GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Areas wat karp huisves
by Gilbert Foxcroft
10 December 2010
MORE ARTICLES


Baie hengelaars verkies om in areas te hengel waar hulle gewaarborg is dat hulle nie sal vassit nie. Niks is meer frustrerend as om strop na strop te verloor as gevolg van obstruksies in die water nie. Ek hoop die volgende artikel sal hengelaars se denkwyse in so 'n mate verander dat hulle volgende keer 'n beter keuse kan maak van presies waar om te gaan hengel in 'n sekere area. Dit mag dalk net die verskil maak tussen 'n klomp jong visse en die vangs van 'n leeftyd..

WATERGRAS

Vir baie hengelaars is watergras niks anders as 'n bron van irritasie nie, maar vir die wat weet is watergras 'n akwarium van lewe. Watergras huisves 'n oorvloed van varswater slakke, mossels, bloedwurms, larwes en natuurlik klein vissies (insluitende paddavissies), wat 'n ongelooflike magnetiese krag op die karpe uitoefen. Dit bied nie net skuiling vir die vis nie, maar voed hulle ook. Die kuns om in of na 'n watergrasbed te hengel is, eerstens om nie jou aas binne-in die gras te gooi nie. Plaas jou aas binne in 'n opening in die gras (dit dui gewoonlik 'n patrollie roete aan) of so na as moontlik aan die grasbed. Sou jy 'n vis haak kan hy met redelike geduld en somtyds gemak uit die grasbed getrek word mits jou hoek en lyn sterk genoeg is. Deur 'n redelike mate van fors uit te oefen (met die klem op redelik) kan jy deur middel van trek-en-los bewegings die vis daaruit bevry. Gedurende die somermaande kan jy verwag om karp heeldag lank in die watergras te vind en alhoewel sommiges gedurende die aand in die oop water sal inbeweeg, sal jy feitlik altyd karp daar kry. Sou die watergras in die winter nie heeltemal verdwyn nie, kan dit 'n uitstekende beginpunt wees vir 'n hengelsessie. Baie hengelaars vermy dit, maar glo my, dit is een van my gunstelinge.

WATERLELIES




Dit is nie teenwoordig by al die hengelwaters nie, maar dit huisves altyd 'n populasie karp. 'n Gewilde metode om karp in die somer te uitoorlę, is om 'n drywende aas soos 'n boilie tussen 15 cm en 20 cm van die bodem af, styf teen 'n leliestammetjie te plaas. Die karpe suig slakke en larwes van die stammetjies af en 'n karp kan 'n boilie wat lekker lyk en ruik nie uitlos nie. Aas wat op die bodem lę, sal gewoonlik heeldag onaangeraak bly, totdat die donker kom, so maak die meeste van die daglig en probeer 'n drywende aas. Wees egter gewaarsku: Bly naby aan jou visstokke aangesien 'n karp wat daarin slaag om te diep binne in die lelies te kom, amper onmoontlik is om uit te kry. Kap so gou moontlik vas en hou vir al wat jy werd is. Gedurende die winter is lelies 'n uitstekende hengelplek en baie groot karpe is al in die verlede tussen lelies gevang. Ja, die bodem is gewoonlik vuil, maar dit is waarvan die karpe die meeste hou.

BOME EN BOOMSTOMPE




Aangesien ek later 'n volledige artikel oor hierdie vorm van struktuurhengel gaan skryf, gaan ek nie nou in diepte hieroor uitbrei nie. Die belangrikste punt hier is dat al jou jy nie van die idee van struktuurhengel nie, moet jy dit nie vermy nie. Van my grootste visse het uit sulke areas gekom. Gedurende herfs en lente kan ek jou waarborg dat jy karp in en om bome of boomstompe gaan kry. Om die waarheid te sę sal jy karp enige tyd van die jaar in en om bome kry behalwe in paartyd wanneer hulle in die warm, vlak water te vinde is en hulle ander dinge as kos in gedagte het. Hoe minder bome of boomstompe sigbaar is, hoe makliker behoort dit te wees om die vis op te spoor. My bevindings in die verlede was of dit nou 'n enkele takkie is of 'n laning bome - karp hou van struktuur.

PLATOë

'n Plato word gekenmerk deur 'n area van om en by eweredige diepte wat vlakker is as die res van die dam in 'n sekere gebied. Dit kan so groot wees soos 'n koffietafel of 'n rugbyveld, maar natuurlik hoe kleiner die plato, hoe beter, maar ook hoe moeiliker om dit op te spoor. 'n Plato kan een van die dodelikste terreine wees om na te hengel en dit is 'n feit aangesien seker 50% van al my karpe gedurende die laaste 6 jaar van platoë af gekom het. 'n Goeie manier om 'n plato op te spoor, is om te kyk waar aktiewe karpe kop en skouers keer op keer uitkom. Hulle is geneig om hulle vlanke teen die rant van die plato te skuur en dan water te breek net om die ritueel keer na keer te herhaal. Hierdie areas het nog altyd baie meer vis in die somer as winter opgelewer en dit was duidelik te sien aan die mate van aktiwiteit oor hierdie areas. Sodra die temperature begin daal, beweeg die vis na dieper water of neem hulle toevlug na watergras of waterlelies.

STIL BAAIE

Daar is 'n ou Britse gesegde wat sę dat wanneer karp in stil baaie is, is dit die beste plek om vir hulle te hengel, maar as hulle nie daar is nie kan jy maar huistoe gaan, en dit is niks anders as die waarheid nie. Gedurende die voorloop van paartyd en gedurende paartyd is dit 'n baie goeie plek om te hengel, maar wanneer dit verby is kan weke of maande verby gaan voordat dit die moeite werd is om daar te hengel. Alhoewel daar een of twee kalante kan wees wat territoriaal tot hierdie baaie kan wees sal jy die oorgrote meerderheid van die karp baie selde daar vind.

VEILIGE AREAS




Enige areas wat hengelaars nie normaalweg deur wettige metodes kan bereik nie beskou ek as veilige areas. Karp is nie so dom nie, hulle leer uit ondervinding en as dit hulle ondervinding is dat sekere areas baie druk ondervind, dan vermy hulle dit gewoonlik. Daar is baie areas waar karp veilig kan voel, soos tussen riete. Groot areas riete kan nie gehengel word nie, maar karp kan dit binnedring en dit laat julle veilig voel. Sulke areas is ook een van my gunstelinge aangesien ek 'n PVA sakkie deur die hoek haak en feitlik binne-in die riete gooi. Die oomblik wat my sinker en strop die riete tref, trek ek so 'n half meter terug en ek weet dat die strik gestel is. Een van twee dinge kan gebeur:
1) Die vis wat uit die riete gejaag is deur die impak van die sinker en PVA sakkie gaan op 'n stadium weer terug riete toe en word dan gevang, of
2) Die vis wat nie geskrik het nie, kom gewoonlik uit nuuskierigheid ondersoek instel en word so gevang. Ek het al vis van tot 23kg op so 'n wyse uitoorlę, so dit werk! Op 'n ander geleentheid het ek op 'n andersins stil naweek in Januarie 23 karpe tussen 8 en 17kg in net minder as 24 uur op so 'n wyse aangekeer. Soos u kan agterkom, is dit ook een van my gunsteling metodes.

AREAS NABY AAN DIE OEWER


Dit is skrekwekkend om te sien hoe gereeld groot karp die oewer besoek, veral op 'n besige naweek. Deur baie stil te wees en geen lig in jou kampplek te laat brand nie, kan jy sulke karpe uitoorlę soos ek al gedoen het. In September 2002 het ek 'n 26,9kg spieëlkarp net 30 meter van die oewer af aangekeer. Die water was net dieper as kniediepte, maar die geveg was ongelooflik - 15 minute van pure adrenalien en dit beskryf nie die geveg nie.
Om terug te kom na die Metode: Dit help nie net om jou aas sommer op enige plek te plaas nie. Nee, ek gebruik 'n terrein-vinder oftewel "Marker float" om 'n strik sekuur te stel. Vind uit wat onder die water aangaan. In my geval met die ou Bul het ek met my "Rocky" sandale in die water rondgeloop en op 'n sekere plek was die bodem baie harder as enige ander plek, met 'n bietjie watergras. Ek het een van my vispenne by my gehad en die plek gemerk. Terug op die wal het ek twee tiger neute op 'n haarstrop gesit met 'n stukkie kurk in die middel sodat dit dryf. 'n Klein knyplootjie is op die lyn gesit sowat 2cm vanaf die hoek se steel. Ek het my hengelvriend gevra om my visstok vas te hou terwyl ek uitstap na my gemerkte area toe. Gewapen met my strop en 'n handvol tiger neute het ek versigtig die strik gestel en die vispen uitgetrek en teruggesit en wag vir die aksie. Ses ure later in die vroeë oggend-ure het my alarmpie angstig begin skree en die res is vasgevang op fotos. Ander baie goeie areas is oewers rondom eilande. Die voordeel hier is die beskutting en relatiewe veiligheid wat die vis voel.




My persoonlike beste, 26,9 kg, slegs 30 m van die oewer aangekeer


BESKUTTE AREAS


Areas wat jy nie maklik na kan gooi nie soos oorhangende bome word gereeld deur hengelaars vermy, so wanneer jy so 'n area vind en jy kan akkuraat daarheen gooi, is dit 'n baie goeie plek om te probeer. So, as jy dit regkry om akuraat keer op keer die regte plek te tref, dan moet jy nie te gereeld inkatrol en weer gooi nie, want die kanse is goed dat jy die vis wat daar was of steeds is, afskrik en 'n goeie plek 'n slegte plek maak. So, al het jy met jou eerste gooi die vis afgeskrik, sal hy terugkom, maar 'n aanhoudende gegooi kan die vis permanent weghou.

SILT



Baie hengelaars vermy silt of modderige bodems, maar karp besoek sulke areas baie meer gereeld as wat baie mense dink. Bloedwurm word in hierdie areas in oorvloed gevind en glo dit of nie, bloedwurm is 'n karp se gunsteling dieët. Silt word in riviere, damme, mere en poele water aangetref. Silt kan van 'n enkele sentimeter tot letterlik meters diep wees. Ek hengel in silt wat so diep is dat ek van tyd tot tyd die harde grond of gruis onder die silt met 'n 4oz sinker kan voel.

DIEP GATE



Die meeste hengelaars dink dat diep water net bedoel is vir winter hengel, maar 'n 2 meter diep holte omring deur water van sę 'n halwe meter kan 'n uitstekende houplek vir die karp wees. 'n 3 meter holte omring deur 2,5 meter water het nie noodwendig dieselfde lokkrag nie. Daar is wel 'n uitsondering. As hierdie holte 'n gruis-bodem bevat, wat omring is deur silt in die vlakker water, dan sal ek nie twee keer dink om my aas daar te plaas nie.

AREAS MET NATUURLIKE KOS



Soos vroeër genoem, is bloedwurm 'n gunsteling kos, maar varswater slakke, garnale, krappies en varswater mossels vorm almal deel van karp se stapelvoedsel en gedurige vis-beweging op die oppervlak (spring en rol) op spesifieke plekke dui posisies van natuurlike kos aan. Al wat jy moet doen is om jou aas so na as moontlik aan die springende vis te gooi en duim vas te hou. Die opsporing van areas wat natuurlike kos hou, is uiters moeilik en dit word meestal per ongeluk ontdek, so hou aan kyk vir vis wat op dieselfde plek aanhou spring.

HELLINGS



Areas waar vlak water en diep water ontmoet, is lokale areas waar strikke gestel kan word. Hierdie areas vorm deel uit van die karpe se patrollie-roetes. Alhoewel die karpe normaalweg aan die beweeg is wanneer hulle deur hierdie areas beweeg is hulle beslis vangbaar. Wees dus net versigtig om nie daar te voer nie. 'n Enkele helder-kleurige aas maak die vis nuuskierig en 'n karp sal dus uit nuuskierigheid die aas optel, nie noodwendig omdat hy honger is nie.

GRUISBULTE



Dit is seker een van die mees gewilde strukture in Engeland en Europa en daar heers ook 'n verskeidenheid opinies van watter posisie op die gruisbult die beste resultate oplewer. Party manne glo dat die bopunt van die gruisbult die beste is, sommiges glo die onderpunt ens. Al wat ek op hierdie stadium kan aanbied is my ondervinding. Gedurende Januarie 1999 het ek en 'n vriend van my 'n area van 'n dam gehangel met 'n gruisbult sowat 130 meter van die oewer af en parallel daarmee ongeveer 80 meter in lengte. Die gruisbult was sowat 5 meter wyd en plat aan die bokant. Die diepte op die kruin was 1,2 meter en aan die onderpunt 2,4 meter. Gedurende die naweek het my vriend verskeie areas probeer met twee visse tot sy krediet. Ek het dag en nag die bopunt van die gruisbult geteiken en 14 visse tussen 12kg en 20,4kg aangekeer. Gedurende Mei en Junie van dieselfde jaar het ek dieselfde area gehangel, maar het die afterkant van die gruisbult geteiken. Hierdie keer het my vriend die bo-punt van die bult geteiken met een vis van 12,4kg gedurende die oggend. Ek het 9 visse aangekeer waarvan die grootste 19,6kg was, 'n aanduiding dat die karp nie noodwendig na die ander kant van die dam beweeg gedurende die koue maande nie. Ongeveer 6 meter van 1,2 meter verskil in die diepte van die water was die deurslaggewende faktor. 'n Ander goeie posisie op so 'n gruisbult is weerskante waar die gruis gedeelte en die silt kontak maak. Dit is 'n baie goeie area en beslis een wat in my geheue sal bly vir 'n baie lang tyd. Gedurende middel Mei 2002 het ek so 'n area gehengel. 'n gruisbult was weereens parallel met die oewer gewees, maar het amper in die middel van my hengel-area 'n helling van links na regs gemaak. Ek het voerplek gemaak in die dieper water voor die bult en waar die helling van die bult met die slit ontmoet. Hierdie laasgenoemde area het in bestek van 12 uur twee persoonlike bestes opgelewer, die eerste vis was 'n spieëlkarp van 23,35kg en die tweede 'n volskub karp van 23,3kg. Die area links net voor die bult het 'n 15,4kg en 'n 14,7kg karp opgelewer. 'n Duidelike bewys dat hierdie tipe struktuur baie effetief kan wees winter of somer.

Onthou net, enige hengelplek kan goed of sleg wees afhangende wat jy daarvan maak. 'n Stelselmatige denkwyse en fyn beplanning kan die knoop deurhaak op bykans enige water.

My persoonlike beste
My persoonlike beste
van 26,9 kg het ek slegs 30 m van die oewer aangekeer



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.