GENERAL INFO
ABOUT US
NO. 1 CARP CARE & SAFETY
VISION & MISSION
MANAGING DIRECTOR (MD)
CODE OF CONDUCT
JOIN THE SOCIETY
MEMBERSHIP APPLICATION
LEVEL 2 APPLICATION
ENVIRONMENTAL ISSUES
INTRODUCTION
CATCH AND RELEASE
WATER POLLUTION
BOW FISHING
BIODIVERSITY ACT
NW PROVINCIAL GOVERNMENT
EDUCATION
INTRODUCTION
EDUCATIONAL PARTNERS
VENUES
INTRODUCTION
KWAGGAHOEK DAM
MISTY LAKES
SA Carp Society Members Only KLIPKOPJE SPECIMEN CAMP
SA Carp Society Members Only TZANEEN DAM
AFRICAN BLESSINGS
VOSLOO PARK
SERVICES
SPECIMEN WEIGHTS
12-VOLT BATTERY MONITOR
GUIDED BIG CARP TOURS
JEWELLERY
PRIVATE GALLERY
PHOTOS BY MEMBERS
VIDEOS
CARP SOCIETY PARTNERS
INTRODUCTION
CANVAS AND TENT
CARD TECHNOLOGY SERVICES
HENKOR
KORDA
OUTDOOR WAREHOUSE
SAFBAF
CARP ANGLING RULES
CARP ANGLING RECORDS
SA CARP SOCIETY
HOMEPAGE
E-MAIL US
Doel met Fermentasie van Particles
by Julius Klokow
31 January 2011
MORE ARTICLES

Voorbereide particles word na voorbereiding in 'n toe verseelbare houer, met die water waarin dit voorberei is, vir 'n paar dae in 'n koel plek geberg om dit kans te gee om te fermenteer. Die fermentasie proses kan ook deur die byvoeg van suiker aangehelp word of vertraag word deur dit in 'n yskas te berg. Die natuurlike geur bestaande uit suiker, sappe, protiëne en vitamines kom uit die particles sterk na vore tydens dié fermentasie proses wat die aantrekkingskrag van die particles verhoog vir vis.

Die fermenteringsproses vir die karphengelaar beteken nie dat die particles suur moet word nie maar net lank genoeg kans gegee word om te fermenteer om die natuurlike geur na vore te bring soos bo verduidelik. Dit kan egter gou suur word indien die fermentasie proses uitgerek word of die houer in die son gelos word langs die water. Dus moet dit verkieslik gebruik word wanneer die korrekte graad van fermentasie bereik is en in 'n koelhouer geberg word langs die dam. Die beste tyd om die tipe particles te gebruik is dus voor die proses waar dit regtig begin suur word.

Die tydsduur om die verlangde graad van fermentasie te bereik moet dus aansluit by die datums van die hengelsessie ten einde te verseker dat die particles net reg is vir gebruik tydens die sessie terwyl dit nog nie werklik suur is nie.

Daarom sal sommige hengelaars vir lang sessies verskeie houers op verskillende datums met particles vir fermentasie voorberei ten einde te verseker dat hul wel "vars" gefermenteerde particles het tydens 'n lang sessie. Dus word die korrekte graad van fermentasie eers tydens die sessie bereik. Dit behels egter 'n wetenskaplike benadering om die verlangde graad van fermentasie aan temperatuur en tyd te koppel en moet mens maar self eksperimenteer om die verlangde produk voor te berei.

Geen of weinig kommersiële lokmiddel word saam met dit gebruik omdat mens wil hê dat die natuurlike geur van die particles juis die oorredingswerk moet doen om die karp nader te lok.

Fermenteerde particles
Fermenteerde particles
bied 'n groter aantrekking vir karp



<< BACK TO THE INDEX >>

Website by QuickSolve
Internet, IT & Advertising Solutions Worldwide
E&OE
SA Carp Society accepts no responsibility
for any errors or omissions.
© Copyright SA Carp Society. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Carp Society.