GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Moderne karphengel toerusting
by Gilbert Foxcroft
10 December 2010
MORE ARTICLES


Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel toerusting tot die karphengelaar se beskikking is, veral as jy kyk na die Europese tydskrifte. Daar is letterlik duisende verskillende maatskappye wreldwyd wat hengelgerei te koop aanbied, maar dit het beide goeie en slegte punte, want nie al daardie toerusting is noodsaaklik nie. Die meerderheid van die items is ongelooflik duur maar as jy alreeds n stel visstokke en katrolle het is dit goed genoeg om mee te begin. Dit is elke hengelaar se vrye keuse of hy al daardie mooi duur speelgoed wil aanskaf al dan nie. Hierdie hoofstuk is nie gemik om enige druk op jou as hengelaar te plaas om jou bestaande hengelgerei te laat stof opgaar, net om n nuwe duur stel aan te skaf nie. Dit is bedoel om jou insig te gee oor wat beskikbaar is, sodat jy jou eie keuse kan maak.

VISSTOKKE
Almal weet wat visstokke is, so ek gaan nie te veel op hierdie punt uitbrei nie. Wat ek wel wil byvoeg is dat die keuse van n goeie visstok dieselfde is as die keuse van n motorvoertuig. Jy koop wat jou sak pas en wat jy bereid is om te spandeer. Ja, almal sal seker hou van n stel visstokke met n lewenslange waarborg, maar nie almal hou van pryse van tot R 4500.00 per stok nie. n Visstok van R350.00 pas die meeste hengelaars se sakke egter veel beter.

KATROLLE
My persoonlike voorkeur wanneer dit kom by katrolle, is die Shimano vastespoel katrolle, maar met honderde ander modelle om van te kies, val die keuse weereens in jou hande. Losknip katrolle is ook aanvaarbaar, maar het meer nadele as voordele in die Europese styl van hengel. Ek het wel opgemerk dat al hoe meer hengelaars gebruik begin maak van vaste spoel katrolle. Dit maak jou hengel ervaring net makliker.

ALARMS EN VERKLIKKERS
Tot onlangs toe was dit n kopkrap storie om te bepaal wanneer n karp jou aas optel, veral in die nag. Baie visse is al verloor omdat die hengelaar te laat besef dat sy katrol op loop gesit het en teen die tyd dat hy daar kom, sit die lyn iewers vas. Hier het tegnologie tot ons redding gekom met elektroniese- en digitale alarms wat tot 120 desibels klank kan genereer. Nie net is hierdie alarms n wenner vir die vang van vis nie, maar verras ook potensile diewe wat jaarliks vele hengelaars se lewens versuur. Die beginsel is heel eenvoudig en werk met n rubber wieletjie waarop jou vislyn rus. Net die geringste beweging van die lyn laat die alarm n ho spitsgeluid maak. Omdat die alarms so sensitief is, is die gebruik van n verklikker (poliesman) wat n gewig het, noodsaaklik. Weereens is daar bykans een honderd modelle om van te kies, en die pryse wissel dan ook vanaf R 199.00 tot bykans R 2300.00 stuk. Plaaslike gereiwinkels soos African Gold Carp Shop en Western accessories verkoop goeie alarms vanaf R199.99. Hierdie alarms is ook meestal waterdig en is veral doeltreffend in die ren, wanneer die geluid van ren op die tent / karavaan n lopende katrol se geroep totaal en al kan demp.

VISSTOK STAANDERS
Daar is ongeveer 200 modelle wreldwyd beskikbaar, met prysklasse wat wissel tussen R 500.00 en R 6500.00 stuk. Neem net in ag dat die rede vir hierdie belaglike pryse die wisselkoers se skuld is, aangesien al hierdie modelle ingevoer word. Die voordeel van die staanders is dat dit netjies vertoon, maklik en vinnig opslaan, klein opvou, van duursame materiaal vervaardig is (meeste is van vlekvrye staal) en die grootste voordeel is dat dit op enige terrein opgeslaan kan word (styl hellings, klippe ens.). Nog n verdere voordeel is dat jy die staander met visstokke en al kan optel en dra na n ander hengeplek en dit sonder moeite.

TENTE EN SKUILINGS



'n Tipiese skuiling

Die hengel omstandighede in Suid-Afrika is totaal anders as die in Engeland. Die rede daarvoor is dat die Pommies nie hulle voertuie tot by die water mag bring nie. Hulle moet somtyds tot 1km ver stap met al hulle toerusting om by die water te kom. Dit is die groot rede waarom die meeste van hulle toerusting so kompak vervaardig word, sodat hulle met so min moeite moontlik oor die weg kan kom. Hier by ons is ons gesen deurdat ons met ons voertuie kan ry amper net waar ons wil. Dit benvloed ons kampeertoerusting en die gemak waarop ons kan kampeer. As jy so gelukkig is om n trok te besit (by wyse van spreke), kan jy feitlik jou hele huishouding saam neem dam toe. Die Europese tente en skuilings is lig en gemaklik, maar grotendeels gemaak vir n enkele hengelaar, nie vir die familie man nie. Die safari tipe tente en karavane hier is wel groot en dikwels swaar, maar soveel meer gemaklik al is dit meer moeite om op en af te slaan.

SKEPNETTE

Skepnette


Hier is die Engelse ons meer as een voor en dit kan nie betwyfel word nie, veral as dit kom by groot vis. Soos ek in my eerste artikels verduidelik het is die bewaring van groot karpe van uiterste belang en om daardie bewaring tot sy reg te laat kom is dit belangrik om die vis vandat hy genet word tot hy weer vry gelaat word op te pas. Die fyn micro mesh materiaal is sag en die gaatjies is klein genoeg om te verhoed dat die vis se skubbe en o seerkry, maar is ook sterk genoeg om die vis te ondersteun tot by die onthoekmatras. Geknoopte nette het die geneigdheid om die skubbe en o van veral groot visse te beskadig. Hierdie skade kan gevolglik lei tot onnodige infeksies wat weer uiteindelik tot die vis se dood kan lei. Die idee is om die vis terug te plaas in dieselfde toestand as toe hy gevang is, of selfs beter. Hierdie nette is baie maklik bekombaar, maar jy kan selfs jou bestaande net omskep in n veilige vis-vriendelike item deur net die net gedeelte by jou plaaslike gereiwinkel te bestel. Sou jy n nuwe net wil aanskaf kan jy weereens kies uit n wye verskeidenheid.

VISLYN
Ek het my voorkeure en so ook julle, so ek gaan net noem dat ek twee verskillende tipes lyn gebruik in verskillende situasies. Eerstens verkies ek Berkley se Big Game (12-16 pond breekkrag) vir oop-water hengel en Berkley Fire-line (14 pond) vir hengel tussen strukture. Fire-line is duur, maar is uitstekend wat breeksterkte en gebruikslewe aanbetref.

ANDER ITEMS
Ander tipes gerei wat ons gebruik, maar wat ek nie in diepte gaan bespreek nie, is Aasbote, Kanos en Echo-sounders (ons almal weet hoe dit gebruik word).

KETTIES
Ketties word gebruik om tydelike voerplekke oor kort afstande te maak, sonder die gebruik van n kano of aasboot. Dit word gewoonlik gebruik om boilies, voerbolle en saad-ase kort distansies ver uit te skiet. Die voordeel van die kettie is dat dit baie akkuraat is tot op so 60 meter, maar meer belangrik is dat veral boilies en saad-ase sonder n groot geraas in die water te lande kom en sodoende nie vis in die area verjaag nie.

GOOI STOKKE (PYPE)
Dit is ontwerp vir die uitsluitlike gebruik van boilies. Die idee is baie eenvoudig en al wat dit is, is n pyp wat n geronde vorm het en n handvatsel aan die ander end. Jy plaas n boilie in die pyp en verbeel jou dat jy n krieket bal in die dam gaan ingooi. Jy sal verbaas wees hoe ver jy n boilie op die manier kan gooi, en binne n kort tydjie kan jy heelwat boilies akkuraat voer.

AAS VUURPYLE (BAIT ROCKETS)
Dit word gewoonlik gebruik om kleiner aas items oor lang distansies te voer sonder die gebruik van n kano of aasboot en word meestal in Europa tydens kompetisies gebruik. Dit werk baie maklik, al wat jy doen is om n stywe visstok te gebruik en jou hooflyn aan die draaispil, wat aan die vuurpyl vas is, vas te maak. Maak dan die vuurpyl twee derdes vol voer en dip dit dan regop in damwater om die ander derde vol water te kry. Die gewig van die water hou die voer in die vuurpyl tydens die vaart deur die lug en wanneer dit te lande kom, dop die vuurpyl automaties om en gooi die voer af. Herhaal dan hierdie proses so veel as wat jy nodig ag om die voer plek te maak. Die aas vuurpyl het n stuk polistireen binne om dit te kan maak dryf, so vir die kompetisie manne daar buite is dit miskien iets vir die toekoms.

WEEGSAKKE

Die weegsak en skaal


Moet nooit n karp aan sy kiewe ophang om sy gewig te bepaal nie, dit kan tot sy dood lei. Gebruik eerder n weegsak. Weereens kan dit van dieselfde materiaal as die onthoekmatras se sloop gemaak word, maar vou die materiaal dubbel en werk dit so dat dit feitlik n hangmat effek het. En onthou om jou weegsak nat te maak voor jy jou skaal zero en jy die vis weeg. Jy wil tog nie die beskermde slym laag op die vis se flanke afskuur nie (dit kan infeksies veroorsaak).

ONTHOEK MARTASSE

WAT IS DIT ?
Wel, in eenvoudige terme is dit presies wat die naam voorstel. Dit is n matras wat gebruik word om die vis op neer te sit as dit klaar genet is en dit op die wal beland vir die hoek om verwyder te word. Dit behoort standaard toerusting by elke varswater hengelaar te wees. Daar is weereens baie verskillende modelle op die mark beskikbaar, maar ek sal aan julle verduidelik om maklik een by die huis te maak. Eers moet ons die vraag vra van waarom dit so belangrik is om n onthoekmatras te h. Die antwoord behoort baie eenvoudig te wees en dit is dat die vis ons belangrikste oorweging is en hoe minder stres en beserings die vis op die kant opdoen, hoe beter.

HOE MAAK ONS N ONTHOEKMATRAS?
Gaan kyk eerstens by matras winkels of tweedehandse baba winkels vir n gewone baba matrassie (die tipes met al die klein prentjies op). Gaan dan na n materiaal winkel en vra vir luidspreker materiaal (speaker material). Dit is n swart materiaal met klein fyn gaatjies in. Laat jou vrou/ma/meisie dan n sloop maak met n plastiese rits sluiter aan die een kant en pas die matrassie binne-in. En siedaar, jou eie onthoekmatras, goedkoop en voldoende. Die idee van die sloop is om die slymerigheid wat die vis agterlaat na gebruik af te was en die sloop (indien jou ma/vrou dit sal toelaat) deur die wasmasjien te sit. Hou dan ook altyd n skerpbektangetjie byderhand ingeval die hoek moeilik is om uit die vis se bek te verwyder.

ANTI-SEPTIESE OPLOSSINGS
Alle varswater visse is geneig tot roof-infeksies wat veroorsaak word deur n wye verskeidenheid organismes en dit gebeur heel jaar lank. Hierdie infeksies kan veroorsaak word deur bakteri, fungus, virusse of self pathogene en dit is gewoonlik die gevolge van onnatuurlike beskadiging buite die vis se liggaam. Enige oop wond kan vatbaar wees vir infeksies, so dit is baie belangrik dat jy n botteltjie Kryston Kli-Nik of net gewone soutwater oplossing (saline solution) in jou viskas aanhou. Onthou net dat enige oop wond uiteindelik tot die vis se dood kan lei en dit wil ons nie h nie. As jy n vis vang en daar is selfs n beskadigde skub of twee, doen dan eerder die moeite en plaas n bietjie anti-septiese vloeistof op die wond en los dit vir ongeveer n minuut om in die wond in te trek. Dan eers is dit veilig om die vis vry te laat. Hou net in gedagte dat n gesonde vis weer op n dag genot aan iemand kan verskaf, maar n beseerde vis mag dalk nooit weer n aas optel nie.

HOUSAKKE
Dit is eenvoudig n sak wat van dieselfde swart luidspreker materiaal gemaak is. Die sak moet verkieslik ongeveer 1,2 meter by 70 cm in grootte wees om die vis gemak van beweging te gee en om hom te kalmeer. Net een karp behoort in so n sak geplaas te word en ook net vir so kort n tyd as moontlik. Die idee van die karp sak is om jou tyd te gee om die kamera nader te trek of om n medehengelaar te roep om die vis te help weeg, ens. Omdat otters in die meeste van ons damme teenwoordig is, is dit baie belangrik om hierdie prosedure so gou moontlik af te handel en die vis vry te laat.



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.