, jy noodwendig n mombakkies gaan behaal nie. Dit is die korrekte posisionering van jou aas in jou area wat jou sleutel tot sukses gaan wees.

Soos ek vroer ges het, geen boek kan vir jou s waar hierdie spesiale areas gele is nie. Dit is n kwessie van akkurate raaiwerk. Die manier wat vir my en van my vriende werk is om al die stokke voor of op n gruisbult te gooi. Hoe weet ek daar is n gruisbult op die dam se bodem? (Wag, dit sal in die volgende artikel to twee verduidelik word). Sou ek sukses behaal los ek die stok waarop ek sukses behaal het op daardie plek en soek ek nog n plek en plaas dan die ander stokke daarop ens. Dit neem gewoonlik n naweek of twee of drie om daardie area deur te werk, maar gewoonlik is dit die verskil tussen sukses en teleurstelling. Dit is ook baie belangrik om n notaboek saam te neem en aantekeninge te maak van al die areas wat jy laas naweek bearbei het.


Gilbert met 'n karp van 18.22 kg
Meeste karphengelaars vermy die areas
Watergras, stil diep baaie, eilande (binne 20 meter vanaf die kante), waterlelies in en om
boomstompe en ander obstruksies/strukture is almal potensile areas waar groot karp
verkies om te wei

Bogenoemde foto is al voorheen gebruik maar die keer is dit belangrik om te kyk na die watergras en die eiland in die agtergrond. Oop areas tussen die gras en nie meer as 20 meter vanaf die eiland nie, is goeie areas om jou aas te posisioneer. Die foto is die resultaat en dit spreek vanself.

BUITE-FAKTORE WAT KOOKWATER AREAS BEINVLOED

HENGELDRUK

Sekere damme het meer kookwater areas as ander. Jou mikpunt moet wees om hierdie areas te identifiseer voordat iemand anders dit doen. Dit is ook belangrik om aan te hou om nuwe kookwater areas te indentifiseer. Kookwater areas kan maklik dooie areas word as dit te veel gehengel word. Vis kan skrikkerig word vir 'n area, veral as hulle gereeld daar gevang word.

DIE INVLOED VAN DIE WEER

Op hierdie stadium behoort jy bewus te wees van die feit dat produktiewe areas skielik morsood kan wees sekere tye van die jaar, net omdat daar n verandering in die weer plaasgevind het. Die teenoorgestelde kan ook waar wees. In die vroe somer kan die vlak water van baaie en sloepe baie produktief wees. Dit sal natuurlik een van my gunsteling areas wees maar n suidewind is geneig om die vis na dieper water te dryf. n Teenstrydigheid kan ook plaasvind wanneer n warm noorde wind die vlakwater omskommel en die visgetalle daar gaan soek vir kos, moeilik n. So, voor jy al jou voer in die water gooi, onthou net dat jy dit nie weer kan uithaal, sou die weer verander nie. Wees bereid om n posisionele skuif te maak sodat jy aan die ontvangkant van die wind bly.

DIE SEISOENE

Soos die seisoene verander, so verander die karp se eetgewoontes ook. Karp wat in die winter in groepe rondbeweeg en geneig is om in hulle onmiddelike area te bly sal in die somer meer alleen rondbeweeg en groter afstande afl om kos te soek. Groot karp is ook geneig om in die somer in baie vlak water te wei, maar sou jy reg deur die jaar jou aas in die vlak water hou, kan jy tussen Mei en Augustus miskien net n verkoue vang. My grootste vis van 26,9kg het ek in 80 cm diep water 20 meter van die kant af gehaak. Ek gaan net n klompie areas uitwys waar jy karp in verskillende tye van die jaar kan opspoor.

Lente: Watergras, stil diep baaie, eilande (binne 20 meter vanaf die kante), waterlelies in en om boomstompe en ander obstruksies/strukture.

Somer: Watergras, vlak water, plato, bopunte van gruisbulte, voerplekke en boomstompe.

Herfs: Oop water, sykante van gruisbulte, voerplekke, silt holtes.

Winter: Obstruksies/strukture (boomstompe, rotse, ens). Dooie watergras, tussen gruisbulte, silt holtes, dooie waterlelies, onder oorhangende bome en diep water met obstruksies.

Die keuse van waar om te hengel is joune en jy alleen hou die sleutel tot sukses of mislukking.

Laat asseblief alle groot karpe weer vry. So behou ons kwaliteit vis vir die toekoms.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.